LL-L "Language varieties" 2008.11.02 (03) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun Nov 2 17:41:08 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 01 November 2008 - Volume 03
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language varieties" 2008.11.01 (08) [A]

Elsie,

Jy skryf asof Afrikaans plotseling uit 17de eeuse Nederlands ontstaan het.
Maar die saak was eintlik meer kompleks. Tussen die 17de en die vroeë
20steeeu was daar nog 'n taaleenheid tussen die Afrikaners,
Nederlanders en
Vlaminge. Vroeg in die 20ste eeu het die Afrikaners besluit om van
Nederlands te skei. Die Afrikaners het toe begin om veelvuldige "verskille"
te ontdek tussen "Afrikaans" en "Nederlands". Tussen die 17de eeu en die
vroeë 20ste eeu het Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge mekaar op die
gebied van taal gevoed. Jy sal byvoorbeeld vandag nog talle Afrikaanse
woorde vind in die Nederlandse woordeboeke. Die rede waarom ons Afrikaners
van Nederlands wou gaan skei was nie die groot verskille in die "tale" nie.

Vroeg in die 20ste was in talle lande pogings gewees om die omgangstaal te
standaardiseer. Hierdie taalbewegings het almal misluk, maar ons Afrikaanse
taalbeweging het geluk. In hierdie taalbewegings was voorkeur gegee aan taal
as simbool (nasionalisme). Die elite in hierdie lande waar
afskeidingsbewegings gevoer was, was egter gekant teen die invoering van 'n
nuwe taalstandaard. Die elite in hierdie lande was meer geïnteresseerd in
taal as instrument.
Tussen die 17de en die vroeë 20ste eeu was Nederlands die kultuurtaal van
die Afrikaner. In alle Nuwe Wêreldlande het nuwe omgangsvariëteite tot stand
gekom. Suid-Afrika was geen uitsondering met sy Kaaps-Hollands nie.
Die taalskeiding met Nederlands het vir ons 'n hoop ellende gebring. Gaan
kyk maar 'n bietjie in 'n boekwinkel in Suid-Afrika en kyk hoeveel
Afrikaanse boeke daar lê (byna alles Engels). Gaan kyk oor 'n bietjie in die
Vlaamse en Nederlandse boekwinkels en kyk bietjie wat daar lê (byna alles
Nederlands). Hierdie Nederlandse boeke sou vandag in Suid-Afrika in ons
boekwinkels gepryk het, soos dit die geval was nog vroeg in die 20ste eeu.
Maar dan moes ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.
Bekyk my argumentasie op www.afrikaans.nu

Prettige naweek verder!

Petrus van Eeden
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081102/c1f87f91/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list