LL-L "Etymology" 2009.07.05 (01) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun Jul 5 17:15:57 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 05 July 2009 - Volume 01
lowlands at lowlands-l.net - http://lowlands-l.net/
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================

From: dealangeam <atdelange at iburst.co.za>
Subject: LL_L "Etymology"[A]

Beste Laaglanders,



Ek skryf in Afrikaans omdat julle laaglanders oefening in die jongste
laaglandse taal behoort te kry. Ondersteun asseblief Afrikaans net waar
julle kan. Ons is al amper op die rooi data lys van tale.



Ek lees met groot belangstelling al julle bydraes oor maak, maker,
ensovoorts.



Dit lyk vir my asof die gesprek vashaak by Latyn en Hebreeus.



Ek dink dat fonologies die woord “mak” (kort) en “maak” (lank) uiters maklik(
hie-hie) is om in klank te maak (hie-hie). Daarom behoort ons die etimologie
daarvan in tyd baie ver terug soek. Homerus het reeds die woord gebruik “mac”
om na lang (hoë bome) te verwys. Daarna het het Herodotus ook die woord
gebruik om na die lengte van die Makedoniërs (Masedoniërs) en die “swerwers”
(Germane) te verwys. Herodotus was veral beïndruk met die lang mense (“
swerwers”) omdat hulle soveel soorte wilde diere (beeste, bokke, skape en
hoenders) mak gemaak (hie-hie) het.



Die Makedoniërs (soos Alexander die Grote) was nie van aeoniese oorsprong
nie. Hulle het verhuis van Venetië (teenaan die Kaukasiese berge noord van
die Kaspiese en Swart seë). Die Grieke kon die Makedoniese taal glad nie
verstaan nie. Die “swerwers” het ook vanuit Venetië begin beweeg na Europa.
Hulle belangrikste fisiese kenmerk was hulle groot been struktuur (lengte en
breedte). Later, in die laaglande, gemeng met die gene van die Heune, het
hierdie kenmerke kenmerkend geword van die Sakse. (Terloops, dit is steeds
onbekend waar die Heune met gemiddeld 7 voet of 2.3 meter lank vandaan gekom
het.)



Dit is belangrik om te onthou dat Abraham se vader Tera uit Ur van Chaldee
weg getrek het. Die stad is begin omtrent 2 500vC. Daar is nêrens aanduiding
waar hulle oupa-oupagrootjie Heber (na wie Hebreeus vernoem is) gewoon het
nie. Hy kon net so wel in Venetië gewoon het om later oor die Kaukasiese
berge suid te trek na Chaldee. Dit maak die verbinding tussen Hebreeus,
Slawies en Germaans ‘n sterk moontlikheid soos ons hier op die poslys gewaar
geword het. (Een maal ‘n trekker, altyd ‘n trekker.)



Ek het ‘n kleintjie dood daaraan dat Mesopotamië (die land tussen die
riviere) so groot rol speel in geskiedenis terwyl Venetië (land reg
noordvan die
Kaukasiese gebergtes) omtrent vergete bly. Is ons Koukasiërs of nie? (Ek sal
bly wees as ‘n laaglander my aan ‘n beter naam kan help vir hierdie gebied
sowat 4500 jaar gelede. Daar is minstens 4 plekke met die naam Venetië.)



My gevolgtrekking is dat mak/maak/makker/maker so ver terug in die
vergetelheid is dat ‘n aanvaarbare etimologiese ondersoek daarvan bykans
onmoontlik is. Wat vir my tel, is dat ons steeds oor die woorde mak en
maak(in Afrikaans)
beskik na soveel duisende jare. Dit is kragtige woorde wat so ‘n groot rol
speel in ons mens wording, alreeds vir omtrent 5 000 jaar.



In my vele reise na die verafgeleë woestyn gebiede, het ek my dikwels
verstom hoe gemaklik (hie-hie) mense, veral Namas en Damaras (nie Europese
afkoms nie) die woorde mak en maak en hulle afgeleides gebruik. Vra ‘n mens
byvoorbeeld vir hulle hoe hulle reg kry om in hulle wêreld te lewe, is die
antwoord dikwels: “Ek is mos hier mak gemaak”. Is dit nie waaroor die lewe
gaan nie: om onsself mak te maak?



Mooi loop


At de Lange

Pretoria

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090705/bef39041/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list