LL-L "Language varieties" 2009.10.14 (02) [AF-EN]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Wed Oct 14 18:17:54 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 14 October 2009 - Volume 02
lowlands at lowlands-l.net - http://lowlands-l.net/
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================

From: dealangeam <atdelange at iburst.co.za>
Subject: LL_L "Language varieties" [A]

Beste Ron,

Jy begin met:
“Maybe we should not assume that the system of a language is simplified
because a language with which it is in contact is "simpler." Perhaps we
should look at the possibility of any significant language contact having at
least the potential of leading to simplification.”
en eindig met
“So maybe something more than language contacts is at play here.”

Uiteindelik begin iemand se gedagtes uit die groef en uiteindelike graf
klim. Om tale met tale te verklaar lei tot inteling wat dodelik kan word.

Wanneer die betekenis (semantiek) van ‘n taal uitdrukking al hoe meer deur
die patrone (syntaksis) daarvan gedra moet word, begin die taal se vormlike
(morfologie) al hoe komplekser word.

Wanneer ‘n mens dae lank ‘n wildernis te voet verken, veral soos ‘n woestyn,
is bagasie nie meer ‘n bate nie, maar ‘n las wat selfs tot die dood kan lei.
‘n Mens leer gou om van die bagasie vroegtydig ontslae te raak.

Wanneer ‘n mens met ‘n ou taal ‘n nuwe kultuur moet uitbeeld, word die
morfologie van die ou taal ook ‘n las. Dit is wys om vroegtydig daarvan
ontslae te raak. Dit het met Afrikaans gebeur, maar die Nederlandisering
daarvan het weer onnodige bagasie opgelaai.

In die wêreld van inligting tegnologie is hierdie bagasie beter bekend as
“fatware”, iets kenmerkend van Macrohard se stelsel. Linux wys ‘n mens mooi
hoe om van hierdie bagasie ontslae te raak.

Ek geniet die huidige onderwerp, maar in die sin van hoe om vetware te
vermy.

Mooi loop
At de Lange

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20091014/00cbca17/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list