LL-L "Language politics" 2010.11.27 (01) [AF-EN]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun Nov 28 08:16:58 UTC 2010


=====================================================
L O W L A N D S - L - 26 November 2010 - Volume 02
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================



From: Roger Thijs, Euro-Support, Inc. <roger.thijs at euro-support.be>

Subject: LL-L Language Politics



In SA there is apparently an increasing demand for education in English,
putting pressure on Afrikaans schools for opening their infrastructure for
solving the demand for English programs.



Below a text pasted from the "Die Burger" website.



Regards,

Roger



Gautengse Afrikaanse skole geteiken
2010-11-27 03:59


Pretoria - ’n Interne memorandum waarin ’n direkteur van ’n onderwysdistrik
in Pretoria ’n mandaat van die Gautengse onderwysdepartement vra “om
enkelmedium- Afrikaanse skole na parallelmedium-skole te transformeer”, het
skoolgemeenskappe aan die gons.



In die memorandum, waarvan Beeld, susterskoerant van Die Burger, ’n afskrif
het, vra mnr. Joe Mokhosi, direkteur van die Tshwane-Suid-distrik, mnr. Boy
Ngobeni, hoof van die provinsiale onderwysdepartement, die mag om te begin
om Engels in Afrikaanse skole in te voer.



Mokhosi verwys na die Grondwet, die Skolewet en die onlangse Hoërskool
Ermelo-uitspraak. Hy sê distriksamptenare het hoofde van Afrikaanse skole in
Centu­rion, Pretoria-Oos en Silverton ingelig hulle wil daarvan
parallelmedium-instellings maak.



Skole is gevra om die kwessie met hul beheerliggame te bespreek, maar die
meeste skole het die saak na die Federasie van Beheerliggame van
Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) verwys.



Volgens Mokhosi is die probleem dat daar tans 44 skole in dié gebiede ter
sprake is. Daarvan is 14 hoër- en 30 laerskole. Van hulle is 14 Engels, 24
Afrikaans en 6 parallelmedium-skole.



Volgens Mokhosi is daar tans groot druk op Engelse skole, en dit gaan
volgende jaar vererger.



Hy wys in die memorandum daarop dat ’n peiling vandeesmaand getoon het daar
is 955 Engelssprekende leerders op waglys A en 3984 op waglys B wat nog
nêrens in skole geplaas is nie – dít terwyl die getalle steeds toeneem.



Volgens Mokhosi is daar gekyk na Afrikaanse skole se kapasiteit en die
getalle leerders wat al ingeskryf het. Die slotsom is dié skole kan in
laerskole ’n bykomende 3900 leerders en 1350 in hoërskole akkommodeer.



Die lewensvatbaarheid van parallelmedium-skole is getoets, het hy gesê.



Fedsas het vandeesweek ’n brief aan die departement gestuur waarin hy sê
amptenare druk hoofde van Afrikaanse skole om Engelse leerders in te neem,
ongeag hul toelatings- en taalbeleid.

H ^p    ^p

Fedsas meen die indruk word gewek dat Afrikaanse skole geteiken word om
Engelse leerders in te neem terwyl daar in ander distrikte vir hulle plek
is.



Fedsas wil weet of die mandaat toegestaan is en indien wel, wil die
federasie hê die beleid se grondwetlikheid moet vasgestel word alvorens dit
toegepas word. Dié proses kan ’n hofaansoek insluit.



Mnr. Charles Phahlane, Gautengse onderwyswoordvoerder, het gesê die
memorandum is nie ’n amptHHelike dokument nie, nie onderteken nie en het
geen status nie.



Quoted from:

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Gautengse-Afrikaanse-skole-geteiken-20101126



=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498<http://www.facebook.com/?ref=logo#%21/group.php?gid=118916521473498>
===============================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20101128/4bc23e2c/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list