LL-L "Language survival" 2010.12.14 (01) [AF]
Lowlands-L List
lowlands.list at GMAIL.COM
Tue Dec 14 22:55:02 UTC 2010
=====================================================
L O W L A N D S - L - 14 December 2010 - Volume 01
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================
From: dealangeam <atdelange at iburst.co.za>
Subject: LL-L "Language survival" 2010.12.12 (01) [AF]
Beste Laaglanders,
Afrikaans is mos daardie Germaanse taal wat nooit in Afrika gebore moes word
nie. Eers was dit Nederlandse imperialiste en later Engelse
imperialiste watAfrikaans
wou vermoor. Sedert die val van apartheid (1992) is dit Pan-Afrikaniste wat
dieselfde wil doen. Afrikaans moet vir Apartheid boete doen. Afrikaans sou
dit ook kon oorleef het.
Maar omtrent 1980 het ‘n ander dryfkrag in werking gekom wat nie net
Afrikaans verwoes nie, maar die grootste bedreiging is vir ten minste al die
hedendaagse Germaanse tale. Enkele Nederlanders, Duitsers, Dene, Nore en
Swede wat vir hulle eie tale lief is, word met afgryse vervul hoe Engels
hulle tale verdring. Die dryfkrag is die globalisering van politiek,
ekonomie, wetenskap en kuns.
Die volgende persverklaring skets hoe droewig Afrikaans reeds in die
wetenskap vaar. Lees dit en dink wat die geval met julle eie Germaanse taalis.
Miskien is dit die rede waarom Laag-Saksies nie uit sy koma van honderde
jare kan kom nie.
- - - - -
*Afrikaanse wetenskaplike publikasies gaan kreeftegang*
04/08/2010 17:25:31
Wetenskaplike publikasies in Afrikaans gaan ’n kreeftegang. Dit is die
bevinding van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns na ’n onlangse
opnamemet die
oog op die bekroning van wetenskaplike publikasies in Afrikaans in
samewerking met die ATKV. Al minder akademici by Suid_Afrikaanse
universiteite bied wetenskaplike publikasies in Afrikaans aan.
Globaliseringen die
geredelike aanname deur Afrikaanstalige akademici dat artikels in Engels
meer internasionale blootstelling bied en dat hulle daarmee
bevorderingskanse by instellings verbeter, is van die oorsake vir die
negatiewe verskynsel. Die byna onkeerbare en algemene tendens van die
verengel sing van die tersiêre sektor in Suid_Afrika, speel eweneens ’n
beduidende rol, het die Hoof Uitvoerende Beampte van die SA Akademie, prof.
Jacques van der Elst gesê. Akademiese tydskrifte wat vroeër hoofsaaklik
artikels in Afrikaans gepubliseer het, is geneig om al meer artikels in
Engels te plaas.
’n Voorbeeld is die tydskrif Acta Academica met sy basis by die
Universiteitvan die
Vrystaat, en met ’n lang tradisie van Afrikaans: Die jongste uitgawe bevat
nege artikels in Engels, terwyl slegs een artikel, wat handel oor die
plekvan Afrikaans in ’n
veeltalige Suid_Afrika, darem in Afrikaans geskryf is. Die hoofredaksie van
Acta Academica bestaan hoofsaaklik uit Afrikaans_moedertaalsprekers,
terwyldie span
wat as nasionale en internasionale redaksionele medewerkers aangegee word
eweneens vir 90 persent Afrikaans is.
Die tydskrif Koers met sy basis by die Noordwes_Universiteit op
Potchefstroom en wat ’n tradisie van byna ’n driekwarteeu se publikasies in
Afrikaans het, volg in Acta Academica se spoor. Vyf van die sewe artikels in
die jongste uitgawe (jaargang 74, no.3, 2009) word in Engels aangebied. Ook
hier is die hoofredaksielede met uitsondering van een persoon
moedertaalsprekers van Afrikaans, terwyl ’n mens ook die afleiding kan maak
dat die merendeel van die outeurs van die Engelstalige artikels eintlik ook
Afrikaanstalig is.
’n Publikasie met ’n puur Afrikaanse naam en tradisie, Tydskrif vir
Letterkunde, waarvan wyle prof. Elize Botha vroeër redakteur was, het in
2007 ’n tema_uitgawe oor Burkino Fasso gehad met 14 artikels in Engels. So
was daar ook ’n byna volledige Engelse uitgawe oor die Republiek Niger. Die
Tydskrif vir Letterkunde voer ’n beleid van tweetaligheid en plaas geredelik
artikels in Engels.
Bogenoemde opname het te doen met artikels wat handel oor temas uit die
geesteswetenskappe. Wat die natuurwetenskappe betref, lyk die prentjie nog
ongunstiger. Natuurwetenskaplikes is gaandeweg of glad nie meer geneig om in
Afrikaans te publiseer nie.
Die SA Akademie het in samewerking met en met finansiële steun van die ATKV
’n veldtog op tou gesit om die skryf van wetenskaplike artikels in Afrikaans
te stimuleer. Redaksies van alle Suid_Afrikaanse geakkrediteerde tydskrifteis
gevra om voorleggings te maak van artikels in Afrikaans wat in ’n bepaalde
tydperk verskyn het. Redaksies kon self ’n keuse maak van wat beskou is as
die beste artikel wat verskyn het. Verskeie keurkomitees van die SA Akademie
het aan ’n finale keuringsproses met die oog op bekroning deelgeneem.
Van die groot aantal tydskrifte wat as geakkrediteerde tydskrifte by die
Departement van Onderwys geregistreer is en aan wie die Akademie ’n
uitnodiging gerig het, het 39 gereageer. Meer as 60 inskrywings is ontvang.
Sekere tydskrifte publiseer nie in Afrikaans nie en ander het laat weet dat
hulle nie méér in Afrikaans publiseer nie. Slegs enkele inskrywings is
ontvang wat onder natuurwetenskappe ressorteer.
Bekroning van akademiese artikels in Afrikaans geskied op verskillende
plekke. Die eerste toekenning is môre (Donderdag) by die Universiteit van
Johannesburg waar die rektor, prof. I. Rensburg, die gasheer sal wees by die
oorhandiging aan twee regsgeleerdes, proff. J.C. Sonnekus en E.F.J. Malherbe
. Dr. Herman Beyer van die Departement Afrikaans by die Universiteit van
Namibië ontvang moreaand in Windhoek sy toekenning vir ’n akademiese bydrae
oor gebruikersvriendelike woordeboeke uit die hande van mnr. Japie Gouws,
besturende direkteur van die ATKV.
Die ander wenners van geldpryse is prof. J.H. van Vuuren van Stellenbosch,
prof. B. Olivier van Port Elizabeth, prof. G. du T. de Villiers van
Jeffreysbaai, prof. M.F. Viljoen en dr. H.J. Booysen van Bloemfontein, prof.
C.S. de Beer van Pretoria en me. N.A. Pantland van Johannesburg.
SA Akademie Persverklaring
- - - - -
Ek dink almal wat hulle eie Germaanse taal lief het, maak nie saak watter
taal nie, SAAM moet begin werk om hierdie gevaar BETYDS te bestry. Verkry
veral die samewerking van politieke leiers, besigheid leiers, wetenskaplike
leiers en voorste kunstenaars. BEHOU daardie samewerking as iets kosbaars.
Mooi loop
At de Lange.
=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498<http://www.facebook.com/?ref=logo#%21/group.php?gid=118916521473498>
===============================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20101214/e92df43e/attachment.htm>
More information about the LOWLANDS-L
mailing list