L O W L A N D S - L - 05 June 2007 - Volume 05
From: Elsie Zinsser
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (03) [A]
Haai
almal,
Dankie
Petrus. Ek sien in Pama se Afrikaanse
Familienaamboek dat die eerste Odendaal (ene Wilhelm) van Odenthal naby Keulen gekom het. Jou verwysing na
Wodin is sekerlik moontlik.
Ja, inderdaad kom bil van die 'boud' gedeelte (soos aangedui
in M. de Villiers se Nederlands en Afrikaans) wat in 'tonge' gesny word. Volgens Raidt is die woord al
deur Johanna Duminy in 1795 en Lichstenstein in 1811 in gebruik.
Groete,
Elsie Zinsser
From: "
ppvaneeden@orange.nl
ppvaneeden@orange.nl>
Subject: LL-L "Traditions" 2007.06.05 (01) [A/E]
Die
Afrikaanse woord biltong (gedroogd vlees) kom van boudtong. Die vleis vir
biltong word vir die grootste gedeelte uit die boude van beeste/rundere gesny.
Daar word in werklikheid tonge van vleis gesny. By bil en boud kan jy die
ontwikkeling vergelyk van kil en koud, silt en sout, wil en wou, ens.
From: Marcel Bas
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (03) [A]
Hallo Petrus! Goed om weer van jou te lees nadat ons ontmoet het.
Dankie
vir jou interessante idee betreffende bil vs. boud, silt vs. sout en
kil vs. koud. Dit is 'n heeltemal nuwe benadering van 'biltong'.
Jy het ook gewonder:
Wie
kan my help? 'n Aantal woorde wat ons vandag gebruik is onder andere
afgelei van die name van Gode. Ek lees onlangs dat die woord eden (dus
tuin van Eden) afgelei is van (W)odin. 
Ek
wonder wie dit nou bedink het. Die wisseling van Wodan na n woord
sonder _w_ is 'n Skandinaviese innovasie. Vergelyk _woordeboek_ vs.
_ordabok_ en _worm_ vs. _ormr_ ('wurm'). Die uitlos van die 'w' is dus
'n baie onlangser ontwikkeling as die ontstaan van die Mosa"iese woord
Eden. Ek dink die Noormanne het toentertyd nog nie eers geweet dat
Moses bestaan het nie. Dit algemene (en aannemeliker) idee is dat Wodan
(die aanwesigheid van die_w_ is etimologies oorpronkliker as die
afwesigheid daarvan) afgelei is van dieselfde woord wat tot die Nl en
Af. woorde 'woede' gelei het. Woede was 'n geestelike staat wat nie
slegs vir boosheid gestaan het nie, maar ook vir 'besieling' of, soos
die Grieke dit so mooi se 'en-thousiasme', dus die god wat in jou vaar;
wat in jou siel inkruip. Die Indo-Europese godsdienstige stelsels het
dan ook digters dikwels gelykgestel aan priesters. Hulle het albei
begin dig of oreer, nadat hulle deur 'n god of 'n gees besete was. (die
Vates, die Skalde, die Druides, ens.)
Ek wil verder vermoed dat die agternaam Odendaal (pleknaam Odendaalsrus in Suid-Afrika) ook afgelei is van hierdie God. 
Slegs
indien Odendaal 'n Skandinaviese van is. Die verdwyning van 'n _w_ in
die anlaut is 'n uitsonderlike verskynsel in ons tale. Is Odendaal dalk
'n Deense van?
Waar
kom die woord 'gooi' vandaan (ook as pleknaam, Gooi en Vechtstreek,
Gooiland en Het Gooi)? In navolging van rode en rooi, lade en laai,
rade en raai, kade en kaai……….. wil 'n mens vermoed dat Gode 'gooi'
geword het. Maar 'Gode' en 'goeie' kom van dieselfde stam, byvoorbeeld:
good bye (God be with ye) en good luck (God = good). 
'Het
Gooi' beteken 'die land'. Dis eintlik dieselfde woord as Nl. 'gouw',
wat ' provinsie' beteken. In Fries kry jy 'gea', wat jy ook in
plekname soos Wolvega, Oudega en St Nicolaasga vind. Di'e woord word
egter slegs in die Gotiese en in die Wes-germaanse tale gevind. Party
mense kry nou magtige idees, en probeer dit met die Griekse 'Gaia'
verbind. Maar die Griekse _g_ korrespondeer met die Germaanse _k_, dus
dit is 'n mooi voorbeeld van 'n toevallige gelykenis. 
Terloops
kom die woorde 'luk' en 'luck' (in Engels) nie van die Germaanse God
Loki nie? Ek wil dit vermoed! Hierdie God was erg wispelturig.  
Miskien!
Party mense het die naam met 'vuur' _logi_ probeer verbind. Jan de
Vries, wat die tamaaie Oud-Noorse Etimologiese woordeboek saamgestel
het, weet ook nie die antwoord nie. ' Lukken', 'geluk' en die Duitse
'Glueck' is uitsluitlik Wes-Germaanse woorde, want die Noorse woord
'lykka' en die Engelse 'luck' is leenwoorde. "luck" word selfs slegs
vanaf die 15de eeu aangetref.
Groetnis,
Marcel.