LL-L "Language maintenance" 2008.11.01 (04) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sat Nov 1 17:28:34 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 01 November 2008 - Volume 04
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language maintenance" 2008.10.30 (02) [A/D]

Beste Jacqueline (en Elsie):


Onderwerp: LL-L "Language maintenance"



Laat ek eerstens om verskoning vra dat ek die gesprek intree, maar ek vind
dit heel prikkelend.



Ek het die einste verslag gelees, Elsie, en dit het my ernstig omgekrap, nê,
en toe bedink ek my: Ek hou hoegenaamd niks van Akademiese Afrikaans nie!
Dit verbaas my geensins, Jacquie, dat u daarmee sukkel. Wat my betref kan
dit met alle gemak in die duisternis heen. My niggie Gillian, half-Iers,
half Skots met 'n Afrikaner man, is 'n vertaler in die hoëgeregshof, en in
haar eie tyd doen sy vertaal- en redaksiewerk in en tussen Engels en
Afrikaans. 'n Groot deel van haar inskomste 'melk' sy uit die ontleding van
'Akademiese Afrikaans' in AB Afrikaans, en sy haat dit. Die hoof-sondaars is
na-graadse studente met hulle tesis in die die Administrasie- of
Bestuur-kunde (Ha!). Uit die Letterkunde kom daar nie vir haar werk nie,
maar dis te verwagte. Mynsinsiens is daar wel 'n nypende nood vir
tersiëre-vlak studie in die Letterkunde, en hier moet dit in die betrokke
taal geskied, hetsy Afrikaans of Hongaars, waarookal in die Wêreld dit
bestudeer word, Finland of die Fillipyne.



Ja, laat Engels die tegniese en wetenskaplike taal van die 21ste Eeu wees.
Hier is 'n hond van 'n taal, 'n ware brak, en dit sal nie seer maak nie - en
tog: Ek hou van 'n brak. 'n Mens kan Engels net so ergelik martel. Ek het
sulke strond gelees. Nog iets, wat my in my inneste laat warm voel oor
Afrikaas is dat *egte* tegniese taal, *ware* wetenskaplike terminologie, kan
mens sonder moeite in enigeiets tussen motorwektuigkunde en
radiosterrekunde, wiskunde en plantekunde sonder moeite handhaaf. Hulle wat
die Taal daartoe gestel het, en hulle werk, God laat dit tog nie vergete
nie!



Die Uwe, Elsie en Jacquie,

Mark
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081101/ab763394/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list