L O W L A N D S - L - 23 March - Volume 03
lowlands.list@gmail.com
- http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l@listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
From: "dealangeam"
Subject: LL-L "Grammar" [AF, NE]
Beste
Laaglanders,
Piet Bult skryf:
“Beste At: Mijn begrip van Engels gaat niet veel verder dan vakantie_Engels
en dus begrijp ik niet alles tot in detail wat je bedoelt te zeggen met de
(vergelijkings) parallel van computertalen en natuurlijke talen. Volgens mij
zijn die twee niet te vergelijken. Zowel de eerste generatie machinetaal als de
huidige vierde generatietalen zijn in essentie nog precies het zelfde. De
hogere talen worden slechts teruggevormd (vertaald) tot machinetaal, een reeks
van nullen en enen, true of not true, schakelaar aan of uit. Deze en andere
vormen van vertalen hebben volgens mij niets vandoen met F&M. “
Beste Piet,
“Computer” Rekenaar Tale (RT) en “Natural” Natuurlike Tale (NT) kan nooit GELYKes wees
nie. RT het nie ‘n fonologie nie!
Maar hulle kan
wel verGELYK word. Die rede is dat albei die doel het om te kan kommunikeer.
Ek het beklemtoon dat my oorsig van RT te kort is om aan alles daarin
reg te laat geskied. My doel was om die spel tussen eenvoud (“simplicity”) en
meervoud (“complexity”) uit te lig.
Ek dink nie dat die eerste geslag RT en vierde geslag RT self in
essensie dieselfde is nie. Vir die REKENAAR is hulle wel dieselfde: ‘n string
van 0'e en 1'e wat die Sentrale Verwerker (SV, “Central Processing Unit”, CPU)
ingaan en uitkom.
Maar vir die MENS is hulle ooglopend verskillend. Vanaf die eerste tot
vierde geslag (en heel waarskynlik verder) word hulle al meer mensliker. Dit is
om elektroniese skakelaars al hoe meer in te span as neurologiese blitsers.
Ongelukkig het die sielkunde in die begin van die 1900's, veral deur
Freud, ‘n vreeslike ding gedoen. Die brein se funksies is verdeel in die
onbewuste en die bewuste. Goethe en Polanyi het my gehelp om dit te te begryp
en oorkom. Daar is eerder vlakke van bewustheid.
Goethe het beklemtoon dat bewustheid met ervaring as die laagste begin.
Ervaring van die mens kan
vergelyk word met die masjientaal van die rekenaar
Polanyi het beklemtoon dat ervaring ontluik in stomkennis (“tacit
knowledge”. Dit is die tweede vlak van bewustheid. Hy het dit weergee in sy
beroemde/berugte uitdrukking “we know know more than we can tell”.Ervaringe skuif
in die agtergrond en stomkennis kom tevore. Dit kan vergelyk word met die tweede vlak van
RT, “assembly language”.
Ek beklemtoon dat stomkennis ontluik in kunstige kennis wat ook bekend
is as die vormlike (“formal”) kennis. Dit is die derde vlak van bewussyn. Daar
is baie soorte kunste (vormlikes). Dit strek van die voete (soos dans) en
vingers (soos skryf) tot die kop (soos praat en gesig trek).
Sintaktiese tale by rekenaars (3de vlak) en natuurlike tale by mense
(derde vlak) kan
met mekaar vergelyk word.
Die vierde vlak van bewussyn is wysheid. Kategorie RT en wyse gesegdes
behoort tot dieselfde vlak. Min mense dink ten volle wyslik. Die wat dit kan doen, kan
met een sin baie ander mense se denke dramaties beïnvloed, Vergelyk dit nou met
die klik van ‘n muis op ‘n program beskikbaar. Onmiddelik stel die rekenaar ‘n
woordverwerker beskikbaar in die plek van ‘n ander toepassing soos ‘n teken
program.
Beste Piet, niemand anders hoef soos ek te dink nie. Daar is besliste
redes waarom ek so dink. Maar niemand anders hoef daarin belang te stel nie.
Maar een ding staan soos ‘n paal bo water:
‘n Mens se passie bepaal wat hy/sy doen.
Rekenaars het nie passies nie. (Waarom nie??). Maar mense kan met rekenaars hulle
passies daarin beleef.
Doen honderde miljoene mense dit nie reeds nie?
Iewers in die toekoms sal ons kan
skryf” biljoene mense leef hulle passies deur middel van rekenaars uit”.
Besef laaglanders regtig hoe rekenaars mense in staat gaan stel om die
wêreld te verander in die 21ste eeu? Daar is ‘n rolprent wat ek nooit sal kan vergeet nie: “War
Games” - ‘n kind wat die wêreld verander.
Die ingewikkeldheid van tale se morfologie is dus nie sommer net ‘n
akademiese oefening nie.
Mooi loop.
At de Lange
Send posting submissions to lowlands-l@listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv@listserv.linguistlist.org
or lowlands.list@gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498