LL-L "Etymology" 2011.07.02 (02) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sat Jul 2 21:42:17 UTC 2011


====================================================
 L O W L A N D S - L - 02 July 2011 - Volume 02
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
 Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
 Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================

From: Mark and Ruth Dreyer mrdreyer at lantic.net
Subject: LL-L "Etymology" 2011.06.29 (03) [DE-EN-NL]

Beste Piet:

Onderwerp: LL-L "Etymology"

Met verligting en dank ontvang ek u uiteensetting van wadlopen se
sorgvuldige metodiek.: Maar weet: Lees ek deur skrik ek my tog koud!

Groete,
Mark

----------

From: "dealangeam" <atdelange at iburst.co.za>
Subject: LL-L "Etymology" [AF]

Beste Laaglanders,

Baie dankie vir Hellinckx, Joachim, Ron en Piet se bydraes oor die
onderwerp.

In Afrikaans het ons die woord "baie" in die sin van “many, much” (Engels),
“veel” (Nederlands). “sehr” (Duits) en “meget” (Deens).

Op skool in die 1950's het ons geleer “baie” kom van die Maleisiese woord
"banyak". Die Malleiers is na die Kaap ingevoer as slawe. Na die 1750's het
“banyak” verander tot "banje" en later na "baie".

In 1973 het ek 'n belangstelling (voorliefde) ontwikkel vir Agterhoeks,
Nederduits of Laagsaksies, wat 'n mens dit ookal wil noem. In 1984 het ek
tot die ontdekking gekom dat Afrikaans nie 'n vereenvoudige weergawe
(pidgen) van Hollands is soos meeste taalkundiges beweer nie, maar 'n
ontluiking (“emergence”, “opkomst”, “entstehung”) uit Hollands (Frankonies)
en Nederduits (Laagsaksies). Almal het gedink ek is gek.

In 1986 lees ek vir die eerste keer in Friesies (een van die Agterhoekse
tale) die woord "bannig". Later loop ek dit ook raak in Stellingswerf,
Gronigens, Twents en en selfs Brabanties. Die woord "baie" het dus 'n
Nederduitse oorsprong, maar is deur Maleisies omvorm tot "baie".

Vandag is "baie" een van die mees gebruikste woorde in Afrikaans sowel as al
die 13 ander tale van Suid Afrika. Dit is net jammer dat sprekers van die
laaglandse tale nie kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Ek wens ons kan
die woord uitvoer na julle toe.

Mooi loop

At de Lange

=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
 Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html .
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498
 =========================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20110702/361b6b03/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list