LL-L "Traditions" 2008.11.01 (05) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sat Nov 1 17:31:21 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 01 November 2008 - Volume 05
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language maintenance" 2008.10.30 (02) [A/D]

Beste Jacqueline



Onderwerp: LL-L "Tradiesies"



Sinds Sy Edele die Groot Kahoena sy laksman Ron met 'n lange sweep laat
uitvaar het teen onderwerpskommelaars, moes ek angsgedwonge, beste Jacquie
en Elsie, my brief in onderwerpe opdeel - Nnnnnnnnnnnn!



Aag Jacqueline: Onthou net daar het in die omgang van die 17de Eeu 'n
bitsige geloofstryd in die Noordweste van Europa plaasgevind, nê?



Sedertdien is in ons Protestantse geledere betreklik alles toonaangewend van
of bygeloof of die Papisme met murg verwerp. Daar in die Noorde het
julle wortels in die geslagtelange geheuenis behoue gehad, maar hier in die
Suide vertoef daar inteendeel maar 'n man en 'n vrou en hulle kinders saam
in 'n bra skrale skare van die selfde ouderdom. Kersvees, Paastyd en die
Wederopstanding is gelyks Kerkaangeleenthede, saam met die gemeente en
binnekerks gevier, heel solemneel. Halloween, Sint Herklaas, Paasfees, niks
daarvan is in die gemeenskap as geheel *uit eie bronne* of behoue of
gevier. En hier kom Disneyland, en Hollywood! Santa Claus, Halloween, 'The
Easter Bunny' 'the Tooth-fairy' en 'the Stork' - walglik.



Ek wil nie die wanopvatting skep dat ons voorgeslag in die land 'n
bedroewege spul skepsels sonder pret die Lewe deur gevaar het nie, in
teendeel. Maar ons kermisse, ons nagmaalbyeenkomste, ons vendusies, opsit,
troue, dope en selfs begrafnisse, moes die nodige gees van samesyn en
geselligheid dra, en hulle het. Lees maar uit die boeke van buitelandse
besoekers, hoe kon die plaasboer darem opskop!



Ek sou so graag 'n koppeling handhaaf tussen ons en die eeueoue gebruike en
tradisies van selfs ongekerstene Noordwes Europa, onskatbaar verryk deur die
Kerk wat was, maar hoe, sonder om die vermelde kommersiële instellings wat
my so omkrap die kop te gee?



Die Uwe, Elsie en Jacquie,

Mark
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081101/9bc4fb07/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list