LL-L "Language politics" 2008.02.12 (01) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Tue Feb 12 15:15:12 UTC 2008


=========================================================================
L O W L A N D S - L  - 12 February 2008 - Volume 01
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page.
=========================================================================

From: Maria Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: L-L "News"

Haai almal,

Die onderstaande berig het gister in Die Beeld verskyn.

Groete,
Elsie Zinsser

*Minister kap na regering oor Afrikaans*
Leopold Scholtz

Brussel. – 'n Nederlandse adjunk-minister het 'n lansie vir Afrikaans by die
Suid-Afrikaanse regering gebreek in woorde wat implisiete kritiek bevat.
Mnr. Frans Timmermans, die Nederlandse adjunkminister van buitelandse sake,
was verlede week op 'n besoek van drie dae aan Suid-Afrika. Hy het onder
meer 'n tentoonstelling van Marlene Dumas se werk in Johannesburg geopen.
Luidens 'n verklaring van die Nederlandse departement van buitelandse sake
het Timmermans ook 'n gesprek met dr. Pallo Jordan, Suid-Afrikaanse minister
van kuns en kultuur, gevoer.
Hy het toe gesê Nederland meen Afrikaans se posisie in Suid-Afrika moet
verbeter word.
Hy het gesê daar moet weggekom word van die assosiëring van Afrikaans met
apartheid. "In Suid-Afrika het daar, ná 'n pynlike geskiedenis, versoening
plaasgevind, en die assosiasie van Afrikaans met politiek en onderdrukking
moet verbreek word".
"Die taal behoort nie aan die apartheidsregime nie, maar aan verskillende
bevolkingsgroepe. Afrikaans se rol as lingua franca van die Nederlanders,
die Vlaminge, die Namibiërs en die Suid-Afrikaners is te min bekend."
Jordan en Timmermans het luidens die verklaring ook ooreengekom om op
verskeie ander kulturele terreine saam te werk.
Nederland het aangebied om te help met die bestryding van die onwettige
handel in Afrika-kunswerke, die opleiding van museumkurators, die
digitalisering van die VOC-argiewe en onderwaterargeologie.
Timmermans het ook samesprekings gevoer met mnr. Aziz Pahad, adjunkminister
van buitelandse sake, oor die energievraagstuk.
Hulle het afgespreek dat die twee lande sal saamwerk op die gebied van
windenergie, waar Nederland reeds baie ondervinding opgedoen het.
Timmermans se woorde oor Afrikaans teenoor Jordan is merkwaardig.
Dit is die eerste keer dat 'n Nederlandse regeringslid die Suid-Afrikaanse
regering aanspreek met woorde wat daarop sinspeel dat laasgenoemde te min
vir die taal doen.
Sedert die jare 70, toe die betrekkinge tussen Nederland en die ou
Suid-Afrika begin versleg het, het agtereenvolgende Nederlandse regerings so
ver moontlik weg van Afrikaans gestaan.
En ná 1994 was kritiek op die ANC-regering, selfs by implikasie, ondenkbaar.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20080212/711e4540/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list