LL-L "Morphology" 2003.05.19 (12) [A]

Lowlands-L sassisch at yahoo.com
Tue May 20 00:16:03 UTC 2003


======================================================================
L O W L A N D S - L * 19.May.2003 (12) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * sassisch at yahoo.com
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/rules.htm
Posting Address: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Morphology

Elsie, Laaglanders,

Intussen het ek die onderwerp "werkwoord-morfologie" nog 'n bietjie
verder oordink ...

(1)
Natuurlik moet ons kennis neem van die daadsaak dat die ontwikkeling van
morfologiese vereenvoudiging in Afrikaans (nog?) nie volkome is nie.
Afrikaans het nog 'n paar oorblyfsels van onreelmatigheid, b.v.:

(teenwoordige tyd = verlede tyd = infinitief)
is = was = wees (< *wese < *wezen)
het = had = hê (< *hêe < *hebbe < hebben)
dink = dag ~ dog = dink

Daar is seker nog meer.

(2)
Elsie, jy het gedag, dat in Nedersaksisch (Nederduits, Platduits) die
infinitief-einding ook verdwyn het, en ek het geantwoord, dat dit nog in
alle dialekten gebruik is (/-@/ of /-(@)n/).  Miskien is jou indruk te
wyte aan een misduiding van fonetiese informasie.  In die meeste
dialekte is die infinitief-suffiks _-en_ of _-n_; b.v. _gaan_ [gQ:n]
(gaan), _dou(e)n_ [do.Un] (doen), _sitten_ ['zIt=n] (sit), _wesen_
['ve:z=n] (wees).  In normale spraak hoort jy geen [e] of _schwa_ nie,
en na medeklinkers is die /n/ altyd sillabies.  Die sillabiese /n/
ondergaan assimilasie aan die voorafgaande medeklinker; na lipklanke
word dit labiaal (d.i. [m]), en na velaarklanke word dit velaar (d.i.
[N], 'n "ng"-klank); b.v. _hoepen_ ['hœ:p=m] (hoop), _hebben_ ['hEb=m]
(hê), _maken_ ['mQ:k=N] (maak), _seggen_ ['zEg=N] (sê).  As die
vooraangaande medeklinker 'n /-n/, /-m/ of /-N/ is, is dit 'n geval van
verdubbeling, en dit lei tot 'n lange nasaalklank, maar in haastige
spraak hoort jy die lengteverskil nie duidelik nie; b.v. _lönen_ [lœ:n:]
(leun), _noemen_ [nœ:m:] (noem), _singen_ ['sI.N:] (sing).  Mennonitiese
dialekte (en die meeste is van die tipe _-e_) het ook 'n paar
eienaardige, onreelmatige infinitief-vorme, b.v. _gone_ (gaan), wat
infinitief sowel as teenwoordige tyd is (glo ek).  Dit sou teoreties
infinitief *_goon_ en teenwoordige tyd *_ek go_ ens. wees (in
nie-Mennonitiese dialekte ook _gaan_ en _ik ga_) -- net so Afrikaans
"gaan": dit sou *"ga" wees.  Albei tale het die suffiks in die
wortel/stam geïntegreer!  "Gaan" is blykbaar 'n eienaardige werkwoord.

Groete,
Reinhard/Ron

================================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list