LL-L "Resources" 2008.02.06 (03) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Wed Feb 6 16:28:14 UTC 2008


=========================================================================
L O W L A N D S - L  -  06 February 2008 - Volume 03
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page.
=========================================================================

From: Maria Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: LL-L Afrikaans Bible for the Deaf

Haai almal,

Die Afrikaanse Bybel vir Dowes is onlangs vertaal en op 4
Februarie beskikbaar gestel.
Die volgende artikel kom uit die Volksblad:

*Malani Venter
STELLENBOSCH. – Die eerste Afrikaanse Bybel vir dowes is gister op 'n
spesiale geleentheid op Worcester aan die Afrikaanssprekende dowe gemeenskap
in Suid-Afrika oorhandig.

Die vertaling is veral bedoel vir doofgeborenes en mense wat Gebaretaal
gebruik. Die rede hiervoor is dat doofgeborenes spesifieke taal- en
leesbehoeftes het. Soos Gebaretaal moeilik is vir horendes om te verstaan,
is gewone skryftaal moeilik vir dowes om te verstaan.

Die bekendstelling het ook saamgeval met die begin van 'n feesjaar om die
75ste bestaansjaar van die Bybel in Afrikaans te herdenk.

"Dit was roerend om te sien hoe opgewonde mense raak om iets te ontvang wat
hulle verstaan," het me. Mims Turley, kommunikasiehoof van die
Bybelgenootskap, gesê.
"Dit is vir ons 'n voorreg om in hierdie baie spesiale jaar die Bybel vir
hierdie groep Afrikaanssprekendes meer toeganklik te maak," het ds. Gerrit
Kritzinger, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap in Suid-Afrika, luidens
'n verklaring gesê.
Die taalgebruik van dié Bybel is eenvoudiger en daar is sover moontlik van
dowes se beperkte woordeskat gebruik gemaak. Waar dit onmoontlik was om
moeilike woorde of begrippe wat in die grondtekste voorkom, te vervang,
word  dit  onderaan die bladsy in 'n voetnota verduidelik. Die Bybel beslaan
2 038 bladsye en bevat 17 869 voetnote.
Illustrasies om begrippe verder oor te dra, word ook gebruik. Altesaam 74
illustrasies, waarvan sommige deur 'n dowe kunstenaar, Karen le Roux,
voorberei is, kom in die Bybel voor.
Prof. J.P. Oberholzer, voorsitter van die vertalingskomitee wat vir dié
vertaling verantwoordelik was, was die prediker by dié geleentheid wat in
die NG gemeente Worcester-De la Bat gehou is. Die vertalers was proff. Bart
Oberholzer, Bernhard Combrink, Hermie van Zyl, Francois Tolmie, Christo van
der Merwe en dr. Rocco Hough. Mej. Elmine Roux, 'n voormalige onderwyseres
vir dowes, was die taaladviseur. Die Bybel vir Dowes is beskikbaar by alle
toonaangewende boekwinkels teen R54 of kan regstreeks van die
Bybelgenootskap by 0861-242-542 bestel word.*

**

Meer inligting kan gekry word by:
Federation for the Deaf - 27 11 482 1610
http://www.biblesociety.co.za/
http://www.bybel.co.za

Groete,
Elsie Zinsser
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20080206/9095f833/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list