LL-L "Etymology" 2009.07.06 (01) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Mon Jul 6 18:56:31 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 06 July 2009 - Volume 01
lowlands at lowlands-l.net - http://lowlands-l.net/
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================

From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Etymology" 2009.07.05 (01) [AF]

 Beste At (en Geselskap).

Onderwerp*:* LL-L "Etymologie"

Betreffende u gesprek oor Afrikaans, 'Mak' en 'Maak'.

Hoor hoor! Maar met opmerkings.

Moet nie ons Taal onder so seer 'n bedreiging opvat nie, hoor! Die feit dat
ons land se huidige ampsdraers dit met moed en woed wil geringstel beteken
min. Buitelanders wat hier wil kom studeer of buitelandse beleggings of
selfs sosiale programme wil bevorder sal Afrikaans as werktaal voorkeur gee.
Twee keer in die laaste drie maande al het ek met Amerikaanse negers, een 'n
vrou, in Afrikaans gepraat. Aldus hulle, is dit die vinnigste en mees
betroubare toegang tot kommunikasie met swart Afrikane reg-oor agtien
taalgrense hier in die Suidland. En weet, hulle het dit reg. Selfs die swart
skoolkinders gee voorkeur vir Afrikaans as tweede Afrika-taal, nie net omdat
dit so maklik is nie (in vergelyking met Bantoe tale) maar omdat dit toegang
tot vele ander taalgroepe onder hulle eie volk in die land gee, waar 'n
ander Bantoe taal toegang tot net een gee. Nog 'n punt: Werkgewers word in
aanwassende getalle Afrikaanssprekend. En ons volkie het ek al opgemerk is
merkwaardig Taalvas en Taalgetrou. Verskoon die politiek. Die Taal sal
seëvier ten spyte alle druk.

En moenie ons Laaglanders aanhits om manke Afrikaans te gebruik pleks van
vlot en vrylik in hule eie tale te snak nie, nè. 'n Waardevolle voordeel van
ons Afrikaans is dat die Taal ons sprekers daarvan so merkwaardig 'n
voordeel gee in die opneem van die ander Laëlandse dialekte. Op 'n vorige
geleentheid het ek melding gemaak van my geleentheid as tolk tussen 'n trop
Noord Europiërs op toer in Israël. Ons kon mekaar mooi verstaan met
eenvoudige onderwerpe, maar ek bluf dat ek en 'n Boerejood van Heidelburg
(SA) die beste daarmee geslaag het.

So terloops, die Jode in hulle midrash oor hierdie onderwerp (die oorsprong
van die Hebreërs) skryf dit puntenerig toe aan die feit dat Abraham die
rivier (Efraat) oorgetrek het, uit die Hebreeus 'avar' (verby gegaan)
 (Hebreërs in Hebreeus is 'Ivrim'). Eber is die stamvader van vele meer as
maar net die Jode.

Mooi loop

Mark.
Pretoria

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090706/32836bb2/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list