LL-L "Language contacts" 2005.06.22 (02) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Wed Jun 22 15:03:39 UTC 2005


======================================================================
L O W L A N D S - L * 22.JUN.2005 (02) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or lowlands-l at lowlands-l.net
Commands ("signoff lowlands-l" etc.): listserv at listserv.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West) Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: Ingmar Elsie Zinsser <ezinsser at masked.za>
Subject: LL-L

Haai Ron en almal,

Dankie vir die bronne oor kliekklanke. Ek verstaan dat Sotho ook
twee kliekklanke het.

San, Nama en Khoi kliekklanke verg taamlike tong en lipvermo?ns om
te kan mimiek. Stel jou voor jy smak jou lippe terwyl jy 'n stroom vokale
uitbring en af en toe nog jou tong teen jou verhemelte of tandwortel
moet druk!

>My navraag: Kan baie Afrikaans- en Engels-sprekers in Suid-Afrika die
kliekklanke uitspreek?

Ja, dis 'n kwessie van luister en mimiek.

>Leer nou baie van hulle Xhosa en/of Zoeloe?

Nou? Alle wit ho?rskool leerlinge was verplig om ?n swart taal te leer
sedert
die laat tagtigerjare. My dogters het beide Sotho geneem.

Terwyl dit in die stad ?n nuwigheid vir Afrikaans- en Engelssprekendes was,
het Afrikaanse plattelanders nog altyd inheemse swart tale gepraat.
Plaaskinders het eers Zoeloe/Xhosa/Sotho met hul swart speelmaats geleer
praat voordat hulle Engels in die skool gaan leer het!

Afrikaanse ho?rskole op veral die platteland het 'swart' inheemse tale
aangebied
wat baie jongmense dan ook gekies het omdat dit vir hulle makliker was om te
leer,
as byvoorbeeld Duits.

As student kon ek baie gou uitvind waar my wit medestudente skoolgegaan het:
Zoeloepraters was uit Natal, Sothopraters was van die Vrystaat, en
Hereropraters
was uit Namibi?!

Toonaangewende vertalers van die Bybel in byvoorbeeld Herero, was dan ook
mense
soos Dr. Jan Spies en ander.

Ek verstaan dat Engelssprekendes oor die algemeen minder graag enige ander
taal as
hul eie aanleer en mense soos Johnny Clegg (aka Le blanc Zulu) is deel van
?n minderheid.

> Hoe spreek hulle "Xhosa" uit?

Dit sou afhang van 'n individu se vaardigheid. Party s? / 'koza /.
Self spreek ek die woord uit as: !'khoza.
Dus geaspireerde alveol?re tongkliek + lang o soos in 'morning' +
stemhebbende z (soos in 'Sonne')
+ kort a.

Groete,
Elsie Zinsser

----------

From: Liza du Plooy <lizaduplooy at mas.ked>
Subject: LL-L

Hallo Laaglanders

Ron het gevra of die meeste Engels en Afrikaans sprekende
Suid-Afrikaners die clicks in Zulu en Xhosa kan uitspreek, en ook watse
soort click
die ene in die woord "Xhosa" is.

Ek sou sy eintelik woorde hierso gehad het maar vir een of ander
duistere rede wil my rekenaar my nie toelaat om te copy & paste nie.

Die kliek in "Xhosa" is die laterale een. Ek het laas semester 'n
phonetics klas geneem en die professor was vreeslik ingenome met homself dat
hy die kliek kon doen. Ek was die enigste student in die klas wat die
klieks kon maak.

Meeste Suid-Afrikaners wat ek ken kan ten minste een of twee van die
drie klieks wat algemeen in Suid-Afrikaanse tale voorkom maak. (Dis die
alveolar click, die lateral click en die dental click.) Die dentale
kliek is nooit 'n probleem nie aangesien ons Germaans-taliges dit gebruik
om irritasie aan te dui.  Ek ken, aan die ander kant, nogal heelwat
Suid-Afrikanders wat nie Xhosa met die kliek uitspreek nie, maar wat net 'n
[k] voortbring. Persoonlik dink ek dis nie dat hulle nie die kliek kan
maak nie, dis net dat niemand nog ooit vir hulle gesê het dat jy dit
met die kant van jou tong moet doen nie, en as jy in area bly waar daar
nie eintlik Xhosa-sprekendes is nie sal jy ook nie 'n voorbeeld hê van
hoe dit nou eintlik moet uitgespreek word nie.

Groete
Liza du Plooy

==============================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list