LL-L "Resources" 2010.05.06 (03) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun May 9 21:53:04 UTC 2010


===============================================
L O W L A N D S - L - 09 May 2010 - Volume 03
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===============================================



From: "Elsie Zinsser" <ezinsser at mweb.co.za>

Subject: L-L Resources: Afrikaans



Dag Laaglanders,



Die Rapport koerant berig vandag oor die beskikbaarheid van die *Bibliografie
van die Afrikaanse Taal- en Letterkunde* (BATL) op die webblad
http://www4-win2.p.nwu.ac.za/dbtw-wpd/textbases/BATL.htm.



Die bibliografie word saamgestel deur die Skool vir Tale aan die
Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, met prof WAM Carstens as
projekleier en eindredakteur.



Volgens die webblad is die bibliografie ‘geskoei op die Bibliografie van de
Nederlandse Taal- en Literatuurwetenschap
(BNTL<http://www.bntl.nl/bntl/;jsessionid=40rvucbuppq7c>),
wat saamgestel word deur die Huygens Instituut in Den Haag en deur die
Bureau voor de Bibliografie van de Neerlandistiek in Brussel, en wat ook die
Bibliografie van de Friese Taal- en Literatuurwetenschap insluit. Die
bibliografie word moontlik gemaak deur 'n borgskap van die Fonds
Neerlandistiek Suider-Afrika en met die tegniese en logistieke ondersteuning
van die Ferdinand Postma-Biblioteek’.



Die bibliografie bevat huidiglik net data oor die Afrikaanse taalkunde.



Kyk op
http://www4-win2.p.nwu.ac.za/dbtw-wpd/images/BATL/huisgenoot_febr1948_15.pdfvir
‘n interessante artikel in die
*Huisgenoot* van Februarie 1948 oor die samehang tussen Afrikaans en
Nederduits/Platt.



‘n Lekker bron vir taalkundiges en taalhistorici oor Afrikaans en haar
invloede.



Groete,

Elsie Zinsser



----------



From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>

Subject: Resources



Haai, Elsie!

Dit was 'n heerlike verrassing om van jou na 'n lang tyd 'n boodskap te kry.
En dankie vir die skakels!

Ek wens jou en al die ander moeders en oumas op LL-L 'n gelukkige
Moedersdag!


Groete,
Reinhard/Ron
Seattle, USA



===================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
===================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20100509/f61d69e0/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list