LL-L "Language politics" 2008.11.11 (03) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Wed Nov 12 00:44:35 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 11 November 2008 - Volume 03
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.09 (04) [A/E]

Beste Ron,

Tussen die 17de en die vroeg 20ste eeu was Nederlands die kultuurtaal van
die Afrikaner. Sy omgangstaal was Kaaps-Hollands. Maar dit is ook nie 'n
volledige prentjie nie. In werklikheid was daar meerdere omgangstale aan die
Kaap in omloop, wat verwant was aan Nederlands. Die kleurlinge het
byvoorbeeld lank 'n eiesoortige variëteit gebruik, later bekend as Kaapse
Afrikaans. Maar hierdie unieke variëteit verdwyn tans. Die Kleurlinge stap
oor op Standaardafrikaans en ook oor op Engels. Natuurlik het Nederlands 'n
groot invloed gehad op die ander omgangsvariëteite in Suid-Afrika. Vandag
het Engels hierdie groot invloed op alle taalvariëteite in Suid-Afrika. Ek
gee enkele voorbeelde van die invloed van Engels op Afrikaans, waaruit blyk
dat Afrikaans aan 'eie unieke kenmerke' inboet.



Werkers is afgelê (Afr)

Workers were laid off (Eng)

Personeel is afgedank (Ned)



Sit die ligte af (Afr)

Put the lights off (Eng)

Doe de lichten uit (Ned)



Dit maak nie saak nie (Afr)

It does not matter (Eng)

Het maakt niet uit (Ned)


Afrikaans het as taal eintlik pas ontstaan toe daar standaarde vir die taal
opgestel was. Vanaf daardie tydstip was Afrikaans 'n ''unieke
taal''. Daarvoor was daar geen eenvormige Afrikaans gepraat nie, want
Afrikaans was 'n Nederlandse dialek. Ondersoekers dui aan dat 'n eeu gelede
baie Afrikaners 'n omgangstaal gebruik het wat as tussen die huidige
Afrikaans en Nederlands bestempel kan word.

Dialek beter as Standaardtaal? Standaardtaal beter as die dialek? Dis nie so
eenvoudig nie. In baie taalgemeenskappe kom diglossie voor. In hierdie
taalgemeenskappe word diglossie as normaal beskou. Vir die Vlaming impliseer
die begrip 'moedertaal' in werklikheid die aktiewe beheersing van twee
taalvariëteite. Die Vlaamse dialek word behou, maar Nederlands word nie aan
die kant geskuif nie. Dit sal 'n baie groot fout wees as die Vlaming dit wel
doen – iets wat die Afrikaners gedoen het. In Luxemburg gebruik byna die
hele bevolking Luxemburgs as omgangstaal, maar Standdaardduits en Frans as
kultuurtale. Dit sal 'n fout wees as die Luxemburgers hulle taal as enigste
amptelike taal wil verhef en Duits en Frans daarmee vervang. Dieselfde
toestand van diglossie ken ons ook in Switserland. Die Switsers dink nie
daaroor na om Standaardduits te vervang met 'n eie Switserse taal nie.

In bogenoemde voorbeelde leef die dialekte en die standaardtaal in 'n
harmonieuse verhouding. Dit is wel so dat die dialek op termyn veel van sy
taaleie eienskappe verloor ten gunste van die Standaardaal. Maar
taalskeiding of taalpartkularisme is die domste weg om die 'taalprobleem' op
te los. Jy deel 'n taal immers daardeur op in twee of meer stukke. Die
stukke is dan swakker as die geheel. In Vlaandere het 'n nuwe Nederlandse
substandaard tot stand gekom. Dit is 'n eiesoortige Vlaamse Nederlands.
Sommige Vlaamse taalgoed word juis behou en ander word uit die Nederlandse
kultuurtaal oorgeneem. Vlaams het 'n eie unieke karakter, maar hy hou
Nederlands se hand vas. Dit is slim!

Om dialekte te verhef tot kultuurtale het geen sien nie, behalwe as die nuwe
kultuurtaal sy harmonieuse verhouding met die ou verwante kultuurtaal
handhaaf. Luxemburgs is byvoorbeeld 'n amptelike taal in Luxemburg. Maar
Luxemburgs handhaaf 'n harmonieuse verhouding met Duits. In Luxemburg vervul
Luxemburgs die funksie van 'n dialek en Duits die funksie van kultuurtaal.
Fries is ook 'n amptelik taal in Friesland maar die harmonieuse verhouding
met Nederlands word gehandhaaf. In Friesland vervul Fries die funksie van 'n
dialek en Nederlands die funksie van die kultuurtaal.

Afrikaans kan dus in simbiose met  Nederlands lewe, desnoods as 'n
substandaard van Nederlands. Afrikaans sal 'n deel van sy eiesoortigheid
inboet, maar hy sal sterker staan omdat hy deel vorm van die groter
Nederlandse taalfamilie. Nou staan Afrikaans geïsoleerd en hy is klein!
Onthou dat Kaapse Afrikaans (Kleuling-Afrikaans) vir 'n groot deel sy
'eie-karakter' al verloor het, omdat sy sprekers oorskakel op
Standaardafrikaans. Tog het Kaapse Afrikaans en Standaardafrikaans hierdeur
sterker geword (en juis nie swakker nie). Afrikaans sal sterker word deur
nouer bande met Nederlands te smee, maar dit sal ook Nederlands versterk!

Groetjes,

Petrus van Eeden

----------



From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Language politics

Beste Petrus,

Baie dankie vir jou interessant uitleg, en dankie ook vir jou geduld.

Ek probeer om jou mening onbevooroordeeld te beskou, maar die duiwel se
advokaat wil nog 'n bietjie gaan speel en dans.

Ja, ek is besef om die ontwikkeling van Afrikaans en weet dat 'n eeu gelede
baie "Afrikaners" 'n omgangstaal gebruik het wat as tussen die huidige
Afrikaans en Nederlands beskou kan word. Maar dat is geskiedenis. 'n Mens
kan die horlosie nie terug draai nie. Dit maak nie saak wat die oorsake is;
intussen het "ons" 'n taal mit se eie grammatikaal sisteem en
standaarddialek, 'n suster-taal van Nederlands wat nie meer in die skadu en
onder die mag van sy ouer suster leef, 'n taal waar enigiets kan word
uitgedruk,
nie alleen sake oor tuis, tuin, familie, boereplaas en parochiaal-kultuur
nie (wat die tipiese beperkings van dialekte is). Ek glo nie dat daar
wetenskaplik publikasies en doktoraal dissertasie in Vlaams of Brabants is
nie. Maar daar is wetenskaplik publikasies en doktoraal dissertasie in
Afrikaans -- en in die toekoms mag jy daardie tipe van werke ook in Limburgs
en Laagsaksies sien, omdat hulle nou offisieël herken tale is.

Ek bly oortuig dat tale meer beskerming as dialekte het, indien 'n taal
(selfs 'n "klein" taaltjie) offisieël herken is. Dialekte word feitlik nooit
in formeel opvoeding en in "ernstig" diskoers gebruik nie. Grense tussen
standaard-dialek en ander dialekte is gewoonlik beweegliker en
veranderliker, en nie-standaard-dialekte mag gerediliker verdwyn te danke
aan die invloede van formeel opvoeding en die media met die tiepiese oorhand
van die standaard-dialek.

Ek kan my voorstel dat die meeste mense in Nederland en België die mening
verkies dat Afrikaans is 'n Nederlands dialek is. Maar wat dink die meeste
"Afrikaners"? Dit is die belangrikere vraag.

Luxemburgs word ook in die media gebruik. Dis die nasionaaltaal en een van
drie offisieël tale van Luxembourg. Alhoewel dit as 'n Duits dialek beskou
sou word het dit die status van taal en dit word offisieël nie ondergeskik
onder Duits of Fraans nie. In werklikheid mag baie mense steeds in sekere
konteks Duits of Fraans verkies. (Snobisme? Duits en/of Fraans indoktrinasie
dat Luxembourg nie 'n kultuurtaal kan wees?) Maar Luxemburgs het ten minste
die toestemming, die potensiaal om in die toekoms in almal konteks op die
selfde of 'n hoër vlak te wees. As 'n dialek sou dit hierdie toestemming en
hierdie potensiaal nie hê nie.

Groete,
Reinhard/Ron

P.S.: Ek hou heeltemal nie van die hiërargies gebasseer Europies konsep
"kultuurtaal" nie.  :-( Almal tale is gebasseer op kulture.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081111/a05e6134/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list