LL-L "Language politics" 2006.02.01 (05) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Wed Feb 1 15:58:42 UTC 2006


======================================================================
L O W L A N D S - L * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or lowlands-l at lowlands-l.net
Commands ("signoff lowlands-l" etc.): listserv at listserv.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West) Flemish Z=Zeelandic (Zeeuws)
=======================================================================

01 February 2006 * Volume 05
=======================================================================

From: "Elsie Zinsser" <EZinsser at mhsc.org.za>
Subject: Language status [A]

Dag almal,

Hiermee twee koerant artikels oor die toenemende druk op
Afrikaans in Suid Afrika.

Groete,
Elsie Zinsser

***
1 Nederlanders die josie in oor miskende Afrikaans
  Jan 26 2006 09:59:46:940PM  - (SA)   - Liesl Pretorius

  Die Nederlandse stigting vir taalverdediging is
  ontevrede omdat die SAUK nie die kindernuusprogram
  Kids news room in Afrikaans uitsaai nie.

  Die program, wat in Engels op SABC2 uitgesaai word,
  word uit Nederland met sowat R1 miljoen gefinansier.
  Dit word van 1 Maart in Xhosa, Zoeloe, Swati en
  Ndebele op SABC1 uitgesaai.

  Luidens 'n brief van die stigting aan die SAUK
  (waarvan 'n afskrif in Beeld se besit is) vra hy die
  uitsaaier om die program in Afrikaans uit te saai en
  sodoende " 'n bydrae te lewer om Suid-Afrika se
  kulturele verskeidenheid te behou en uit te bou".

  Die feit dat Kids news room in ander tale naas
  Engels uitgesaai gaan word, maar nie in Afrikaans
  nie, het luidens die brief "tot groot
  verontwaardiging in Nederland gelei" - veral omdat
  'n groot deel van die finansiering onregstreeks van
  'n nasionale lotery afkomstig is.

  Me. Lesego Mncwango, waarnemende woordvoerder van
  die SAUK, sê geen verslag van die brief, wat in
  Desember gestuur is, bestaan nie.

  "Ons het nog nooit 'n versoek ontvang om die program
  in Afrikaans uit te saai nie - nie van Free Voice
  (die Nederlandse organisasie wat finansiering
  verskaf) nie en ook nie van binne die SAUK nie."

  Volgens die SAUK het die organisasie Free Voice 124
  000 euro (sowat R923 800) aan Kids news room
  bewillig. Die laaste paaiement word in Maart betaal.

  Free Voice word gedeeltelik deur die Nederlandse
  poskodelotery gefinansier.

  Die stigting vir taalverdediging sê in Nederland en
  Vlaandere bestaan 'n "groeiende besorgdheid" oor die
  SAUK se taalbeleid. "Die agterstelling van Afrikaans
  word as skandalig beskou."

  Druk word nou glo op die lotery uitgeoefen om Kids
  news room nie meer te steun nie.
  Kids news room wys Vrydae om 16:00 op SABC2.

2 Die Beeld: Jan 29 2006 08:50:58:867PM  - (SA)
  Afrikaanse verklarings 'walglik'- Erika Gibson

  'n Militêre regter het in sy uitspraak in 'n
  militêre hof gesê hy vind dit "walglik" dat sekere
  verklarings voor die hof steeds in Afrikaans
  voorgelê word.

  Lt.kol. Mbulelo Kenneth Mandela het verlede jaar in
  sy bevindings in 'n militêre hofsaak teen ene sers.
  John Jerome Jones by Youngsfield in Kaapstad
  uitgevaar omdat die militêre polisie Jones se
  verklarings in Afrikaans afgeneem het.

  Die twee regsoffisiere wat namens die staat en
  namens Jones opgetree het, moes Mandela help om dit
  te verstaan.
  Volgens hom is hy daarvan bewus dat sekere
  beskuldigdes in die verlede verklarings in 'n swart
  taal afgelê het, maar dat dit in Engels neergeskryf
  is.

  "Ek kan nie verstaan hoekom dit nie ook met
  Afrikaanssprekende mense gedoen kan word nie, want
  tale moet almal dieselfde status geniet. Ek is
  regtig nie gelukkig met die feit dat ons in dié tyd
  en era steeds met Afrikaanse verklarings moet sit
  nie," het Mandela gesê.

  Mnr. Pieter Groenewald, die VF+ se woorvoerder oor
  verdediging, het gesê hy gaan 'n klag by die
  Menseregtekommissie en by die Pan-Suid-Afrikaanse
  Taalraad (Pansat) indien ingevolge die wet gewing
  oor die bevordering van gelykheid en die voorkoming
  van onbillike diskriminasie.

  Hy meen die regter beledig nie net Afrikaans in sy
  bevindings nie, maar tas 'n beskuldigde se
  grondwetlike regte aan.
  "As hy só 'n argwaan teen Afrikaans het, hoe kan hy
  dan 'n objektiewe uitspraak lewer?" het Groenewald
  gevra.

  'n Senior regsoffisier, wat vanweë die aard van sy
  werk anoniem wil bly, het gister bevraagteken hoe
  militêre howe sonder amptelike tolke kan
  funksioneer. Hy het gesê waarskuwings oor die
  gebruik van ongekwalifiseerde soldate en soms selfs
  medebeskuldigdes om as tolke op te tree, val al
  geruime tyd op dowe ore.

  Volgens die senior regsoffisier geskied 'n militêre
  hofsaak in die taal van die beskuldigde se keuse
  omdat die regspleging oor hom gaan.

  Dieselfde geld verklarings wat die saak voorafgaan.

  Só sal 'n Afrikaanse beskuldigde in Afrikaans voor
  'n Engelse militêre regter getuig, terwyl die
  persoon wat as tolk ingespan word - gewoonlik sommer
  die hofordonnans of 'n kollega - die getuienis na
  Engels vertaal. Dieselfde geld enige ander inheemse
  taal.

  "Die probleem daarmee dat daar geen amptelike tolke
  vir dié doel in die weermag is nie, is dat daar geen
  beheer oor die gehalte van die 'tolk' se weergawe
  van die getuienis is nie." 

==============================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list