LL-L: "Resources" LOWLANDS-L, 31.MAY.2001 (03) [A/E]

Lowlands-L sassisch at yahoo.com
Thu May 31 23:10:25 UTC 2001


======================================================================
 L O W L A N D S - L * 31.MAY.2001 (03) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
 Web Site: <http://www.geocities.com/sassisch/rhahn/lowlands/>
 Rules: <http://www.geocities.com/sassisch/rhahn/lowlands/rules.html>
 Posting Address: <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>
 Server Manual: <http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html>
 Archive: <http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html>
=======================================================================
 A=Afrikaans, Ap=Appalachean, D=Dutch, E=English, F=Frisian, L=Limburgish
 LS=Low Saxon (Low German), S=Scots, Sh=Shetlandic, Z=Zeelandic (Zeeuws)
=======================================================================

From: De Rijger <derijger at afrikaans.be>
Subject: De Rijger

In antwoord op me. Zinsser se vraag waar die naam "De Rijger" dan vandaan
sou kom, kan ek antwoord dat dit inderdaad na een van Jan van Riebeeck se
drie skepe vernoem is. "Drommedaris" was net té eksoties, en "Goede Hoop"
té optimisties. Dis glad nie so verregaande om Jan van Riebeeck se
"volksplanting" en "volksverplanting" met die geboorte van Afrikaans te
assosieer nie. Vadertjie Jan was wel lank dood toe Afrikaans sy eerste
wankelende treë moes gee; Jan was amper vergete toe Afrikaans sy
tienerjarige Sturm und Drang moes verwerk; en Jan was definitief nie meer
as 'n vae herinnering ten tyde van Afrikaans se mondigwording nie. Maar een
ding is seker: Jan van Riebeeck moet pa staan vir die eerste
bloedskandelike dae van die Hollandse besetting van die Kaap, die dag toe
Jan van Riebeeck die Europeër onlosmaaklik deel van Afrika gemaak het.

De Rijger gee homself nie uit as Afrika nie, slegs Afrikaans, uiteindelik
met net soveel wortels in Europa as in Afrika. Deur 'n Afrikaanstalige
publikasie met Hollandse wortels te verbind beteken geensins dat die magdom
invloede van regoor die mensdom misken word nie. Inteendeel, enige kenner
van die taalgeskiedenis sal waardeer dat die VOC en skeepsvaart 'n
uitermate goeie weerspieëling van Afrikaans se reisende en multikulturele
geskiedenis is; dat die foute en sondes van die VOC ook die foute en sondes
van Afrikaners en Afrikaans was.

Afrikaans behoort nie aan Europa nie, net so min as wat dit aan Afrika
behoort. Afrikaans behoort aan enigiemand wat bereid is om eienaarskap van
so 'n kosbare besitting te aanvaar. Dié wat dit praat, dié wat dit lees,
dié wat dit skryf. Nie net Hollanders nie, maar Portugese, Maleiers,
Indiërs, Xhosas, Russe, Iere... en ontelbaar andere wat nie voel hulle het
'n toegangskaartjie nodig om Afrikaans te praat nie.

Uiteindelik is De Rijger 'n publikasie in Afrikaans. Niks meer nie, niks
minder nie. Niemand word gevra om dit te lees nie. Niemand word gevra om
daarvoor te betaal nie. Die kostes van produksie en verspreiding, alhoewel
laag, word nie verhaal deur advertensies of borgskappe nie. Bydraes word
gelewer deur Afrikaanssprekendes van regoor die wêreld - iets waarin die
wat wil 'n nuwe volksplanting kan sien, 'n Afrikaanse diaspora.

Dié keer gebeur dit weliswaar nie per skip nie, maar per vliegtuig. Maar
wie wil nou 'n tydskrif lees met die naam Boeing?

Vriendelike groete,

Ilze Bezuidenhout

----------

From: Criostoir O Ciardha <paada_please at yahoo.co.uk>
Subject: Resources

A chairde,

I'm not sure of the relevancy of this, but I found a
short glossary of Nottingham English words which
demonstrate fairly clearly some of the more consistent
and intriguing features of the language (my variant,
Long Eaton English, is a subdialect of it).

The glossary can be perused at:

http://www.thisisnottingham.co.uk/page.asp?t=frameset/index&contenturl=http://www.thisisnep.co.uk/nottsguide/dialect/front.htm&area=Local%20interest&s=nottinghamese&opensect=Dialect

Most notable are the markable lengthening of
consonants to act as "hinges" for tone in speech.
Please tell me what you think.

Go raibh maith agaibh,

Críostóir.

---------

From: Eldo Neufeld <greneuf at interchange.ubc.ca>
Subject: LL-L: "Resources" LOWLANDS-L, 31.MAY.2001 (02) [E]

>From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
>Subject: Resources

>I assume he was referring to our "Beginners' Guides to Offline Language
>Materials"
>(http://www.geocities.com/sassisch/rhahn/lowlands/guides_offline.htm).

Subject: "Resources"

Ron, I can't access the above URL.  I'm told that webpage can't be found.
What do you suggest?

Thanks.

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Resources

Eldo,

It works for me.  Try copying the entire URL again, exactly and minus the
parenthesis.  In case your display has shorter lines, the URL may be broken
into two lines.  In that case copy/reconstruct it as one line and try again.

I hope this helps.

Regards,
Reinhard/Ron

==================================END===================================
 You have received this because your account has been subscribed upon
 request. To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l"
 as message text from the same account to
 <listserv at listserv.linguistlist.org> or sign off at
 <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================
 * Please submit contributions to <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>.
 * Contributions will be displayed unedited in digest form.
 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
   to be sent to <listserv at listserv.linguistlist.org> or at
   <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
 * Please use only Plain Text format, not Rich Text (HTML) or any other
   type of format, in your submissions
=======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list