LL-L "Language politics" 2008.11.02 (04) [A/D]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun Nov 2 21:29:06 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 01 November 2008 - Volume 04
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: Luc Hellinckx <luc.hellinckx at gmail.com>
Subject: LL-L "Language varieties"

Beste Petrus,



Je schreef:

Vroeg in die 20ste was in talle lande pogings gewees om die omgangstaal te
standaardiseer. Hierdie taalbewegings het almal misluk, maar ons Afrikaanse
taalbeweging het geluk. In hierdie taalbewegings was voorkeur gegee aan taal
as simbool (nasionalisme). Die elite in hierdie lande waar
afskeidingsbewegings gevoer was, was egter gekant teen die invoering van 'n
nuwe taalstandaard. Die elite in hierdie lande was meer geïnteresseerd in
taal as instrument.
Tussen die 17de en die vroeë 20ste eeu was Nederlands die kultuurtaal van
die Afrikaner. In alle Nuwe Wêreldlande het nuwe omgangsvariëteite tot stand
gekom. Suid-Afrika was geen uitsondering met sy Kaaps-Hollands nie.
Die taalskeiding met Nederlands het vir ons 'n hoop ellende gebring. Gaan
kyk maar 'n bietjie in 'n boekwinkel in Suid-Afrika en kyk hoeveel
Afrikaanse boeke daar lê (byna alles Engels). Gaan kyk oor 'n bietjie in die
Vlaamse en Nederlandse boekwinkels en kyk bietjie wat daar lê (byna alles
Nederlands). Hierdie Nederlandse boeke sou vandag in Suid-Afrika in ons
boekwinkels gepryk het, soos dit die geval was nog vroeg in die 20ste eeu.
Maar dan moes ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.

Ik ken de taalsituatie in Zuid-Afrika niet zo goed, maar ik denk wel dat je
gelijk hebt dat de scheiding cultureel gesproken niet zo'n goed idee was.
"Eendracht maakt macht" is trouwens ook de nationale wapenspreuk van
België.

Het lijkt wel: hoe globaler mensen zich gedragen, hoe meer men wil
splitsen...weird *s*.



Hartelijke groeten,



Luc Hellinckx


----------

From: Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.02 (03) [A]

Haai julle,

Petrus, hopelik het jy bronne op jou werf aangedui om jou teorie te
onderskraag.

Daar was nou wragtig net te veel armoede en brood en botter issues vir die
gewone Afrikaner om haarself/homself met 'n Nederlandse kultuurtaal te
vereenselwig. Ekonomiese nood het gedwing dat Afrikaans as offisiële taal
naas Engels in 1925 bevestig is, en die 1933 vertaling van die Bybel in
Afrikaans is ook nie 'n Nederlandse kultuurdrif nie.

Ek glo daar was verskeie geleerdes soos die Pannevisse, later Du Toits en
Van Wyk Louw's wat Afrikaans as Europese taal eerder as Afrika taal beskou
het. Sekere uitgangspunte bevorder altyd spesifieke agenda's.

Die Nasionale Party het (as deel van hul strategie) die Afrikaner kunsmatig
in die Nederlandse taal en kultuur vormdrag ingeforseer, en so is dinge soos
"Afrikaner volkspele" uit Europa ingebring om 'n politiese agenda kunsmatige
te bevorder.

Ek vind geen Afrikaans woorde in my Nederlandse woordeboeke nie maar net
dieselfde woorde wat ook in die OED vookom.

Dalk moet jy spesifiseer waar in SA jy na Afrikaanse boeke gaan soek. Hier
in Alberton is dit alles Engels by die CNA maar in Pretoria, Bloemfontein en
Calvinia is dit Afrikaanse boeke.

Die hoeveelheid boeke op rakke het ook niks met die stand van die taal te
doen nie, maar met doodgewone "supply and demand" kwessies. Met die massas
Afrikaner uittog na Australië en Kanada, is dit net gewoon dom om boeke te
bemark waar niemand gaan koop nie. Soek op die web en dis 'n ander storie.


Die meerderheid Afrikaanssprekendes het geen konneksie met Nederland nie en
sal dit nooit hê nie.

Groete,

Elsie Zinsser

From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language varieties" 2008.11.01 (08) [A]

Elsie,

Jy skryf asof Afrikaans plotseling uit 17de eeuse Nederlands ontstaan het.
Maar die saak was eintlik meer kompleks. Tussen die 17de en die vroeë
20steeeu was daar nog 'n taaleenheid tussen die Afrikaners,
Nederlanders en
Vlaminge. Vroeg in die 20ste eeu het die Afrikaners besluit om van
Nederlands te skei. Die Afrikaners het toe begin om veelvuldige "verskille"
te ontdek tussen "Afrikaans" en "Nederlands". Tussen die 17de eeu en die
vroeë 20ste eeu het Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge mekaar op die
gebied van taal gevoed. Jy sal byvoorbeeld vandag nog talle Afrikaanse
woorde vind in die Nederlandse woordeboeke. Die rede waarom ons Afrikaners
van Nederlands wou gaan skei was nie die groot verskille in die "tale" nie.

Vroeg in die 20ste was in talle lande pogings gewees om die omgangstaal te
standaardiseer. Hierdie taalbewegings het almal misluk, maar ons Afrikaanse
taalbeweging het geluk. In hierdie taalbewegings was voorkeur gegee aan taal
as simbool (nasionalisme). Die elite in hierdie lande waar
afskeidingsbewegings gevoer was, was egter gekant teen die invoering van 'n
nuwe taalstandaard. Die elite in hierdie lande was meer geïnteresseerd in
taal as instrument.
Tussen die 17de en die vroeë 20ste eeu was Nederlands die kultuurtaal van
die Afrikaner. In alle Nuwe Wêreldlande het nuwe omgangsvariëteite tot stand
gekom. Suid-Afrika was geen uitsondering met sy Kaaps-Hollands nie.
Die taalskeiding met Nederlands het vir ons 'n hoop ellende gebring. Gaan
kyk maar 'n bietjie in 'n boekwinkel in Suid-Afrika en kyk hoeveel
Afrikaanse boeke daar lê (byna alles Engels). Gaan kyk oor 'n bietjie in die
Vlaamse en Nederlandse boekwinkels en kyk bietjie wat daar lê (byna alles
Nederlands). Hierdie Nederlandse boeke sou vandag in Suid-Afrika in ons
boekwinkels gepryk het, soos dit die geval was nog vroeg in die 20ste eeu.
Maar dan moes ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.
Bekyk my argumentasie op www.afrikaans.nu

Prettige naweek verder!
Petrus van Eeden
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081102/b11b9ce7/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list