LL-L "Afrikaans" 2002.10.01 (04) [A]

Lowlands-L admin at lowlands-l.net
Tue Oct 8 20:58:45 UTC 2002


======================================================================
 L O W L A N D S - L * 08.OCT.2002 (04) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
 Web Site: <http://www.lowlands-l.net>  Email: admin at lowlands-l.net
 Rules & Guidelines: <http://www.lowlands-l.net/rules.htm>
 Posting Address: <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>
 Server Manual: <http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html>
 Archive: <http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html>
=======================================================================
 You have received this because have been subscribed upon request. To
 unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
 text from the same account to <listserv at listserv.linguistlist.org> or
 sign off at <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================
 A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
 L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) S=Scots Sh=Shetlandic
               V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: Swanepoels <swanepoels at cmsinter.net>
Subject: LL-L "Afrikaans" 2002.10.07 (05) [A/E]

Liewe Reinhard,
Wat 'n verrassing om 'n Nedersaksiese Laaglander so uitstekend te hoor /
sien Afrikaans praat. Aangesien die taal dikwels deur sommige van my
Nederlandse vriende as "een schattig taaltje" beskryf word, neem ek aan dat
dit soms as die "Aspoestertjie" van die LL-tale beskou word. Die geskiedenis
en ontwikkeling daarvan, is natuurlik baie interessant en dikwels hoor ek
Engelssprekendes, wat ook Afrikaans effens magtig is sê, dat dit so 'n
poëtiese taal is en soveel meer beskrywend as hul eie taal. Daarmee stem ek
saam, want emosie en fyner nuanses kan met Afrikaans onverbeterlik uitgedruk
word.
Wat die "ringkoppe" van Lowlands-L betref, laat hoor gerus meer van julle
kennis van Afrikaans, en ek sal nie omgee as julle soms van die os op die
jas spring nie.
Groete,
Susan

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Afrikaans

Liewe Susan,

> Wat 'n verrassing om 'n Nedersaksiese Laaglander so uitstekend te hoor /
> sien Afrikaans praat.

"Uitstekend"?!  Ha!  Mooipratertjie!  ;)  Ek weet, dat dit nie uitstekend is
nie!

Susan, Laaglanders, op hierdie lys het ons geen "Aspoestertjie" onder die
tale nie, en ook geen kwaaie stiefma en stiefsusters nie (nee, ook geen
prins nie).  Hulle is almal sustertale.  Elke suster is op haar eie wys
aantreklik and lieflik, en hulle het mekaar lief.

Seker wil die meeste Laaglanders, soos ek, graag meer in en oor Afrikaans
hoor/lees.

Groete,
Reinhard/Ron

==================================END===================================
* Please submit postings to <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to <listserv at listserv.linguistlist.org> or at
  <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list