LL-L "Delectables" 2007.04.19 (06) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Thu Apr 19 21:25:58 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  19 April 2007 - Volume 06

=========================================================================

From: Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: LL-L "Delectables" 2007.04.19 (02) [A/E]

Haai almal,

Marcel, my ouma het ook 'n kerrie afval gemaak maar van skaapskenkels en
pens.

Die pens en pootjies is skoon geskrop, vir twee ure in sterk soutwater gelê
om die gagga reuk
te verdryf (wat maar hoogstens gewaste bakterie is...), met kerrie gegeur en
tot baie sag gekook.

Partymaal het sy aartappelstukkies daarby gekook, die beentjies aan die
einde verwyder en die
gekookte mengsel in 'n plat emaljeskottel gesit, afgekoel en laat stol. Ons
het die lekkerte in skywe
op 'n broodjie met soet tuisgemaakte mosterd geeët.

Ek dink Europeërs, soos Afrikane, het alles gekook en geeët en twyfel of die
Franse Hugenote noodwendig die gereg na die suiderpunt van Afrika gebring
het.

Sit juis nou die dag en gesels met my Zulu en Sotho kollegas en uitwei oor
die beste happies van 'n skaapkop
wat stadig in warm as gaargemaak is! My pappa se geliefde padkos terwyl ons
kinders met hardgekookte eiers,
boerbrood met bokbotter en vyekonfyt tevrede moes wees!

Groete,

Elsie Zinsser

Watse afval het jou ouma gemaak? Ek het gelees dat hierdie pens &
pootjies-afval deur die Hugenote na die Kaap gebring was.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070419/da383da5/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list