LL-L "Language history" 2009.07.31 (03) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Fri Jul 31 19:36:28 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 31 July 2009 - Volume 03
lowlands at lowlands-l.net - http://lowlands-l.net/
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================

From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language history" 2009.07.30 (03) [EN]

Beste Ron en Kie.

Onderwerp: LL-L Language History

Afleidende 'n ou stokperdjie van my, het ek 'n prikkelende artikel in die
Beeld van Donderdag 30 Julie 2009 teëgekom:

*KHOI-INVLOED DALK OORDRYF*
*Vlaamse rol in Afrikaans se vorming word straks onderskat*
deur Leopold Scholtz
As ek mag aanhaal.

    "Sedert my koms na Vlaandere anderhalf jaar gelede luister ek met
gespitste ore na die taal. Amptelik word hier Nederlands gepraat, maar met
'n duidelik herkenbare Vlaamse aksent.
    Daarnaas praat die mense in huislike kringe 'n reeks taamlik
uiteenlopende Vlaamse dialekte, wat ook na hul gebruik van die amptelike
Nederlands oorspoel.
    En dis hier, veral betreffende die dialekte in die provinsies Wes- en
Oos Vlaandere, Antwerpen en die westelike helfde van Vlaamse Brabant, dat my
ore soms interresante dinge opvang.
    Dit gaan daarom dat daar opvallende ooreenkomste tussen die westelike
Vlaamse dialekte en Afrikaans is, en waar albei saam van die amptelike
Nederlands afwyk.
     Allereers die uitspraak van klinkers: Die Nederlanders is geneig om
byvoorbeeld - enigsens oordrewe - die woord 'boom' uit te spreek as 'boum',
en 'nee' as 'nei' (Die klinkers word langer gerek). In die westelike Vlaamse
dialekte word dit feitlik presies die selfde as in Afrikaans uitgespreek.
    Maar dis net die begin, want daar is talle ander ooreenkomste. Die
dubbele ontkenning, wat volgens sommige taalgeleerdes in die 17de en/of
18de Eeu uit die Khoi-tale in Afrikaans oorgeneem is, kom ook net so voor in
Vlaams. Die Nederlanders sou byvoorbeeld sê, 'De deur is niet dicht.' Die
westelike Vlaminge, daarinteen, praat so, 'De deur is nie toe nie.'
    In Nederlands praat die mense van 'schoen' (uitgespreek sgoen) of
'school' (sgoul); in Vlaandere van skoen en skool. Klink bekend, nè?
    Noord van die grens sal 'n pa sé, "Mijn zoon rijdt op een paard". Sy
suiderlike buurman sé, "Mijn seun rijdt op een perd." In Nederland praat
hulle van 'kinderen', in Vlaandere van kinders.
    Waar die Nederlanders verwys na 'leger' en 'adem', klink dit in
Vlaandere nader aan 'leër' en 'asem'.
    Op 'n keer het my vrou by die bloemiste iemand hoor sé, "Ik wil van die
mooies hebben." amper soos ons dit in Afrikaans sé.
    En daar is ongetwyveld nog meer sulke voorbeelde; dit maar wat ek in my
notaboekie neergeskryf het.
    Ek is geen taalgeleerde, maar die invloed van Vlaams op die vorming van
Afrikaans is na my beste wete nog nooit ernstig ondersoek nie. As historikus
kan ek 'egter 'n teorie formuleer:
    Interresant genoeg, Die Hervorming van die 16de Eeu het aanvanklik
groter invloed gehad in die huidige Vlaandere as in Nederland gehad. Die
Nederlande, synde 'n konfederasie van outonomiese gebiede, het hulle in 1579
eensydig onafhanklik van Spanje verklaar, maar die Spaanse teenoffensief het
daarvoor gesorg dat die suidelike dele van die konfederasie herower is.
    Maklik 'n derde van die Vlaminge, meestal Protestante, het in die tyd
noordwaards gevlug. Dit was die oorsprong van die politieke en religieuse
skeiding tussen Nederland en België.
    Die meeste van die vlugtelinge het hulle in die gebied Holland, tussen
Amsterdam en Rotterdam, gevestig, en alle Nederlandse taalhistorici
stem saam dat hul taal invloed op die plaaslike Nederlandse dialekte gehad
het. Voeg nou hierby dat Afrikaans volgens geleerdes soos prof. Fritz
Ponelis en wyle prof. Johan Combrink grotendeels op die 17de-Eeuse
Amsterdamse en Noord-Hollandse dialekte berus, en dit word duidelik dat
Vlaams via Amsterdams 'n groot invloed op die vorming van Afrikaans moes
gehad het.
    Dit is uiteraard uiters politiek inkorrek om dit te sé, want deesdae
moet Afrikaans mos grotendeels van Khoi en slawe afkomstig wees. Natuurlik
het die mense beduidende invloed gehad, maar in my onkunde lyk dit vir my of
dit soms oordryf word.
    Wat ook al die geval is, dis lekker om na die Vlaaminge te luister en
Afrikaans in hul taalgebruik, hul woordeskat en hul uitspraak te ontdek. Dis
'n speletjie wat my oneindige plesier verskaf."

Hoor hoor!

Ron, as u dink dis te veel vir maar net een brief, skop dit sommer van LL-L
af. Ek kan dit net so wel aan enkele belangstellendes toerig.

Die Uwe
Mark

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090731/268b635b/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list