LL-L "Etymology" 2007.06.05 (07) [A/E]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Tue Jun 5 22:47:03 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  05 June 2007 - Volume 07

=========================================================================

From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (03) [A]

Beste Petrus

Onderwerp: LL-L "Gode"

Help wil ek seer graag, maar het jy dit eintlik nodig?

Tog wil ek met u verskil in verskeie opsigte. Om mee te begin, los maar Eden
uit die lys uit. Die Hebreeus  is Ayin, Daleth, Nun; ADAN: en beteken
plesier of vreugte, die geaardheid van Gan Adan, soos ons dit noem, Eden.
Woedan is heeltemaal 'n ander ketel vis. Die woord is gewortel in 'n taal
wie se koppelinge met Germaans bra vaag is. Die einste ongeleerde, ekke, kan
uit my kop uit aan net twee woorde in gemeen tussen Germaans en Semeties
aanhaal, 'Sjesj' en 'Ses', Sjewa' en 'Sewe'. Die woord 'Pered' vir 'Muil' so
naby aan 'Perd' is maar 'n toevalligheid van tale, een van talle. Daar is
tog 'n beperkte hoeveelheid klanke en kombinasies daarvan tot die beskikking
van al die tale ter Wereld.

Kom ons kyk na Woedan, die As, heer van die gode. Hy is die god van die
storm en van die slagveld, en sy naam oorleef in ons Afrikaans uitdrukking
'woede'. Ek self is gereeld woedend. Wat van Freyer die Wan, god van liefde
en manlike vrugbaarheid? Wie van ons het nie kennis uit ons kinderjare uit
van 'n hond met hierdie naam, en hoekom? En dink net daaraan dat meestemmige
- mmm - volwassenes ook al te gewillig is om te vry. Wat van die godin van
vrugbaarheid, Frugge? Die god van weerlig en manlike sterkte, 'Doner'. Het
jy ooit ofte immer die versoeking weerstaan om 'n skepsel wat ernstig
daarvoor soek op te donder?

Jou koppeling van eed met Odin val my nie by nie, want die Ou-Noorse taal se
geneiging om die voorsemikonsonant soms uit te los is redelik jonk in
taalverband, en die konsep 'eed' - (ath) teen daardie tyd eeue lank
gevestig.  Ou Noors opgevolg met Ou Engels en Afrikaans: Ord - wierd - word
(en woord). Ar - gear - jaar: Odin - Woden - Woedan (en woede) ens.

Hoe ookal stem ek hier met jou saam, dat die familienaam hier, 'Odendaal' is
in oorsprong Ou Noors, en beteken 'Woedan se deel', dws opoffering of
opdragting.

Maar 'goed' en 'god' glo ek is wel in oorsprong die einste konsep gewees -
in Indo-Germaans. Mynsinsiens is die gebruik van 'mensvormige
verpersoonliking' (anthropomorphic personification) die kern van alle gode
en godinne onder die Germaanse volkere. Die selfde geskied nie met alle
volkere nie, uiteraard nie met bv die Egiptenare nie. Maar ons? Selfs vandag
het ons almal die neiging om watookal ons pla of anders op 'n mooi wyse
emosioneel inspan ietwat te verpersoonlik, nie waar nie?

In die dae van ons heidene oorsprong is daar vir seker niks om die
geaardheid te keer nie, en dit het seker 'n mate van tyd gevat, oftewel
enkele geslagte lank, om die wese van die gees te skei, en siedaar, die
heidendom!

Hier is vir jou 'n lekker speletjie, en dit is darem eenvoudig en maklik in
ons Afrikaans - stel ver jou 'n lys op van die eeueoue 'groot abstrakte',
Liefde, Frugbaarheid, Geslependheid ens, en gaan soek Germaanse godere en
godinne om hiermee te vereenselwig. Volg op met 'n lys van die Germaanse
godere, verkieslik in ons taalverband Ingwaroons of te minste Wes
Neder-Frankies, en gaan soek Afrikaanse woorde wat voor die hand liggend
verwant is. Jy sal baie kry.

Ons meester in die verband, ek glo, is Ron. Hy sal die sweep laat klap as
ons te vindingryk optree.

Groete,
Mark

----------

From: Marcel Bas <roepstem at hotmail.com>
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (05) [E/LS]

Hallo Johnny,

Haha! Very funny. Good imagination. But: dit was nie ek nie! It was Mark
Dreyer who mentioned the specks (or _specs_ if you will), but I can imagine
that his and my mentioning of Moses has confused you.

No, I'd rather focus on the unblemished red heifer in Numbers 19 that will
be brought to Temple Mountain. In Afrikaans 'red heifer' would be 'rooi
vers', and a 'vers' could also mean 'verse', so there you see an connection
with the predestination of these two words for a young bovine and a verse
which, in turn, consists of words.
And this brings us back to the Brahmans, of whom Abraham was not allowed to
be a member. After all, Sanskrit speaking people named this Semitic visitor
a-Brahman (so "non-Brahman").

I know, I'm being very facetious.

Groetnis,

Marcel.

----------

From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.05 (05) [E/LS]

 Dear Jonny

Subject: LL-L "History"

With apologies to Marcel & to you, that is MY quote! But carry on; you have
made this string your own.

> By the way, isn't Moses reputed to have HAD black cattle with red specks?

This is what Chambers Etymological English Dictionary says:
Speck, n. a spot, a blemish. vt - to spot (A.S. specca: Low Ger. spaak).
Speckle, n. a little speck or spot in anything different in substanceor
colour from the thing itself. vt - to mark with speckles.

I myself have looked for something around 'spek', Afrikaans for bacon &
'speek', Afrikaans for spoke, as in those of a wheel. I certainly wouldn't
have looked for anything indicating trading centres or market towns.

As far as ideas are concerned at the moment I'd rather light up my candle by
you.

And actually, that wayward herdsman of Laban in the Bible, y'know, the one
he fobbed off his ugly daughter on, Jacob was his name, he had the first
speckled cattle & small-stock in history, the conniver!

Yrs,
Mark

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Etymology

Mark:

> Ons meester in die verband, ek glo, is Ron. Hy sal die sweep laat klap as
ons te vindingryk optree.

Og, Mark, moenie so bang wees nie!  Die Kahoena en ek is redelik vriendelike
en verdraagsame genote. Ons laat die kinders speel (so lank as niemand word
beseer) terwyl ons in die hangmatte lê en klappermelk opslurp. Ons gebruik
geen swepe nie maar sagtere en effektiewere, amper onmerkbare taktieke.

Groete, ook van die Kahoena!

Reinhard/Ron
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070605/1b1cc8ec/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list