LL-L "Language politics" 2008.11.17 (02) [A]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Mon Nov 17 20:24:47 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 17 November 2008 - Volume 02
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: {Spam?} RE: {Spam?} LL-L "Language politics" 2008.11.15 (02) [A/E]

Beste Ron,

My einddoel is eintlik om Afrikaans te probeer red van ondergang. As iemand
van beter metodes weet, dan hoor ek dit graag. Ek wil Afrikaans nie
noodwendig as 'n dialek degradeer nie. Ek toon alleen aan dat dit goed
gegaan het met ons taal toe Afrikaans 'n dialek was en Nederlands ons
kultuurtaal was. Ek is vandag van mening dat nouer bande tussen Nederlands
en Afrikaans gunstig sal wees vir Afrikaans.

Volgens my is die neergang van Afrikaans aan die volgende aspekte te wyte.

1) Die Afrikaner het Nederlands afgeskryf as sy kultuurtaal. 'n Groot
taal (Nederlands) is vervang met 'n kleintjie (Afrikaans). Afrikaans kan die
Afrikaner nie kultureel volledig voed nie. Ons het in Suid-Afrika
byvoorbeeld maar een enkele Afrikaanstalige koerant, weinig musiek, weinig
tydskrifte, weinig boeke en weinig van alles op taal-kulturele gebied.
Ondersoekers dui verder daarop dat sprekers van klein tale, juis dié tale
makliker die rug toekeer.  Die tale wat in die volgende eeu sal uitsterf, is
die klein tale.

2) Taaleilande: Die taaleilande (eentalige gebiede) waar die Afrikaners
hulle vroeër in bevind het, het intussen verdwyn. Met die koms van die
Europeërs na Suid-Afrika het daar duidelike gebiede ontstaan waar hierdie
groepe gaan woon het. Die Afrikaners het groot konsentrasies gevorm in die
Weskaap, Vrystaat, Transvaal en Namibië. Hierdie eentalige gebiede was 50
jaar gelede nog duidelik af te baken, maar is vandag verdwene. Ondersoekers
wys daarop dat 'n taaleiland van kardinale belang is vir die voortbestaan
van 'n taal. Hoe groter die eiland hoe sterker die oorlewingskans van die
taal.

Afrikaans tel miskien nog ongeveer 6 miljoen (???) sprekers teenoor 0.33
miljoen Yslanders. 'n Mens sou kon dink dat Afrikaans sterker staan as
Yslands op die gebied van taal. Dit is nie waar nie. Die Yslanders, Kroate,
Serwiërs woon as homogene volkere in eentalige gebiede. Dit is wat 'n taal
nodig het om te kan oorleef. As 'n mens vandag die Yslanders sou versprei
oor Amerika, is Yslands binne 30 jaar verlede tyd. Ons Afrikaners woon
verspreid oor die hele Suid-Afrika. Afrikaans kan vandag in
Suid-Afrika vergelyk word met die ander Europese tale wat 'n eeu gelede nog
in Amerika bestaan het. Hierdie tale het vir alle praktiese doeleindes in
die Engelse see verdwyn.

3) Mag en status. Afrikaans was voorheen die taal van die regering in die ou
Suid-Afrika. Dit het ongetwyfeld status vir die taal gebring. Die maghebbers
in die nuwe Suid-Afrika praat vandag nie Afrikaans nie, maar Engels. Dit het
'n impak op die taalpersepsie by die res van die bevolking. Afrikaans word
beskou as 'n waardelose taal in die nuwe Suid-Afrika, waar hy voorheen die
magsentrum verteenwoordig het.

4) In die ou Suid-Afrika was Afrikaans beskou as 'n meerderheidstaal. Byna
60% van die blankes het die taal gebruik en byna alle Kleurlinge. Swartmense
het in die ou Suid-Afrika nie werklik meegetel nie. In die nuwe Suid-Afrika
is Afrikaans 'n minderheidstaal (die swartmense tel nou mee). Die blankes
(Afrikaners plus Engelse) tel vandag ongeveer 7.5% van die totale bevolking.
Uit die ander Afrikalande het vanaf 1991 'n paar miljoen swartmense na
Suid-Afrika verhuis (presies hoeveel weet niemand, maar daar is bronne wat 5
miljoen immigrante vermeld). Die swartmense gee voorkeur aan die gebruik van
Engels.

5) Die owerhede van Suid-Afrika en Namibië huldig die standpunt van 'een
land een taal'. Dié taal is Engels. Alle ander tale moet liefs op den duur
verdwyn. Namibië het selfs aktiewe stappe geneem om Afrikaans die land uit
te boender. Die medium van onderrig het Engels geword. Die bestuurstaal het
Engels geword. Alle Afrikaanse boeke is uit die biblioteke gehaal en met
Engelse boeke vervang. In 'n boekwinkel in Namibië is vandag geen Afrikaanse
boeke te koop nie. Afrikaans sal binne die volgende 50 jaar in Namibië
sneuwel.

In Suid-Afrika word Afrikaans deur die owerheid uit die staatsdiens
verdring. Die geregshowe word verengels, ook die universiteite en ook die
skole. Die Afrikaans-Nederlandstalige straatname word vervang. Die
Afrikaans-Nederlandse name van dorpe en stede word vervang.

6) Emigrasie. Vanaf 1991 is daar duisende Afrikaners vermoor. Sedert 1991
het 1,5 miljoen blankes die land al verlaat. Meestal Afrikaners. Hierdie
ontwikkeling het 'n groot invloed op die toekoms van Afrikaans. Sy sprekers
verdwyn.

Wat die punte hierbo betref het ek besluit om aan punt 1 te werk.

Hartelijke groetjes,

Petrus van Eeden
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081117/17e8e252/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list