LL-L "Language politics" 2008.11.03 (07) [A/D/E]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Mon Nov 3 20:33:19 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 03 November 2008 - Volume 07
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.02 (04) [A/D]

Elsie,

Klein taaltjies sterf eerste uit. Hulle staan voor in die ry. Die groot tale
staan stewig en veilig agter in die ry. Afrikaans is 'n voorbeeld van 'n
klein taaltjie. Toe Nederlands nog ons kultuurtaal was, was ons lid van 'n
groot klub. Ons het ons taal en kultuurvoeding uit die Dietse lande ontvang.
Ons het toe veilig agter in die ry gestaan.

Klein taaltjies het 'n groot probleem. Omdat die taaltjie sy sprekers nie
kultureel volledig kan voed nie, verlaat die sprekers hierdie klein taaltjie
nog vinniger. Hierdie taaltjie sink des te sneller. Afrikaans het nie alleen
weinig boeke nie. Hy het ook weinig musiek, tydskrifte, films, TV programme,
rekenaarprogramme ens. Die sprekers van Afrikaans verlaat die taal, omdat hy
weinig bied. Ons taalnood in Suid-Afrika is vir 'n groot stuk te wyte aan
die feit dat ons Nederlands se hand gelos het. Ons het ons prestige
taalvariëteit laat val. Hierdie deftige Nederlandse taal was tussen die 17de
en vroeë 20ste eeu so deel van die Afrikaner soos boerewors en biltong.

Jy skryf dat ons Afrikaners geen band het met Nederland nie en dit ook nooit
sal hê nie. Hierdie soort van krete word geuit deur taalpartikulariste. Jy
hoor hulle in Quebec, Brasilië, Noorweë (Nynorsk), Luxemburg, Vlaandere,
ens. Die Quebeccers wat taalskeiding met Frans voorstaan sien ook geen band
met die Franse in Europa nie. Die Brasiliaanse taalpartikulariste wil ook
niks met Portugal te doen hê nie. Die Vlaamse partikulariste sien geen band
met Nederland nie. Die taalpartikulariste wil graag skei. Die geskoolde
elite in hierdie lande wil weer die oorkoepelende taal- en kultuurbande
behou. Die Vlaamse elite sien byvoorbeeld geen heil in 'n taalskeiding met
Nederlands nie. Terloops die teenstanders van die Vlaamse
taalpartikularisme, wys  Afrikaans aan as voorbeeld. Kijk maar wat is er met
het Afrikaans gebeurd! Met het Vlaams als aparte cultuurtaal zullen we
(Vlamingen) dezelfde weg bewandelen! NIET DOEN DUS!!!!

Taalpartikularisme is op sy allerbeste 'n baie slegte idee. Daar was aan die
begin van die 20ste eeu, baie Amerikaners wat taalskeiding met Engeland
bepleit het. Gelukkig vir Engels het ook hierdie hele beweging misluk! Lees
'n bietjie die gesaghebbende boek(e) van H.L. Mencken met die titel: *The
American Language* oor hierdie Amerikaanse taalbeweging.

Groete,

Petrus van Eeden

----------

From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.02 (04) [A/D]

Luc,

Je heb gelijk. Taalparticularisme heeft ons geen heil gebracht. Je kunt
alles op mijn website lezen www.afrikaans.nu Met het Afrikaans als onze
cultuurtaal zitten we vandaag met onoverkomelijke problemen. Het Afrikaans
verdwijnt!

Het Nederlands was tussen de 17de en vroeg 20ste eeuw onze cultuurtaal. We
hebben het ook zo ver mogelijk gekoesterd. We waren bereid een Grote Trek
aan te pakken en ook waren we bereid een Anglo-Boerenoorlog te ondernemen
met als doel, de verdediging van onze Nederlandse taal en cultuur. We hebben
zelfs een taalmonument te ere van het Nederlands opgericht. Terloops de
enige taalmonument ter ere van het Nederlands in de wereld staat in
Zuid-Afrika. Zie de foto's op mijn site. Met het Afrikaans valt er weinig te
verdedigen. Prof L Schlemmer wijst erop dat de Afrikaners weinig voelen voor
hun taal en cultuur. Zie hierbij een bericht uit Beeld
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2412395,00.html

Hartelijke groetjes,

Petrus van Eeden

----------


From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Language politics



Petrus, ek glo ik verstaan jou beredenering, en ek waardeer jou aktivisme.

Maar, Petrus, laat ons aanneem dat Afrikaans offisieël 'n groep van
Nederlandse dialekte word ... Hoe kan jy verhinder dat dit as 'n amper
merkwaardige aanhangsel, as 'n kleine, eksotiese curiosumpie binne
Nederlands verdwyn, veral indien die status van Afrikaans in Afrika nog
verder verswak word? ...

Ondanks sy Nederlandse afkoms en voortdurend Nederlands invloede is
Afrikaans uniek aangepas aan die lewe en die kultuur van die suidelike
Afrika. ... Ek glo dat geen nie-Europies Engels dialekgroep tenoor Brits
Standaard-Engels met Afrikaans tenoor Nederlands kan vergelyk word nie. Maar
jy kan Afrikaans tenoor Nederlands met sommige kreooltale van Engels afkoms
tenoor Standaard-Engels vergelyk, bv. Hawaiese en Wes-Indiese kreooltale.
Engelssprekene mense kan hulle binne seker konteks meer of minder verstaan.
Dis die tale van bepaalde etnologiese en kulturele groepe en word as
bepaalde tale beskou, ondanks hul relatiewe nabyheid aan Standaard-Engels.

Nog 'n vergelyk met Afrikaans tenoor Nederlands mag Ladino (Joods Spaans)
tenoor Standaard-Spaans wees. Ladino lyk soos argaies Spaans (Kastiliaans)
en is van 'n Spaans standpunt dikwels redelik maklik om te verstaan, tensy
dat 'n mens oor (Joods) godsdiens, oor filosofie of oor die lewe in
Noord-Afrika, Griekeland, Turkye, Serwië, Nederland, Noord-Duitsland, Israel
ens. praat of skryf.

'n Mens kan dit dalk ook met die Indonesiese kreooltaal Petjo (Pecok) tenoor
Nederlands vergelyk.

"Klein taaltjies sterf eerste uit" sryf jy ... Dus laat ons hulle as
dialekte van groter, sterker tale demoveer? Dis 'n eienaardige uitgangspunt,
juis die uitgangsput wat ons in Europa teenswoordig van wegkom wil. Daar het
al baie "klein" taaltjies uitgesterf omdat hulle geen beskerming as
offisieël onafhanklik tale het nie.

Groete,
Reinhard/Ron,
die duiwel sy advokaat
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081103/a58aa868/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list