LL-L "Etymology" 2007.06.05 (05) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Tue Jun 5 18:41:56 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  05 June 2007 - Volume 05

=========================================================================

From: Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (03) [A]

Haai almal,

Dankie Petrus. Ek sien in Pama se Afrikaanse Familienaamboek dat die eerste
Odendaal (ene Wilhelm) van Odenthal naby Keulen gekom het. Jou verwysing na
Wodin is sekerlik moontlik.

Ja, inderdaad kom bil van die 'boud' gedeelte (soos aangedui in M. de
Villiers se Nederlands en Afrikaans) wat in 'tonge' gesny word. Volgens
Raidt is die woord al deur Johanna Duminy in 1795 en Lichstenstein in 1811
in gebruik.

Groete,

Elsie Zinsser

From: "ppvaneeden at orange.nl " <ppvaneeden at orange.nl>
Subject: LL-L "Traditions" 2007.06.05 (01) [A/E]

Die Afrikaanse woord biltong (gedroogd vlees) kom van boudtong. Die vleis
vir biltong word vir die grootste gedeelte uit die boude van beeste/rundere
gesny. Daar word in werklikheid tonge van vleis gesny. By bil en boud kan jy
die ontwikkeling vergelyk van kil en koud, silt en sout, wil en wou, ens.
----------

From: Marcel Bas <roepstem at hotmail.com>
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (03) [A]

Hallo Petrus! Goed om weer van jou te lees nadat ons ontmoet het.

Dankie vir jou interessante idee betreffende bil vs. boud, silt vs. sout en
kil vs. koud. Dit is 'n heeltemal nuwe benadering van 'biltong'.

Jy het ook gewonder:

Wie kan my help? 'n Aantal woorde wat ons vandag gebruik is onder andere
afgelei van die name van Gode. Ek lees onlangs dat die woord eden (dus tuin
van Eden) afgelei is van (W)odin.

Ek wonder wie dit nou bedink het. Die wisseling van Wodan  na n woord sonder
_w_ is 'n Skandinaviese innovasie. Vergelyk _woordeboek_ vs. _ordabok_ en
_worm_ vs. _ormr_ ('wurm'). Die uitlos van die 'w' is dus 'n baie onlangser
ontwikkeling as die ontstaan van die Mosa"iese woord Eden. Ek dink
die Noormanne het toentertyd nog nie eers geweet dat Moses bestaan het
nie. Dit algemene (en aannemeliker) idee is dat Wodan (die aanwesigheid van
die_w_ is etimologies oorpronkliker as die afwesigheid daarvan) afgelei is
van dieselfde woord wat tot die Nl en Af. woorde 'woede' gelei het. Woede
was 'n geestelike staat wat nie slegs vir boosheid gestaan het nie, maar ook
vir 'besieling' of, soos die Grieke dit so mooi se 'en-thousiasme', dus die
god wat in jou vaar; wat in jou siel inkruip. Die Indo-Europese
godsdienstige stelsels het dan ook digters dikwels gelykgestel aan
priesters. Hulle het albei begin dig of oreer, nadat hulle deur 'n god of 'n
gees besete was. (die Vates, die Skalde, die Druides, ens.)

Ek wil verder vermoed dat die agternaam Odendaal (pleknaam Odendaalsrus in
Suid-Afrika) ook afgelei is van hierdie God.

Slegs indien Odendaal 'n Skandinaviese van is. Die verdwyning van 'n _w_ in
die anlaut is 'n uitsonderlike verskynsel in ons tale. Is Odendaal dalk 'n
Deense van?

Waar kom die woord 'gooi' vandaan (ook as pleknaam, Gooi en Vechtstreek,
Gooiland en Het Gooi)? In navolging van rode en rooi, lade en laai, rade en
raai, kade en kaai……….. wil 'n mens vermoed dat Gode 'gooi' geword het. Maar
'Gode' en 'goeie' kom van dieselfde stam, byvoorbeeld: good bye (God be with
ye) en good luck (God = good).

'Het Gooi' beteken 'die land'. Dis eintlik dieselfde woord as Nl. 'gouw',
wat ' provinsie'  beteken. In Fries kry jy  'gea', wat jy ook in plekname
soos Wolvega, Oudega en St Nicolaasga vind. Di'e woord word egter slegs in
die Gotiese en in die Wes-germaanse tale gevind. Party mense kry nou magtige
idees, en probeer dit met die Griekse 'Gaia'  verbind. Maar die Griekse _g_
korrespondeer met die Germaanse _k_, dus dit is 'n mooi voorbeeld van 'n
toevallige gelykenis.

Terloops kom  die woorde 'luk' en 'luck' (in Engels) nie van die Germaanse
God Loki nie? Ek wil dit vermoed! Hierdie God was erg wispelturig.

Miskien! Party mense het die naam met 'vuur' _logi_ probeer verbind. Jan de
Vries, wat die tamaaie Oud-Noorse Etimologiese woordeboek saamgestel het,
weet ook nie die antwoord nie. ' Lukken', 'geluk' en die Duitse 'Glueck'  is
uitsluitlik Wes-Germaanse woorde, want die Noorse woord 'lykka' en die
Engelse 'luck' is leenwoorde. "luck" word selfs slegs vanaf die 15de eeu
aangetref.

Groetnis,

Marcel.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070605/0fb66a2d/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list