LL-L "Etymology" 2007.06.10 (03) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Sun Jun 10 22:04:33 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  10 June 2007 - Volume 03

=========================================================================

From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Traditions" 2007.06.09 (03) [E/A]

Beste Petrus

Onderwerp: L-Lowlands Tradiesies

Petrus, soos al klaar vermeld en let wel, is daar maar 'n beperkte
hoeveelheid klanke en kombinasies daarvan tot die beskikking van 'n taal, en
die ganse Wêreld se tale daarby. Ons moet oppas om nie te veel gewig op
watter homofone by geleentheid in ons soektog opkom nie. Kom ek maak 'n
poging met 'n paar van u opmerkings, agterstevoorts

Orkney = orken ey, walviseiland (Ou Noordhumbers)
Money = monnaie,  geld (Ou Frans, van die Latyns moneta en ook die wortel
van ons 'munt')
Donkey = dunneke, klein vale, soos ons in Afrikaans sou sê valetjie (Middel
Engels en die kleur-woord 'dun' nog gebruik)
Monkey = manneke, klein man, (Saksies, uit die dae van die Hansa, 'n
handelsverdrag in die Middeleeue).
Sien, hier het ons uit vele bronne na die Moderne Engels 'n paar
verkleinvorms, klankverandering en twee woorde saamgekoppel.

'Maan' op sy beurt is in oorsprong uit die IG wortel 'ma' vir die konsep om
te meet, die wortel 'ma'. Latyns, mensura. Al die Germaanse tale gebruik 'n
afleidende vorm, al klink hulle nie meer die selfde nie.

Nog 'n ding, hou ingedagte dat voor-/ agter-/ enige byvoegsels tot
die wortel van 'n woord dra gewoonweg 'n grammatikale waarde, en die
oorsprong daarvan uit ander oorde opgesoek moet word.
Hugenoot, Fr Hugenot, is 'n verkleinvorm in die Bretonse dialek van _Frans_
so hoor ek, van Huges, 'n Bretonse disiepel van Jean Calvin, die Protestant,
van wie alle Franse protestante die naam oorgeërf het. Maar, ek moet byvoeg,
'n bron waaruit ek die woord onlangs opgesoek het maak bewerings van te
minste 15 false etymologeë in hierdie verband. Hou moed.

Geluk
Mark
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070610/abc1a0a4/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list