LL-L "Morphology" 2003.05.19 (06) [A]

Lowlands-L sassisch at yahoo.com
Mon May 19 18:17:09 UTC 2003


======================================================================
L O W L A N D S - L * 19.May.2003 (06) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * sassisch at yahoo.com
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/rules.htm
Posting Address: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: "Elsie Zinsser" <ezinsser at simpross.co.za>
Subject: LL-L "Morphology" 2003.05.18 (09) [A]

Dag Laaglanders,

Ron, 'n paar regstellinge in jou Afrikaanse voorbeelde:

1 >Alle woorde wat op -o ("vreemd"), -i ("vreemd"), -u, -e en -a
>(beklemtoond en onbeklemtoond) eindig; b.v.:

> ouma > ouma' s
> oupa > oupa's
> sofa > sofa's

Korrekte spelling:
>biografie - mv. biografieë (biografies is 'n adjektief) ['biografiese
studie']

> pasiënte > pasiëntes (vroulik)
> (maar manlik pasiënt > pasiënte)

Dit is foutief. Daar word nie tussen manlike en vroulike pasiënte
onderskei nie.
Dis dus pasiënt - pasiënte.

2       > Woorde met -er, -êr en -el; t.v.:

3       > En ook onbestendige k vorme:
>
> man > manne ~ mans

Die meervoud is mans. "manne" word meer losweg gebruik vir impak (liries
en ander):
'Hier sit die manne in die Royal Hotel...'
'Nee, die saak verg manne van staal!'
'Ag, maar my seuntjie het manne moed'

> motor > motore ~ motors

Onderskei tussen:
motor- "kar" - meervoud: motors
motor - "enjin" - meervoud: motore

> Altyd (?) onbestendik agter -ing; t.v.:
>
> houding > houdinge ~ houdings
> verbinding > verbindinge ~ verbindings
> ontwikkeling > ontwikkelinge ~ ontwikkelings

Die bogenoemde woorde verskil in betekenis:

houdinge (=postures)
houdings (=attitudes)

verbindinge ('scientific' connections - as in chemical, linguistic)
verbindings ('common' connections - as in pipes, canals)

ontwikkelinge (developments as in 'movements' -
political/research/scientific)
ontwikkelings (developments as in building/land/property)

> Bowendien vind ek dit baie opmerkingswaardig dat die Afrikaanse taal
die
> infinitiefeinding -en (teoreties > * -e) nie het nie.  Is dit verlore
> gegaan, of het Afrikaans dit nooit gehad nie?
>
So vêr ek onthou, is die infinitief-vorm een van die eerste vorme wat
verdwyn het. Ek glo dit bestaan ook nie meer in Nedersaksies (óf
Mennoniete Plautdietsch) nie?

Groete
Elsie Zinsser

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Morphology

Dankie vir die regstellinge (~ *regstellings?), Elsie.  Nou word die
storie nog belangwekkender: sinonieme, wat hul leksikografiese verskille
morfologies in die meervoud aan die lig bring!

> So vêr ek onthou, is die infinitief-vorm een van die eerste vorme wat
> verdwyn het. Ek glo dit bestaan ook nie meer in Nedersaksies (óf
> Mennoniete Plautdietsch) nie?

Dit bestaan nog in alle Nedersaksiese dialekte als /-@/ of /-(@)n/:
<-e>, <-en>, <-n>.  So vêr ek onthou, het dit onder die Laaglandse tale
slegs in Afrikaans en in die meeste Laagland-baseerde Kreool-tale
verdwyn.

Groete,
Reinhard/Ron

================================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list