LL-L "Language survival" 2010.12.19 (01) [AF-EN]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Mon Dec 20 01:52:50 UTC 2010


=====================================================
L O W L A N D S - L - 19 December 2010 - Volume 01
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================



From: Andy (scots-Online) <andy at scots-online.org>

Subject: Language surviva



Dealangeam wrote:



>When a country has more than two cultures, each with its own language,
these cultures die off one after the other. It seems to be in line with
Darwinian evolution - survival of the fittest.



That is a misrepresentation of Darwinian evolution as an explanation for the
diversity of life forms on the planet. In biological species natural
selection occurs over generations due to changes in the natural environment
in which a species lives. Survival of the fittest does not mean survival of
the strongest or most powerful but survival of those best fitted to cope
with the change in the environment.



Language change in human societies is the result of decisions made by human
beings, there is nothing ‘natural’ or inevitable about any particular
outcome.



Andy Eagle



----------



From: "Felix Hülsey" <felix.huelsey at gmx.de>

Subject: Lowlands-L Resources



Hi all,

I just listened to a fascinating two-part podcast from Australia's ABC about
the Khoi-san in South Africa.

The first part focuses on Elsie Vaalbooi, the last elder to speak fluent
Khomani, and the struggle to preserve that language; the second hour is
about a group of Khoi-san trying to reclaim their ancient land which lies
now in Kalahari Gemsbok National Park.

Here is the link (ABC's podcasts usually do not stay online for too long, so
better download it soon if you are interested)
http://www.abc.net.au/rn/podcast/feeds/er1.xml

The connection with the Lowlands? Well, most of the Khoi-san nowadays speak
Afrikaans, you will hear that in the documentaries.

Enjoy!

Regards
Felix



----------



From: "dealangeam" <atdelange at iburst.co.za>

Subject: LL-L "Language survival" [AF]



Tegnies verarm en vermoor.



Beste Laaglanders



Ek skryf hierdie bydrae in Afrikaans sodat Laaglanders ‘n bietjie oefening
in Afrikaans kan kry. Die bydrae is uitsonderlik lank, maar ek moet die
boodskap duidelik en volledig oordra. Dit wat nou met Afrikaans gebeur, gaan
in die toekoms net so erg met ander Germaanse tale gebeur, behalwe miskien
Yslandies. Engels gaan op ‘n heel ander manier getref word.



Daar was ‘n tyd waarin wetenskaplike artikels vuriglik in Afrikaans geskryf
was. Ek meen dit was van 1950-1975. Onthou dat apartheid die land se beleid
was van 1948-1990. Dit mag dus lyk asof hierdie wetenskaplike artikels in
Afrikaans die gevolg van apartheid was. Dit is pure bog.



Wêreldwye beoordeling deur eweknieë en verwysings na gesag- hebbende
artikels was nie aan die orde van die dag nie. Dit was eerder die hoogtepunt
om bevry te raak van Engelse en Nederlandse taal oorheersing. In 1925 is
Nederlands vervang deur Afrikaans as amptelike taal. Engels was reeds die
amptelike taal na die Brits-Boere (BB) oorlog 1899-1902.



Terwyl ek jonk was, was dit ‘n passie vir meeste onderwysers, dosente en
professore om eg Afrikaanse vaktale uit te bou. Dit was beide in die
natuur-wetenskappe en kultuur-wetenskappe so. Hierdie vaktale het nie net
tot my kop gepraat nie, maar in my hart huis gemaak. Dit was die wonder van
Afrikaans.



Maar van omtrent 1975 het die vuur al hoe kleiner begin brand - 10jaar nadat
ek uit die Nasionale Party bedank het presies om hierdie rede. Dit het my
ontstel. Sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom, is die vuur feitlik
geblus. Nou is ek woedend. Die nuwe grondwet maak vir 11 amptelike tale
voorsiening. Maar die ANC het voorkeur begin gee aan Engels. Dit het
geweldige skade berokken in die meer as 15 kulture in Suid Afrika. Die
onderwys het die meeste skade begin lei. As die beste in Afrika in die
1970's wat skole betref, het dit geval tot een van die swakstes vandag.



Die verwaarlosing en bykans minagting van moedertaal onderwys was volgens my
die grootste kenmerk van hierdie onderwys verval.



Daar is ‘n geloof dat as jy goed Engels kan praat, is jy welkom in enige
land waarin Engels die besighede se taal is. Dit is waar, behalwe as jy nie
goed geleerd is nie. Ons land sou goed doen as 20 miljoen van ons ongeleerde
mense die VSA en Engeland sou kon instroom. Praat van skynheilig.



Meer ernstiger. Spaans in Afrika is bykans onbekend as gevolg van Afrika se
koloniale geskiedenis. Behalwe vir enkele klein Spaanse gemeenskappe en
enkele ander mense wat die kultuur skatte van Spanje (ongelooflik ryk aan
Arabiese invloed) huldig of ontdek het, kan 99% van ons bevolking nie eers
eien wanneer iemand Spaans praat nie. Ek moes 4 jaar lank in ‘n groot stad
soek om iemand te vind wat my kon help om Spaans te praat en nie net te lees
nie. Daarom emigreer mense slegs in hulle honderde van Afrika na Suid en
Sentraal Amerika.



Dieselfde prentjie kan geskep word vir Suid en Oos Asië. ‘n Mens mag dink
dat wêreldwye besigheid tale (“lingua franca”) alleen verantwoordelik is vir
die uitsterf van duisende natuurlike tale die afgelope twee honderd jaar.
Maar dit is nie die geval nie.



My wetenskaplike navorsing die afgelope 42jaar het erg baie met energie en
entropie te doen gehad. Van Leibniz se tyd af vir meer as honderd jaar was
energie “lewende krag” (“vis viva”) genoem. Toe gee Thomas Young in 1807 die
naam “energy” daaraan, afgelei van “en ergos” (in-werk)



Daar sou nie veel daarvan gekom het nie, was dit nie vir die industriële
revolusie (1770-1790) nie. Dit het weef-masjiene, stoom-enjins en potyster
smelters behels. Woorde geskep vir die wetenskap uit Latyn en Grieks (sedert
die 1600's) het tegniese woorde geword en is gebruik deur duisendvoudig meer
mense as net wetenskaplikes. Hulle eie woorde (of wat geskep kon word soos
in Afrikaans), het weg gekwyn. Een van die woorde is energie (“energy”)



Dit is dus nie net geld of politieke mag wat natuurlike tale laat verarm en
uitsterf nie, maar ook tegnologie en wêreldwye wetenskaplike terme vir
aansien en gesag. Hier is ‘n voorbeeld. Ek het in 40 tale gaan kyk wat die
woord vir energie is en wat die woord sou wees vir in-werk (“en ergos”),



(1) lidwoorde is weg gelaat,

(2) diakritiese letters is weggelaat,

(3) hoofletters word as klein letters geskryf,

(4) woord-vir-woord (liniêre) samestelling vir “en ergos”,

(5) tale (soos Arabies) wat van regs na links gelees word, is vermy,

(6) tale wat in pictogramme (soos Sjinees) geskryf word, is vermy.

(7) aanmekaar skryf van “en ergos” as “energy” deur

     Anglo-Saksiese (Germaanse) invloed, mag dalk vreemd

     in baie tale lyk. Daarom die koppelteken - wat dit net suggereer.



TAAL         TERM                BETEKENIS



Afrikaans           energie      in-werk

Albanees            energjisee  nee-punee

Baskies              energia      lan

Belarussies         enierhii      u-pracy

Bulgaars            energiya    v-rabotata



Deens               energi       i-arbejdet

Duits                 energie      in-arbeit

Engels               energy      in-work

Estonies             energia      to-oo

Filippyns            enerhiya    sa-trabaho



Fins                   energia      tyossaa

Frans                 energie      dans-travail

Georgies            energia      samus-haoebi

Grieks (modern) energeias   stin-ergasia

Hindustanies      urja           mem-kama



Hongaars           energia      a-munka

Indonesies         energi       pekerjaan

Iers                   fuinnimh    in-obair

Italiaans            energia      in-lavoro

Kroaties             energije     u-radu



Latvies               energijas   darba

Maleisies            tenaga      pekerjaan

Maltees              energija     fix-xoghol

Masedonies        energija     vo-rabota

Nama                khurib       khaxamab



Nederlands        energie      in-werk

Noorweegs         energi       i-arbeidet

Pools                 energii       w-pracy

Portugees          energia      no-trabalho

Romanies           energie      in-lucru



Russies              energii       v-rabote

Spaans              energía      en-trabajo

Sotho                mafolofolo  ka-dira

Swahilies           nishati       katika-kazi

Sweeds             energi       i-arbetet



Tjeggies            energie      v-praci

Turkies              enerji        ies

Wallies               ynni          yn-gwaith

Yslandies           orku          i-starfi

Zoeloe               amandla    umsebenzi



Van die 40 tale wel gelys, het die woord “energy” as tegniese term net 9
(nagenoeg 25%) nog nie verplaas nie.



As die woord “energy” volgens betekenis vertaal sou word, is daar net een
taal (moderne Grieks) wat iets naastenby aan “energy” sou gee.



Thomas Young is nie die skuldige nie. Hy het probeer bewoord wat hy verstaan
het met Leibniz se definisie vir werk eerder as die naam “vis viva”. Dit is
prysenswaardig. Die naaste daaraan is ‘dit-in-werk’, ‘dit-wat-werk’ of
‘werklik’ (die kortste manier waarin dit op ‘n Germaanse wyse uitgedruk kan
word.)



Dit was reeds sowat 200 jaar voor hom die mode om in die wetenskappe
vakterme te skep met Ou-Latynse en Ou-Griekse woorde. Dit was nie net die
Engelse nie, maar gans Europa. Het wetenskaplikes maar liewers in Ou-Latyn
geskryf soos dit die mode was vir vir 600 jaar, het minder wetenskaplikes en
tegnoloë hulle taal versaak ter wille van wêreldwye vakterme. Dit was so
amper of Arabies van die 800's tot die 1200's het Latyn/Grieks verplaas. Sou
Osama Bin Laden nie lekker gekry het nie.



Moet ons nou die woord energie begin vervang met die natuurlike sinoniem
daarvan. Nee, daar is ‘n geheel (universele) Wet van Energie Behoud. Niks is
buite WEB se bepaling nie. Dit is ‘n gedagte wat gans die mensdom behoort te
besef.



Vir ander woorde sou die keuse veel makliker wees soos ek met honderde
woorde in Afrikaans kan wys. Hier is een voorbeeld: die woord “zoology”:



Dit het wêreld wyd ingeburger. Maar in Afrikaans word dit doelbewus
dierkunde genoem. Dit is veel nader aan die oorspronklike betekenis
“zoion”=diere en “logos”=woord-gedagte-studie-kunde.



Doen gerus self ‘n ondersoek na “zoology” soos wat ek vir “energy” gedoen
het. Van die 40 tale gelys, is dit net ses wat ‘n woord eie aan die taal
geskep het. Afrikaans is een van hulle. Is dit nie skokkend nie?



Die verwoestende Brits-Boere oorlog en die poging van die Britte om
Afrikaans sprekendes van hulle mensskap te ontneem, het ‘n geweldige
weerstand teen Engels tot gevolg gehad. Afrikaners is aangemoedig om
anglisismes te vermy en eerder Afrikaanse woorde te skep. Dit het ongeveer
1930 begin, 30 jaar voor Apartheid! Die kruin hiervan is bereik teen
ongeveer 1970. Dit was wonderlike jare waarvan ek die laaste 30 jaar beleef
het.



Ongelukkig, vanweë ‘n gebrek aan kennis of ‘n woord van Germaanse of
Romaanse oorsprong is, het heelwat woorde van Germaanse oorsprong in onbruik
verval. ‘n Goeie voorbeeld is die woord kar (“car”). Dit het te veel
anglisisties gelyk. Daarom het die woord ‘motor’ voorrang gekry. Dit is so
Romaans (Latyns) as wat kan kom. Die ‘kar’ kom van Oer-Germaans se “karaz”
(saam reisigers). In Ou-Saksies was dit “karu”. Die Engelse “care” stam
hiervan af. Wonderlik - ons reis saam.



Daar is dus niks in Anglo-saksies wat die woord ‘kar’ as ‘n anglisisme
regverdig nie. Dit is eerder deur die Franse oorheersing wat Afrikaners in
Engels as “anglisisties” eien, maar Romaans is, hulle so in opstand laat kom
het.



Dit neem my terug in die geskiedenis tot 2,000 gelede. Die Romeine wou die
Laaglanders en so ook die Skotte onder hulle juk bring. Teen die 800's het
die Franse (Karel die Grote) dit byna reg gekry, maar met geweldige
verarming. Van al die Germaanse tale wat vandag gepraat word, het Afrikaners
die meeste daarin geslaag om hierdie juk af te pluk.



En nou gaan Germaanse Afrikaans verlore teen ‘n verbysterende spoed. Die
rede? Om Afrikaans uit te bou, is om Apartheid weer in te stel. Dit is ‘n
drogrede. Die ANC gesindes eis dat dit nie toegelaat mag word nie omdat dit
apartheid weer lewe sal gee. Die wereld juig saam. Wat is die gevolg?
Afrikaans word weer onderdruk soos vir amper 300 jaar lank gebeur het.



Waarom? Magsug, hebsug, geldsug, wraaksug, eersug en ander sugte het die
oorhand gekry en heers nou. Die ANC is nie meer die ANC van 25 jaar gelede
toe Mandela die leier daarvan was nie. Die ANC het van gedaante verwissel.
Baie mense hier ter lande en baie mense oorsee wil nie hierdie werklikheid
in die oe kyk nie.



Ek lees gereeld hoe dit met ander Germaanse tale in hierdie opsig gaan.
Behalwe vir Yslandies, is hulle sowat 25 jaar agter Afrikaans se ondergang.
Wat my bekommer, is dat so min taal-liefhebbers daaroor begaan is. Die ganse
wêreld is bedwelm vir wat besigheid en tegnologie kan lewer. Meeste lande is
uiters streng teen stoflike dwelmmiddels. Maar wat geeslike dwelmmiddels
betref, is hulle reeds te veel bedwelm om weerstand te bied en hulle daarvan
te weerhou.



Die uiteinde van ‘n geeslike dwelmmiddel is ‘n geeslike koma. Dit lei tot
die dood. Wat ‘n ramp! Soms word van die koma ontsnap. Dit vereis ‘n
wonderwerk! Kan julle help met die wonderwerk?



Miskien moet julle wag tot ongeveer 2030. Soos wat my gesondheid nou is, sal
ek lankal reeds dood wees. Maar my kleinkinders sal in die fleur van hulle
lewe wees. Ek ween by voorbaat oor hulle. Die einste globale wetenskap wat
mense nou so betower, gaan lei tot die uitwissing van sowat 5 biljoen van
die wereld se 7 biljoen bevolking. Daarna sal inheemse tale nie meer
uitsterf deur globalisme nie.



Vra my gerus. Ek het baie bewerings gemaak wat wild lyk. Maar ek moes
hierdie artikel in perke hou. (1800 woorde)

Moenie my aanval nie. Ek is maar net die boodskapper van slegte tyding,



Mooi loop.

At de Lange.



=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498<http://www.facebook.com/?ref=logo#%21/group.php?gid=118916521473498>
===============================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20101219/62c7dc1d/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list