LL-L "Language politics" 2008.11.15 (04) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun Nov 16 19:58:57 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 16 November 2008 - Volume 04
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.15 (02) [A/E]

Haai julle,

Dankie, Petrus, vir die aanhalings.

Mens moet nie regstegniese gebruike in wette (woordomskrywings, sinonieme,
betekenisse, definisies) met die bestaan van 'n gebruikstaal in 'n land
verwar nie.

Daar sou na Afrikaans in wette ná 1925 en ook in party wette ná 1961
logieserwys as 'Hollands' verwys word, omdat dit die taal is waarin die
oorspronklike korps wette verskyn het, en dus het begrippe dieselfde betekenis
soos wat dit in die oorspronklike wet in Hollands (of Engels) sou gehad het.


Dit beteken nie dat dit die taal is wat die mense gepraat het nie, slegs die
taal wat die staat sê die mense praat.

Kyk ook: http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/1989/03/04/10/3.html

Dis wel so dat oningeligte Afrikaanssprekendes voor 1930 gemeen het hul taal
is eintlik 'n verwronge Hollands en dat hul Bybel eintlik die korrekte taal
weergee, en daarom die teenkanting van ouer mense om die Bybel in Afrikaans
vertaal te sien.

Ek het dieselfde by party Kanadese Mennoniete waargeneem wat hul Laaglandse
taal as die verwronge beskou, en die Hoogduits van hul Bybels as die
'korrekte' taal wat God gebruik.

Groete,

Elsie Zinsser


 Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.14 (02) [A/E]

Beste Elsie,

Nee, my inligting is nie erg foutief nie. Hieronder is die uittreksel van
die wet.

Ja, daar is na Afrikaners verwys as Duusman, Duutsman, Dutch, Dutchman. Dit
lyk my normaal. Die Nederlandse volkslied vermeld ook die Duitse bloed van
die Nederlanders.

Prettige naweek verder!

Petrus van Eeden

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Op 8 Mei 1925 is in 'n gesamentlike sitting van die Volksraad en die Senaat,
die wet op de Officiële Talen van de Unie eenparig aangeneem. Wet nommer 9
van 1925 het gelees:

"Nademaal er twijfel ontstaan is aangaande de betekenis van het woord
"hollandse" in de Zuid-Afrika Wet, 1909; en nademaal het dienstig is die
twijfel weg te nemen; zij het bepaald door Zijn Majesteit de Koning, de
Senaat en de Volksraad van de Unie van Zuid Afrika als volgt:

1. Het woord "hollandse" in artikel honderd zeven en dertig van de
Zuid-Afrika Wet, 1909, en elders in de Wet waar dat woord voorkomt, word
hierbij verklaard het Afrikaans in te sluiten.

2. Deze Wet kan voor alle doeleinden worden aangehaald als de Wet op de
Officiële Talen van de Unie, 1925, en word geacht van kracht geweest te zijn
vanaf de een en dertigste dag van Mei 1910."

·

Bogenoemde wet was vanaf 1910 regsgeldig. In 1961 kry Suid-Afrika 'n nuwe
grondwet. Wet nommer 32 van 1961 vermeld dat Afrikaans en Engels die
amptelike tale van die land is. In 'n definisie-omskrywing word vermeld dat
Afrikaans ook Hollands is. Die twee artikels uit wet 32 van 1961 lees:

"108. (1) Afrikaans en Engels is die amptelike tale van die Republiek en
word op gelyke voet behandel en besit gelyke regte, vryheid en voorregte."

"119. In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -

"Afrikaans" ook Hollands;....."[1] <http://www.afrikaans.nu/pag2.htm#_ftn1>

Die Engels bewoording van artikel 119 sluit 'n moontlike verwarring uit, van
wat onder 'Hollands' en onder 'Nederlands' verstaan mag word. Dit lees:

"119. In this act, unless the context otherwise indicates-

"Afrikaans" includes Dutch;...."
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081116/68b1758b/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list