LL-L "Language politics" 2005.07.06 (01) [A/E]

Lowlands-L lowlands-l at LOWLANDS-L.NET
Wed Jul 6 17:17:47 UTC 2005


======================================================================
L O W L A N D S - L * 06.JUL.2005 (01) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or
lowlands-l at lowlands-l.net Server Manual:
http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeeuws)
=======================================================================

From: "Elsie Zinsser" <ezinsser at simpross.co.za>
Subject: Language and Politics

Hi all,

The article quoted below refers to a recent court decision that an
Afrikaans primary school has the right to choose its medium of teaching.

Regards,
Elsie Zinsser

***

02/07/2005 17:11 - (SA)
Tim du Plessis: Die 'nuwe' Mbeki en Afrikaans

Die struggle om die behoud van Afrikaanse skole het die afgelope week 'n
belangrike veldslag gewen met die appèlhof se klinkende uitspraak ten
gunste van skole se reg om hul taalbeleid te bepaal.

Maar gaan die oorlog gewen word? En asseblief, die woorde "veldslag" en
"oorlog" word metafories ingespan en is nie bedoel om konflik te stook
nie.

Een kenner sê die beslissing dat die Wes-Kaapse onderwysdepartement die
Laerskool Mikro in Kuilsrivier nie kan dwing om 21 Engelssprekende
leerlinge in Engels te leer nie het "eens en vir altyd regsekerheid" oor
skole se taalbeleid gebring.

Kan so wees. Mnr. Cameron Dugmore, die Wes-Kaapse onderwysminister wat
deur die appèlhof met die kous oor die kop huis toe gestuur is, lyk
egter lus om sy saak na die konstitusionele hof toe te vat. Howe is
onvoorspelbaar en 'n ander uitspraak daar is nie onmoontlik nie.

Magsbehepte politici, waarvan die ANC dig bevolk is, hou nie daarvan as
die howe hul heerssugtigheid dwarsboom nie. Dugmore en die nasionale
onderwysministerie kan ook hul mag om wette en regulasies uit te vaardig
gebruik om die appèlhof-uitspraak te omseil. Maar hulle gaan nie dié
terugslag op die kinnebak vat nie, dis vir seker.

Kyk hoe subtiel probeer Dugmore (én sy premier, vir wie dié koerant
nogal waardering het) die feite op die grond oor die Laerskool
Mikro-kwessie verander. Nee, sê hulle, die saak het nooit oor taal
gegaan nie. Dit gaan oor toegang tot onderwys en geen-diskriminasie.

Se voet. Dit gáán oor taal en 'n Afrikaanse skool met 'n oorweldigende
meerderheid Afrikaanse kinders se reg om 'n enkelmedium- Afrikaanse
skool te bly. Die appèlhof sê ook so.

Dit is nietemin nodig om te vra hoeveel daardie regsekerheid wat die
uitspraak gebring het op die duur werd is.

Die ANC se politieke oormag is só groot en sy fiksasies oor die verlede
só sterk dat regsekerheid nie genoeg kan wees om hom te stuit as hy eers
'n ding in sy kop het nie.

Daarom behoort die doel eerder te wees om politieke sekerheid te bekom
oor Afrikaanse skole se reg om net in Afrikaans klas te gee.

Bly weg uit die hof, het die ou mense altyd gesê. Al gaan elke saak
altyd na een of ander kant toe, stap die meeste partye uit die howe as
verloorders.

Behoort die howe 'n struggle-perseel vir Afrikaans te wees gegewe die
huidige magsbalanse in die land? Verkieslik nie.

Politieke hofsake jaag onvermydelik die temperatuur op, terwyl sover dit
Afrikaanse skole aangaan presies die teenoorgestelde moet gebeur. Die
koppe moet afkoel en die harte moet warm word.

Die opsies om politieke sekerheid vir die voortbestaan van Afrikaanse
skole te kry, is bowendien nog ver van uitgeput. Veral ná pres. Thabo
Mbeki se opmerkings oor Afrikaans die afgelope Donderdag op die ANC se
hoofraadsvergadering in Pretoria. Die ANC het Afrikaans nie gehanteer
"in ooreenstemming met die visie in die Vryheidsmanifes nie", het hy
gesê.

Dis nogal veelseggend. Veral ook omdat die president reken die aandrang
op Afrikaans se regte het reeds "ontaard" in 'n "protesbeweging". Is dit
regtig só sterk?

Daar is gewis toenemende ontevredenheid oor Afrikaanse skole en ander
kwessies wat, as hulle eenkant laat lê word, 'n ding kan word wat
sosiale kohesie aftakel en maatskaplike kapitaal verkwis.

Dit lyk ook nie of die tyd nou ryp is om in te spring en die yster
spreekwoordelik te smee terwyl dit nog warm is nie. Die Jacob Zuma-drama
en die wyse waarop dit afloop op die ANC se hoofraadsvergadering is besig
om die politieke dinamiek in Suid-Afrika te verander. Daardie
proses is nog nie klaar nie.

Wat twee weke gelede in dié ruimte geskryf is (en so ewe uitgelag is
deur ambassadeur Jannie Momberg!), het toe geblyk nie heeltemal verkeerd
te wees nie. Die ANC en Mbeki hét hul betowering vir mekaar verloor.

Sy magsbasis vir die oorblywende deel van sy termyn sal die Grondwet
wees en nie die ANC nie.

Enige inisiatief om die voortbestaan van Afrikaanse skole te beveilig -
en sodoende werk te maak van die president se waarneming dat die
regering Afrikaans nie kragtens die visie van die Vryheidsmanifes
gehanteer het nie - sal binne dié nuwe raamwerk gevoer moet word. Met
ander woorde, met Mbeki die staatshoof eerder as Mbeki die hoofleier van
die ANC.

En hóé dit gedoen moet word, is tans nog onduidelik. Dit kan wees dat
Mbeki in die volgende paar maande só moet konsentreer om stabiel te bly
in die regeersaal dat Afrikaanse kwessies kwalik vir hom 'n prioriteit
kan wees.

Maar hy kan ook reken dat aangesien hy nou 'n grondwetlike president
eerder as 'n politieke president is, hy die ruimte het om iets te doen
vir Afrikaans.

Die najaag van inklusiwiteit, die handhawing van diversiteit en die
strewe na nasionale eenheid is immers pligte wat die Grondwet aan hom
oplê.

Buitendien kan hy doen met 'n paar nuwe vriende . . .

================================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list