LL-L "Etymology" 2009.03.18 (01) [A/E]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Wed Mar 18 14:26:37 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 18 March 2009 - Volume 01
===========================================


From: Paul Finlow-Bates <wolf_thunder51 at yahoo.co.uk>
Subject: LL-L "Etymology" 2009.03.17 (01) [E]

Thanks everyone;



Never thought of the "axle" connection. Amazing how these things all weave
together!



Paul

Derby

England



----------



From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Etymology

Yes, Paul, as I like to remind people once in a while, it seems to boil down
to a small number of root words, in Indo-European alone (not to speak of
earlier, larger connections, which I am pretty sure there are).

By the way, I feel dubious about German *Achsel* as ‘armpit’. I have a
feeling that earlier it denoted the shoulder joint (as probably did its
cognates in other languages). I’m saying this because dialectically it
competes with *Achselhöhle*, thus the “hollow” of the *Achsel*. Also,
there’s the derivative *Achselband* for a strap to hold a sleeveless garment
up from the shoulder (e.g. a spaghetti strap). Does anyone know more about
this?

(By the way, Paul, “axle” > “shoulder joint” seems to be the connection, and
that goes back to **aks-* *” pivot”, apparently to IE **ag-* ‘to pivot’, the
*-s-* nominalizing as in **reg-* ‘to rule’ > **reg-s* > Latin *rex* ‘ruler’,
‘king’; and “axle” is a diminutive form (**ag-s-l*).)

Also, what’s the Low Saxon (of Germany) for the same thing? I can only come
up with *Schuller* (“shoulder”) for the shoulder joint and *ünner’n
Arm*(“under the arm”) or
*Ünnerarm* (“under-arm”) for the armpit (as in English “under-arm
deodorant”).

Cheerio!
Reinhard/Ron
Seattle, USA

----------


From: Henry, J.R. <J.R.Henry at uva.nl>
Subject: LL-L "Etymology" 2009.03.17 (01) [E]



Oksel (Dutch) armpit

Regards,

James Henry, Amsterdam


----------



From: "E Zinsser" <ezinsser at icon.co.za>
Subject: L-L: Etymology


Na aanleiding vn Luc se possie oor die oksel agter die knie, in Afrikaans
noem ons dit die 'waai'.
"Jahja" lyk my ook 'n ekker woord daarvoor!

Afrikaansprekendes se oksel word ook 'kieliebakkie' genoem.

Ek sluit in 'n prettige artikel van Cecile Celliers wat op 11 Maart in Die
Beeld verskyn het.

Groete,
Elsie Zinsser



Beeld-deurloop: Hoeveelste woord moet waai?
Mar 11 2009 06:29:52:427PM  - (SA)


Cecile Cilliers

“Cecile,” sê Lynette Dinsdagoggend, “help ’n bietjie hier. Jy ken mos
Engels.” Ons was oor die naweek by
’n kwekery en die jong Xhosa het ons in Engels bedien. Maar toe hy klaar die
plantjies in die motor gesit
het, vra hy in pront Afrikaans: “Vertel my asseblief, hoe sê mens in Engels:
‘Die hoeveelste president van
Suid-Afrika is Thabo Mbeki?’ ”


Vergeefs het ek in my Afrikaans-Engelse woordeboeke en toe in my baie
Engelse omgewing probeer om ’n antwoord te kry. Die Engelse kon gewoon nie
verstaan wat ek van hulle verwag nie. Om die vraag te verstaan, moet jy
natuurlik kennis van albei tale hê. Hulle kon wel antwoorde voorsien (How
many presidents preceded Thabo Mbeki?), maar dit was omskrywings eerder as
vertalings. Daar bestaan gewoon geen Engelse ekwivalent vir “hoeveelste”
nie. (My voorstel is nie goed ontvang nie: How manyeth?)

In sy navorsing vir ’n BBC-program het ene Adam Jacot de Boinod op ’n
Albanese woordeboek afgekom waarin daar 27 woorde vir wenkbroue opgeteken
was en selfs meer vir ’n snor. So geboei het hy geraak deur die besondere
segwyses van die verskillende tale in die wêreld en hoe kultuur daarin
weerspieël word dat hy in 2005 ’n boek daaroor te voorskyn gebring het: The
meaning of tingo, met as sub-titel: . . . and other extraordinary words from
around the world.

Die woord tingo kom uit ’n taal – kan dit Paskoens wees? – wat op die
Paaseiland gepraat word en wat beteken om dinge een vir een uit ’n vriend se
huis te leen totdat daar eindelik niks oorbly nie.

De Boinod fokus veral op die eienaardighede, die verskille in die tale wat
ons praat en op amusante woorde in die verskillende tale. Afrikaans kom ook
etlike kere in die boek voor – die interessantste voorbeeld is waarskynlik
die woord “waai”, vir die agterkant van die knie, wat glo net in een ander
taal ter wêreld voorkom, in die Australiese Aborigine-Wagiman-taal, waar die
ekwivalent jahja is.

Maar daar word ook vertel van die ooreenkomste: Woorde soos bank, taxi,
sauna en hotel kom in baie tale presies so voor, die moderne lewe met sy
straalvliegtuie en televisie het ’n onvermydelike taalgelykmaking tot
gevolg. De Boinod betreur dié effening, nie net omdat dit tot die uitwissing
van kleiner tale kan lei nie, maar omdat dit die besondere eienheid van tale
bedreig. Hartseer sou dit inderdaad wees, om maar ’n enkele en
na-aan-die-hart-voorbeeld te noem, as “waai” moet verdwyn.

Moenie korrel nie, het my ma altyd gemaan wanneer ons in die verbygaan ’n
korrel of twee van die druiwetros gryp. Vir “korrel” is daar nie ’n woord in
Engels nie, maar ’n fyn gees wat albei tale goed ken, het op ’n kol spottend
gesê: “We will pick the grapes of wrath quarrel by quarrel . . .”

Ek soek nie stry nie; glo dat Afrikaans te lekker in die volksmond lê om
sommer te verdwyn. Hy staan gespierd skouer aan skouer met ander tale – en
selfs die magtige Engels moet nog leer van “hoeveelste”!

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090318/b24569f6/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list