LL-L "Events" 2007.04.24 (01) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Tue Apr 24 14:20:02 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  24 April 2007 - Volume 01

=========================================================================

From: Marcel Bas <roepstem at hotmail.com>
Subject: Die Roepstem by Radio Sonder Grense (II)

Geagte leser,

Vandag sal die radioprogram 'Tjailatyd' op Radio Sonder Grense nog 'n
onderhoud met my voer. Ek sal met Derrich Gardner oor Die Roepstem, maar
veral oor die Boeregemeenskap in Argentinië gesels.

Die 'Colonia Boér' is die nasate van die Boere wat na die Tweede
Vryheidstryd in 1902 na Argentinië, Patagonië, getrek het omdat hulle nie
onder die Britse vlag wou lewe nie. Hier vind u meer inligting oor dié
Boere: http://roepstem.net/argentina.html en
http://roepstem.net/boere_sports.html

In 'n volgende aflewering van Tjailatyd sal Derrich met 'n dame in
Argentinië gesels, wat nog Afrikaans kan praat.

U kan vandag die onderhoud beluister; skakel net in op 100-104 FM, of klik
op http://www.rsg.co.za/luister.asp

Dit sal omtrent sewe minute duur, en dit begin om 4.20 nm.

Met vriendelike groete,

Marcel.

http://roepstem.net
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070424/a1e3079a/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list