LL-L "Orthography" 2004.07.05 (08) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Mon Jul 5 22:43:28 UTC 2004


======================================================================
L O W L A N D S - L * 05.JUL.2004 (08) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or lowlands-l at lowlands-l.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Orthography

Mark, almal,

Ek het geskryf:

>  Mark (hierbo):
>
> > Wil u aub hieroor uitbrei, Ron? Mynsinsiens het elke konsonant
noodwendig
'n
> > "default" schwa: dit moet mos uitgespreek word, nê? Die Hebreuse alfabet
> is
> > baie afhanklik daarvan, maar is dit nie beter, in letterrgrepige
verband,
> om
> > selfs die schwa by te voeg?
>
> Ja, dit glo ek dikwels ook, Mark, ook wat _-en_ en _-er_ betref.
>
> Dis belangwekkend, dat ons in Nedersassies <-el>, <-en> en <-er> skryf
maar
> dit nooit met 'n klinker uitspreek nie.  (<-en> is 'n lettergrepige [n],
[m]
> of [N]/[ng], wat van die voorafgaande konsonant afhank. <-er> en <-r> is
'n
> lettergreep met r-kleur -- "non-rhotic".)
>
> Ek weet nie of hierdie <-el>, <-en> en <-er> in Middelsassies mit schwa
word
> uitgespreek nie, of of hierdie spellings aan invloed van Duitse en
Hollandse
> spellings te wyte is.  Maar vir die huidige dialekte neem ek fonemies
> lettergrepig /-l/, /-n/ en /-r/ aan.

Hier is nog 'n paar oorweginge met betrekking tot die vra, of die
agtervoegsels _-el_, _-en_ en
_-er_ 'n klinkerfoneem het of nie.

In die geval van _-el_ sou ons sê, dat dit fonemies /-l/ (sonder
klinkerfoneem) is, omdat dit skynbaar in geen Laaglandse variëteit met 'n
klinker uitgespreek word.  In die gevalle van _-en_ en _-er_ is ek met
betrekking tot die Nederfrankiese variëteite (Afrikaans inbegrepe) nie so
seker nie.

(1) _-en_
Die meeste Nederfrankiese variëteite (Hollands, Vlaams, Seelands, Afrikaans
en die Nederfrankiese dialekte van Duitsland) spreek dit _-en_ soos _-e_
(schwa [@]) geskryf uit, en in Afrikaans skryf 'n mens dit ook _-e_.  Maar
teoreties kan dit 'n sekondêr-ontwikkeling wees: /-n/ > [@n] = _-en_ > [@] >
_-e_.  In die veroostelike Nedersassiese dialekte (van die gebiedee, wat
teenswordig in Noordpole en Russies Kaliningrad is) is dit ook die geval.
(Die meeste daarvan is al uitgesterf, maar die Mennonietiese dialekte
("Plautdietsch") bestaan nog buite daardie gebiede, en hulle s'n spelling is
ook _-e_ soos in Afrikaans.)

(2) _-er_
Die meeste Nederfrankiese variëteite (Hollands, Vlaams, Seelands, Afrikaans
en die Nederfrankiese dialekte van Duitsland) is "rhoties" (d.w.s. julle
spreek _-r_ aan die einde van 'n lettergreep uit), en daarom moet tussen die
_-r_ en 'n voorafgaande medeklinker 'n schwa uitgespreek word.  Of hierdie
schwa fonemies (d.w.s. onderlêend) of epenteties (d.w.s. reëlmatig ingevoeg)
is ... hmm ... Hoe kan ons dit uitvind?

Groete,
Reinhard/Ron

================================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list