LL-L "Etymology" 2007.06.05 (03) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Tue Jun 5 17:18:41 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  05 June 2007 - Volume 03

=========================================================================

From: "ppvaneeden at orange.nl" <ppvaneeden at orange.nl>
Subject: LL-L "Traditions" 2007.06.05 (01) [A/E]

Hallo Marcel en Elsie,

Die Afrikaanse woord biltong (gedroogd vlees) kom van boudtong. Die vleis
vir biltong word vir die grootste gedeelte uit die boude van beeste/rundere
gesny. Daar word in werklikheid tonge van vleis gesny. By bil en boud kan jy
die ontwikkeling vergelyk van kil en koud, silt en sout, wil en wou, ens.

Hartelijke groetjes,

Petrus
[Pieter van Eeden]
----------

From: "ppvaneeden at orange.nl" <ppvaneeden at orange.nl>
Subject: LL-L "Gode" 2007.06.05 [A]

Goeie dag,

Wie kan my help? 'n Aantal woorde wat ons vandag gebruik is onder andere
afgelei van die name van Gode. Ek lees onlangs dat die woord eden (dus tuin
van Eden) afgelei is van (W)odin. Ek wil nou verder vermoed dat die woorde
'eed', maar ook 'ode' afgelei is van (W)odin. Ek wil verder vermoed dat die
agternaam Odendaal (pleknaam Odendaalsrus in Suid-Afrika) ook afgelei is van
hierdie God. Waar kom die woord 'gooi' vandaan (ook as pleknaam, Gooi en
Vechtstreek, Gooiland en Het Gooi)? In navolging van rode en rooi, lade en
laai, rade en raai, kade en kaai……….. wil 'n mens vermoed dat Gode 'gooi'
geword het. Maar 'Gode' en 'goeie' kom van dieselfde stam, byvoorbeeld: good
bye (God be with ye) en good luck (God = good). Terloops kom  die woorde
'luk' en 'luck' (in Engels) nie van die Germaanse God Loki nie? Ek wil dit
vermoed! Hierdie God was erg wispelturig.

Die herkoms van 'n aantal van ons woorde stam uit die Godewêreld. Het iemand
miskien 'n lys van moderne woorde wat afgelei is van ons oude Gode?

Groeten,

Petrus
[Pieter van Eeden]
 ----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Etymology

Goeie dag, Petrus!

Ek vermoed dis jou eerste boodskappe tot die lys. Welkom!

Jy kan ons reëls en handleidings hier vind:
lowlands-l.net/rules.php

Groete,
Reinhard/Ron
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070605/c2f6e917/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list