LL-L "Language varieties" 2005.03.17 (05) [A/D]
Lowlands-L
lowlands-l at lowlands-l.net
Thu Mar 17 22:56:52 UTC 2005
======================================================================
L O W L A N D S - L * 17.MAR.2005 (05) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or lowlands-l at lowlands-l.net
Commands ("signoff lowlands-l" etc.): listserv at listserv.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West) Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================
From: Ruth & Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language varieties" 2005.03.14 (05) [A/D]
Beste Fred:
Onderwerp: "Language varieties"
> Jouw verhaal hieronder over de relatieve vooruitgang van het Afrikaans
> herinnert mij aan een aantal vragen die bij mij opkwamen nadat ik in
> december 2002 in Zuid-Afrika was geweest. Misschien kun jij daar je licht
op
> laten schijnen.
Wel gestel u opmerking 'relatiewe' vooruitgang! Maar daar is tog twee
meninge hieroor. Alle formele aandag op die taal berus nou in elemente wie
se belang in tale as geheel, nie net Afrikaans nie, wissel tussen gebrek aan
belangstelling tot gebrek van kennis. Natuurlik is dit in amptelikke verband
eng beperk (Die taal van die onderdrukker!) Aan die ander kant maak sommiges
die opmerking dat Afrikaans te lank in die dorre woesteny van Akademe
gedrentel het. Ek gee tot die mate toe: Akademiese Afrikaans is kurkdroog in
die mond en bitter in die maag. Akademiese beheer oor Afrikaans het nie tot
goede gelei nie, afleidende die standaard en die siel van die taalgebruik
uit die Universiteite en Kolleges. Afrikaans is uit die kern 'n informele
taal, hoe ryker en hoe sterker hoe vêrder van die stuur van die Skeep van
Staat. Is dit nou iets eie aan Afrikaners?
Crìostòir sal seker vir ons kan praat oor die skade wat 'Amptelikke
Beskerming' die Ierse taal aangerig het.
Chrìostòir, I'd appreciate it if you gave us your thoughts on the
consequences of State supervision of the Erse language in Eire.
Oor u 'misvattings' wil ek net 'n paar punte stel. Troos jou, jy het dit
raak gesnap. Van tydskrifte en koerante is daar wel geen gebrek. Maar 'n
boekhandelaar het my eens in antwoord op die einste vraag so meegedeel:
Afrikaanse tekste is volop - hetsy fiksie en nie-fiksie, maar ernstig
gedraai tot die Geloofsleer en opbouende literatuur in geestelike verband,
werktekste en handboeke, en 'self improvement' literatuur.
Sien, die algewone Afrikaner lees nie vir 'ligte' tydverdryf nie, maar ieder
met 'n doel, oftewel 'n aanname daartoe. As die Afrikaner hom kan oortuig hy
lees om inligting in te win, of homself (of sy taal) te verbeter, of sy
geestelike toestand te bevorder, wel en goed, al hoe oppervlakkig die
onderwerp eintlik mag wees (maar praat saggies hieroor).
As u nou byvoorbeeld die Godsdiensboekhandelaars, onder andere 'Cum
Boekhandel' met klein takke oorals in winkelsentrums, besoek sou u wel iets
nader aan 'n aanvaarbare stapel Afrikaanse boeke opgespoor het. Maar die
toonbankmense se begenadering tot hulle kliënte wissel ergelik van die
algewone Engelse winkelier in bv 'Exclusive' Books'. Daar sal hulle heel
moontlik iets in die verband sê, "Try this - it's a good read." of
"Unputdownable!" maar in 'Cum' sal die dametjie al te gretig sulke
opmerkings maak soos, "Lees die: Dis baie opbouend!" of, "Dis gebiedend. Jy
kan sy bronne vertrou." En hulle koop vir hulle eggenote, ouers en kinders
in die einste gees.
Hierdie begenadering tot 'Geskrewe Taal' is nie eie aan die wit Afrikaner
nie, en is opmerklik regdeur die kultuureie Afrikaanssprekendes. Ja,
gesprekhou, grappe en verhale, al te gewillig, 'Mens hou gesprek in sy
hempmoue, maar vir lees trek hy sy manelpak aan.'
Groete alom, die Uwe,
Mark
==============================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================
More information about the LOWLANDS-L
mailing list