LL-L "Language varieties" 2005.03.13 (01) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Sun Mar 13 21:13:17 UTC 2005


======================================================================
L O W L A N D S - L * 13.MAR.2005 (01) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or lowlands-l at lowlands-l.net
Commands ("signoff lowlands-l" etc.): listserv at listserv.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: Ruth & Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language varieties" 2005.03.11 (06) [A/E]

Dagsê Steven:

Onderwerp: Afrikaans

Baie dankie. Ek waardeer u inset want ek stem saam met beide u stellings,
oftewel al drie, synde die eenvoudigheid, die buigsaamheid, en die blote
mooiheid van die Afrikaanse stem. Maar ek moet byvoeg die laaste blyk beslis
nie die uitsluitlike eienskap van Afrikaans nie, maar in gemeen met omtrent
al die Laëlandse tale. Natuurlik is dit met eerste gehoor dat dit sterkste
tref, tog is dit oneindige plesier om te hoor.

Selfs die tale wat vêrste van Noordwes Europa gewandel het het sy sjarme. Ek
dink nou aan Skots, 'n Engelestem van 'n taal. Nie net dit nie: As jy oot
die geleentheid het om Afrikaans met 'n Skotse uitspraak te hoor, of
wederom, moet jy dit nie verbystap nie.

Terwyl ons hieroor praat, wil ek melding maak van 'n verskynsel uit die daë
toe Harold Wilson, die Britse Eerste Minister, duisende van sy werkers in
Westland, die vliegtuigfabriek die trekpas laat gee het pleks van om vir
Suid Afrika helikopters te bou. Hierdie werkloses het net so eenvoudig
hiernatoe gekom en ons vliegtuie hier gebou. Hulle het nou in die algemeen
'n Noordwes Engelse uitspraak en dialek gehad. Hulle kinders het redelik
vinnig verafrikaans, vinniger as sommige Hollanders, en tog hulle uitspraak
behou. Dit was nou iets moois om te hoor. Vol vele van hulle is op sterkte
van hulle taalgewoontes alleen getroud!

Die Amisherdialek in u eie land, rondom Lancashire, Pennsylvania, is nog een
baie mooi om te hoor, en ek vermoed jy sal dit maklik snap.

> Is die
> toestand van Afrikaans vandaag so swak? Ek is nie in Suid-Afrika nie en
dus
> kan ek nie die taalsituasie persoonlik goed waarneem nie. Ek hoop daar is
> geen moontlikheid van die uitsterwing van Afrikaans nie!

Op die huidige tydstip sou ek sê nee. Die Europiese, oftewel Westerse
kultuur is wel besig om in amptelikke verband weg te week. Die probleem is
die groot getal Engelssprekendes wat die land uittrek. Ja, Afrikaners trek
ook, maar hulle kom gerweeld terug, en die meerderheid wat agterbly is
Afrikaanssprekend. Dit is eintlik tussen hulle dat die Engelse taal mees
behoue is, te danke aan ingebore waardering van skone taalgebruik, maar
hoogstens oor die - hoe sal ek sê - rassegrêns. Afrikaans bly tog die naaste
aan 'n gemene taal as enige ander hier in Suid Afrika. Meer as dit, ons het
nog die herhindernis van 'n vorige tyd toe Afrikaans ook onderdruk is, onder
die VOC en later die Batawiese republik, met Algemeen Beskaafde Nederlands,
en later onder die Engelse, met Engels. Onderdrukking is tog die algewone
toestand van Afrikaans, en dit het nie soos met Iers, onderwys en wetontwerp
nodig om dit te behou nie.,

> Ongelukkig moet ek toegee ek het nog geen Afrikaanse digkunde gelees nie.
Ek
> het 'n bietjie prosa gelees en ek het hom al te lekker gevind! Kan jy
> miskien 'n paar goeie Afrikaanse digters aanbeveel?

In die eerste plek wil ek sê dat Roy Cambell ek dink ('n Engelse Suid
Afrikaanse digter) eens kommentaar gelewer het hoe verpes hy Afrikaanse
digters, oor hulle geleentheid. Die Taal is so uiters geskik vir die poësie,
ons digkunde is so maklik en gemaklik, beweer hy, dis omtrent onmoontlik om
in Afrikaans sleg te digteer! Mynsinsiens oordryf hy ietwat...

My keurdigter is Eugene Marais, maar C. Louis Leipoldt is 'n skat. So ook N
P van Wyk Louw, en vele andere. Daar is R K Belcher vir 'n bietjie slêng
(verskoon my Engels), en van die dameskant, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker
en die Israeliese digteres Olga Kirsch.

Lekker lees Ek het dit seker nie nodig om vir u te vermeld die gedigte is om
uit te spreek en te hoor, nê!

Die Uwe, Mark

==============================END===================================
Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Postings will be displayed unedited in digest form.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")
are  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list