LL-L "Grammar" 2009.06.27 (03) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sat Jun 27 20:08:25 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 27 June 2009 - Volume 03
lowlands at lowlands-l.net - http://lowlands-l.net/
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================

From: dealangeam <atdelange at iburst.co.za>
Subject: ?? LL_L "Etymology" [A]

Beste Ron en Laaglanders,

Ron skryf:

>So, *Koft! for ("Bought!" =) "Deal!" seems entirely possible.

>Around the same time gekoft occurs also, which seems to
>indicate that the past participial prefix ge_ was fading away
>in certain northern dialects.

In Afrikaans het 'n baie interessante ontwikkeling plaasgevind.
As kind het ek gehoor hoe ou mense (van Voortrekker afkoms)
'n verhaal begin met "Toe ....". Daarna is die verlede tyd in die
verhaal vervang met die teenwoordige tyd. Die "Toe...." het as
'n tyd merker in die verlede gewerk.

Hier is 'n voorbeeld:
(1) Die verhaal in die verlede tyd.
Ons het die grond gekoop. Daarna het ons 'n huis daarop gebou.
Vervolgens het ons meubels daarin geplaas. Ons het uiteindelik
ingetrek.
     (2) Die verhaal met die "Toe...." merker.
     Toe koop ons die grond. Ons bou 'n huis daarop. Ons plaas
     meubels daarin. Uiteindelik trek ons in.

Voordele
Spaarsamiger woord gebruik
(1) 22 woorde
     (2) 18 woorde
Lewe
(1) Die verlede is dooierig
     (2) Die verlede bly lewendig
Oorsaak en gevolg
(1) Noodsaak voltooide verlede tyd indien nodig om verder
terug te gaan in tyd
     (2) Gebruik bloot die verlede tyd
Struktuur en funksie
(1) Naamwoorde word selde as werkwoorde gebruik en
omgekeerd. Dieselfde geld vir bywoorde van naam- en
werkwoorde.
     (2) Omruiling van naamwoorde en werkwoorde asook
     hulle bywoorde vind veel gemakliker plaas.

Die tyd merker vir die toekoms is "So....".
Met hierdie twee tydmerkers kon altesaam 9 verskillende tye
uitgedruk word deur net drie eenvoudige tye te gebruik:
verlede, hede en toekoms. Hoe kragtig is dit nie!

Hier kom die gatslag. Op laer- en hoërskool is ons verbied om
verhale en verslae te begin met "Toe...." en "So....". Dit was glo
slegte Afrikaans. Vir my was dit so onnodig. Maar ek kon al die
straf uiteindelik nie meer verduur nie. Ek het opgehou om die
twee tydmerkers te gebruik. Dit het deur dwang uitgesterf.
‘n Mens hoor dit nie meer nie, behalwe in die verafgeleë
platteland.

Eers in die 1980's het ek begin vermoed dat Afrikaans 'n
ontluiking ("emergence") was van die 1600's se Hollands en
Nederduits. Die gangbare veronderstelling van taalkundiges was
dat Afrikaans eerder 'n dialek van vereenvoudigde Nederlands
is. Dit is nog steeds so. Maar net so erg is ek meer oortuig dat
Afrikaans eerder 'n ontluiking was.

Ron, jy en ander Laaglanders het soveel ou geskrifte om die
evolusie van die tydmerkers "Toe...." en "So...." te kan nagaan
in al die laaglandse tale. Ek verneem graag met tyd julle
vermoedens, menings en bevindings. Miskien versterk dit my
oortuiging dat Afrikaans 'n ontluiking eerder as 'n kreolisering
was.

Mooi loop

At de Lange
Pretoria

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Grammar

Baie dankie, beste At, vir die interessant beskrywings en die eweseer
interessant gedagtes.

Dit mag intereseer jou dat Nedersaksies* 'n analoog woord het:
*do*(uitspraak: dou). Maar deesdae gebruik baie mense in
Noordduitsland dit nie
meer nie, omdat woorde sonder Duits ekwivalente verdwyn as uitslag van
"verduitsing". In sekere gevalle sê baie mense nou *daar* (of *dor* or *da*)
in plaas van *do*, omdat dit in baie gevalle die ekwivalent van Duits *da*is.

* "Nederduits" bedoel ook 'n taalgroep: Nederfrankies (Nederlands, Afrikaans
ens.) tesaam met Nedersaksies. In hierdie taalkundige konteks is
"Nedersaksies" enigsins presieser.

Groete,
Reinhard/Ron
Seattle, USA

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090627/37e0ca55/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list