LL-L "Language varieties" 2005.03.28 (09) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Mon Mar 28 20:05:57 UTC 2005


======================================================================
L O W L A N D S - L * 28.MAR.2005 (09) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or
lowlands-l at lowlands-l.net Server Manual:
http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: "Ruth & Mark Dreyer" <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language varieties" 2005.03.23 (05) [A]

Hullo Elsie en Ron:

 Subject: LL-L "Language varieties"

> Fred, ek wil graag 'n stuiwer in die armbeurs gooi op Mark se skrywe:

Hi, Elsie, hier is my stuiwer:

> [Aan die ander kant maak sommiges die opmerking dat Afrikaans te lank in
die
> dorre woesteny van Akademe gedrentel het. Ek gee tot die mate toe:
> Akademiese Afrikaans is kurkdroog in die mond en bitter in die maag.]

So bedoel ek met Akademiese Afrikaans, die taalgenie, wat amper in die gees
van die Academie Français wil beslis hoe die algemene gebruiker dit of dat
mag uitspreek of gebruik: Hulle wat bv die woord 'perron' vir die
stygingsvlak van 'n spoorwegstasie in algemene gebruik wil vestig, pleks van
'platform'. Die voorste uit die Frans, wat geen koppeling uit eie taalbodem
het, en die tweede, blykbaar 'n 'angelisisme', en dus onaanvaarbaar, ten
spyte daarvan dat dit uit die Diets lekker ontleed kan word, en dit maak
sin. Daar is oorgenoeg hiervan tevoorskyne

Oor taalontwikkeling het ek geen klagte. In teendeel, ek besef al te
duidelik die noodwendigheid daarvan, en met die inset is Afrikaans (in
teenstelling met talle minderheidstale ter Wêreld) van mag om tot die
uiterste in die wetenskap, wysbegeerte, kuns en kultuursake uit eie bodem by
te dra.

Elsie: Marginalisasie? Ek hou nie van die woord nie, want ek verstaan hom
nie, óf in Engels óf in Afrikaans, Dit klink dat elk en ieder sy eie
aanwending daarvoor het. En Elsie, ek sal nie Jakob Zuma se inset in enige
verband ernstig opvat nie: Daardie man is krommer as die wynstok.

> Afrikaners en veral Afrikaanse jongmense immigreer in hordes om in die
> buiteland te gaan werk of bly en hier by die huis moet bekommerde
Afrikaner
> ouers alreeds deur bemiddeling van die konstitusionele hof hul kinders se
> reg tot Afrikaans-medium eerder as dubbele-medium skoolopleiding besleg.

Elsie, u het dit wel reg, maar dink net, en troos jou: Drie geslagte gelede
is dit oor twee-en-'n-half eeue, die brooityd van Die Taal, presies so
gewees. Die enigste vêrdere onderwys tot die beskikking van die Afrikaner is
oorsee gewees; Cambridge, Leyden, St Andrews, Parys, Heidelberg en
Amsterdam. Die geskrewe taal en Ampstaal is Nederlands of Engels. Die
Afrikaner wat nie in die boerdery betrek is nie moes in die algemeen te
minste 'n deel van sy loopbaan in die buiteland betree.

Ja, soos my oorle Ouma gesê het, menige het weggebly, maar ander het
teruggekom en die nasie met hulle kennis en inset aansienlik verryk. Ten
spyte van CJ Rhodes se propaganda, deur ons teenstanders die jare deur
gepropageer, is ons mense _nie_ in 'n vorige eeu se denkwyse en waardestel
gestenig nie, maar elke geslag in elke gesin is te minste een kind as dit
enigsins bekostig kan word, uitgestuur om hulle tersiëre onderwys in die
buiteland, en van die beste in die buiteland, te ontvang.

    Opvoeding en onderwys geniet nog onder ons mense soos met min andere
geweldige aansien, en dis daar dat Afrikaanssprekende onderwysers tot op
hede die rugstut van die land se onderwysstelsel is. Dit sy dalk ons
redding.

Haai Ron, ek wil nie hê dat u my van 'verduiweling' van veral
taalontwikkeling en -bewaring verdink nie! Maar met u siening, "Egter dink
ek dat die akademiese rol in taalplanning nie belangriker mag wees as die
rolle van gewone sprekers van 'n taal nie." sal ek hartelik saamstem.

> Kan die Afrikaans-talige bevolking nie ook 'n stukkie van hierdie
(toerisme) tert kry
> nie? So b.v. die Zoeloe, Xhosa en Debele hullie se kulture, musiek,
> geschiedenis ens. kan aan die toeriste "verkoop," soos kan die Afrikaanser
> (blankes en "kleurlings") dit tog ook doen. Vier of vyf eeuë van
> Afrikanerkultuur, -geschiedenis en -gebouë – ja, en ook *taal* -- kan tog
> ten minste aan Nederlands-talige en andere laëlandse toeriste (en
studente?)
> "verkoop" word!  Of is dit skaars 'n druppie in die see?

Seconded! En daar is 'n paar mense wat presies dit wil bevorder. Daar is in
die buitewyke van Pretoria 'n 'Boereristuarant' wat bobotie, boerewors,
begrafnisrys ens. vir die toeristeaanvraag voorsien. Hulle is tot in lengte
van daë volbespreek.

Groete,
Mark

================================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list