LL-L "Afrikaans" 2002.10.10 (09) [A]

Lowlands-L admin at lowlands-l.net
Thu Oct 10 23:56:33 UTC 2002


======================================================================
 L O W L A N D S - L * 10.OCT.2002 (09) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
 Web Site: <http://www.lowlands-l.net>  Email: admin at lowlands-l.net
 Rules & Guidelines: <http://www.lowlands-l.net/rules.htm>
 Posting Address: <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>
 Server Manual: <http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html>
 Archive: <http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html>
=======================================================================
 You have received this because have been subscribed upon request. To
 unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
 text from the same account to <listserv at listserv.linguistlist.org> or
 sign off at <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================
 A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
 L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) S=Scots Sh=Shetlandic
               V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: Swanepoels swanepoels at cmsinter.net
Subject: Afrikaanse taal


Vir meeste Afrikaanssprekendes is die Nederlandse taal wel "lievelijk" en
aangenaam op die oor. Wat my betref, sou ek kon sê dat ek byna verslaaf is
daaraan, om iemand goed te hoor Nederlands praat.Dankie Ria, vir jou
wonderlike kasette wat ek van tyd tot tyd ontvang, met Nederlands (onverdun)
so goed deur jou gepraat, daarop.
Sommige van die ouer garde (Suid Afrikaners) het nie 'n affiniteit daarvoor
nie, omdat daar in die geskiedenis van die ontwikkeling van die Afrikaanse
taal, 'n tydperk was, waar dit deur middel van wetgewing, op die jong
Afrikanervolk afgevorseer was. Die kinders op skool (en ook in die kerk) mog
destyds net Nederlands lees of skryf, ten spyte van die feit dat die jong
Afrikaanse taal, hul huistaal was. Die nuwe /latere geslagte word geensins
hierdeur beïnvloed nie en geniet dit sonder voorbehoud (d.w.s. die
"glossophiles" onder hulle).
Daar is ook wonderlike dialekte in Suid Afrika, wat streeksgebonde is, en
ontwikkel het vanuit die kleurvolle verskeidenheid kulture. 'n Fees vir die
oor en die hart. Kosbare kleinode.
Nog 'n paar idiome / uitdrukkings wat vanuit die ryk dierelewe van Afrika
geïnspireer is en waarby John moontlik kan aanlas:
Hy kan nie hond haaraf maak nie (he can not convince someone to change their
mind / he can not succeed)
Hy is vol jakkalsstreke (he is very sly)
Jakkals trou met wolf se vrou (said when it is actually raining, while the
sun is still shining)
Hy het nie al sy varkies op hok nie (he is crazy)
Interessant sou wees as iemand 'n paar Nederlandse eweknieë sou instuur ter
vergelyking.
Groetjies
Susan vanuit Michigan

[Susan Swanepoel]

==================================END===================================
* Please submit postings to <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to <listserv at listserv.linguistlist.org> or at
  <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list