LL-L "Resources" 2005.01.10 (05) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Mon Jan 10 20:52:09 UTC 2005


======================================================================
L O W L A N D S - L * 10.JAN.2005 (05) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or
   lowlands-l at lowlands-l.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request. To
unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message text
from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or sign off at
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian S=Scots
Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: "Elsie Zinsser" <ezinsser at simpross.co.za>
Subject: Volksmusiek deur Marthie Nel [Resources]

Dag almal,

Hier is 'n verwysing met gawe Afrikaanse liedjies.
Die FAK is die 'Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge'.

Hartlike groete,
Elsie Zinsser

 -----Original Message-----
From:         Johann Lochner [mailto:lochner at sun.ac.za]
Sent:        07 Jan 2005 18:32
To:        Ons Blêrkas
Subject:        [ob] Volksmusiek deur Marthie Nel

Geagte leser,

Ek het met Kersfees Marthie Nel se CD met vertolkings van bekende
Afrikaanse volksliedjies ontvang en kan dit aanbeveel vir elkeen wat
smag na meer as die begeleiding en woorde wat tans by "Ons Blêrkas"
beskikbaar is.  Die boodskap hieronder beskryf haar projek, en gee haar
kontakbesonderhede en webadres.  Mooiwense vir 2005.
Groete, Johann.

---------------------------------------------------------------------
Uiteindelik! Die lang wag is oor! Dis 'n splinternuwe Cd bedoel vir
kinders van alle ouderdomme! 68 liedjies uit die FAK (68 minute) waarvan
die laaste 14 slaapliedjies is. Dis eenvoudig en sonder fieterjasies met
stem en klavier en jy kan maklik van liedjie tot liedjie spring omdat
daar geen medleys is waardeur jy moet worstel nie. Dit maak dit maklik
om die treffer van die week oor en oor te speel totdat almal dit onder
die knie het om saam te sing!
My seuntjie Jean (3jr) se gunsteling is "Eendjies stap in 'n ry" en Die
stoute eseltjie wat die oompie van sy rug afgooi oppad stad toe:
"That's a cool song, Mamma!".
Hierdie Cd is opgedra aan Ouma Marthie wat my op haar skoot al die ou
liedjies geleer het...en ek weer so graag al die liedjies en woorde sou
wou onthou. Die FAK is so 'n vet boek om nader te sleep. Nou is dit
maklik om oppad kleuterskool toe weer die liedjies lekker saam te kan
sing. Ander treffers op die Cd is "Veels geluk liewe maatjie", "Oom
Bossie van die Bosveld" "Suikerbossie"; "Pinkaninie wiegeliedjie" en een
van my eie slaapliedjies...
"Slaap nou kindjie draai jou toe in drome, roep die maan hy bring sy
sterre saam Luister hoe die wind jou aan die slaap sus, hoor hoe klop
Klaas Vakie aan jou deur Luister na die woorde wat jou Mamma vir jou
sing:
Tula kindjie slaap nou
Doedoe saggies liefkind
Droomland wag..."

Baie groete
Marthie Nel
A South African woman in Saskatchewan ...living the Canadian dream.
Canada
Fax & Tel : (604) 466 1724
marthienel at marthienel.com
http://www.marthienel.com

Unit nr.10
23100 129th Avenue
Maple Ridge
British Columbia
V2X 0M5

Liedjielys
1. Aai aai die witborskraai
2. Aanstap rooies
3. Afrikaners is plesierig
4. Al die eksamens is nou klaar
5. Al le die berge nog so blou
6. Bobbejaan klim die berg
7. Bokkie
8. By Coetzenburg loop 'n waterstroom
9. Daar kom die wa
10. Daar kom tant Alie
11. Dansliedjie
12. Die Alibama
13. Die apie sit en droom
14. Die blinkvosperd
15. Dis heerlike Lente
16. Dis julle wat die wind laat waai
17. Dis te ver om te ry
18. Een aand op 'n kattebazaar
19. Ek soek na my Dina
20. Eseltjie ry
21. Hansie slim
22. Hier's ek weer
23. Hoedjies van papier
24. Hy lyk vir my so baie na tant Koek se hoenderhaan
25. Jan Pierewiet
26. Kaapse draai
27. Kierie kierie
28. Kolperd
29. Kom patertjie
30. Lekker verjaar
31. Mamma ek wil 'n man hê
32. Mars van die eende
33. Met 'n mandjie rose
34. My hartjie, my liefie
35. Die donkie is 'n wonderlike ding
36. Die liewe Martatjie
37. Oom Bossie van die Bosveld
38. Ou tante Koba
39. Perdjie
40. Pollie ons gaan Pêrel toe
41. Saai die waatlemoen
42. Sarie Marais
43. Sing jy van blomme
44. So ry die trein
45. Suikerbossie
46. Tant Hessie se witperd
47. Vader Jakob
48. Vanaand gaan die volkies koring sny
49. Varkie
50. Vat jou goed en trek
51. Veels geluk liewe maatjie
52. Ver in die wêreld Kittie
53. Wielie walie
54. Zoem, zoem, zoem
55. Afrikaanse wiegeliedjie
56. Bootjie na Kammaland
57. Doedoe baba doedoe
58. Feëklokkies
59. Hulle sê daar's 'n man in die maan
60. Liewe maan
61. Oe-hoe
62. Pikaninie wiegeliedjie
63. Siembamba
64. Slaap kindjie slaap
65. Slaap nou my prinsie
66. Slaapliedjie
67. Stil stil stil
68. Wiegelied

================================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")
  are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list