LL-L "Events" 2007.03.12 (03) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Tue Mar 13 03:31:29 UTC 2007


L O W L A N D S - L - 12 March 2007 - Volume 03

=========================================================================

From: Felix Hülsey <felix.huelsey at gmx.de>
Subject: LL-L Events

Hello almal,

Marcel het geskryf:

> Dag Felix,
>
> Uiteindelik! Ek wag al vir jare op enigiets op akademiese vlak wat die
> Afrikaanse Taalkunde behandel, en nie net die Afrikaanse Letterkunde nie.
>
> Aan die universiteite van Leiden en Amsterdam (VU) en nog ander plekke
> word daar slegs gepraat oor letterkunde, sodra dit oor Afrikaans gaan.
> Asof 'n taal outomaties met fiksie, romans of poësie verbind moet word.
> Dit is vreemd: die taal is vir ons Europese kontrei mos die heel
> interessantste aspek van die Afrikaanse kultuur. Vir Hollanders soos ek
> is Hasselt egter 'n bietjie ver.
>
> Groetnis,
>
> Marcel.

Laat ek dadelik sê wie se verdienste dit is dat dit bestaan - heel die
studieweek word (trouens al sedert 1999 jaarliks) organiseer deur prof
Luc Renders van die Universiteit Hasselt en sy vrou Vera. Ek is nie meer
as 'n reëlmatige deelnemer nie, en toevallig ook lid van Lowlands-L, gee
dit dus net aan julle verder.

In die studieweek gaan dit afwisselend oor literatuur en taalkunde,
vanjaar is dit dus taalkunde se beurt. Die referente kom altyd uit SA se
akademiese wêreld, dus van die hoogste niveau op die gebied van Afrikaans.

Dit is ook elke jaar weer 'n uitstekende geleentheid om entoesiaste uit
heel Europa te ontmoet - selfs vir Pole, Tsjegge, Hongare en Italiane is
Hasselt nooit te ver nie ;-)

Groete uit Keulen
Felix Hülsey
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070312/d29d008b/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list