LL-L "Language politics" 2010.10.23 (01) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sat Oct 23 14:39:07 UTC 2010


=====================================================
L O W L A N D S - L - 23 October 2010 - Volume 02
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================



From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>

Subject: LL-L "Language politics" 2010.10.22 (02) [AF]



Beste At:



Onderwerp: LL-L "Language politics"



Taal Emosies



Jaaa, At. En watse oplossing wil jy voorstel?



Sien, betreklik alle gemeeenskaplike optrede hoegenaamd is uiteraard
politiek. Dit sluit ook taalsake in. En hoe loop die Engelse gesegde? 'Fight
a boxer, box a fighter.'



So terloops, ek staan saam met jou oor onse Elsie se bydraë oor die
minagting van Afrikaans, Haai, Elsie!



Om terug te keer na my openingparagraaf, jy praat van 'logochaos'
(uitstekende konsep): Sy dit nou die probleem of eintlik maar net die
omgewing, sê maar ethos, waarin ons ons taal praat en ons taalbelange
uitspeel?



Ek wil nie 'Taal' - enige taal - uiteraard ophef nie. Taal is maar 'n
kommunikasiemiddel. Daarmee kan mens die dieptes van die siel sondeer of
soos 'n gelukkige kind babbel. Mens kan ook medelinge belange uitspreek en
probleme oplos. Dit alles hang van die spreker af.



Waar die politiek opduik is toe afgesondere elemente in hulle eie belang my
taalgebruik wil afbaken of verdring. Hulle wil net so gewillig my geweer
wegvat, al het ek dit ook bitter nodig. Tog is beide maar net gereedskap -
na my mening die beste tot my beskikking om my probleem (wat ookal) op te
los: Maar net gereedskap. Hoe ookal, om 'n man te wil ontwapen of onttaal is
wel 'n saak om oor stryd te voer, nê!



At, wat wil jy eintlik sê? Wat wil jy eintlik hê?



Mynsinsiens is dit die beste beleid om taalverdringing tee te kamp deur om
lateraal op te tree. Pak die saak van 'n kant af (fight a boxer). Daar is
mense wat kop uitsteek en ons huidige bewind se vyandige optrede teen
Afrikaans konfronteer, en goed so, dit hou hulle besig en hulle aandag van
ander taktiek weg. Sulke optredes sal nie opsigself seëvier nie; maar net as
verduistering.



Tussentyds wil ek en my meëdenkendes saggies saggies voortgaan om Afrikaans
te praat, te skryf, en alle werksaamhede *in die Taal* te behartig. Jy weet;
Die Regering Van Die Dag is eens en vir altyd in hulle eie strik gevang,
deurom hulle eie propaganda vir feit en soetkoek op te vreet.



Maar konserwatiewes, hulle wat die goed uit die verlede koester en daarop
bou is in dese Land van Ons tot 'n man (swart en wit)Taalsprekend, hetsy
eerste of tweede taal. Jy weet, nê? Engelssprekendes trek, alle Bantoetale
is geheg aan onbewerkbare ekonomiese beleid en 'n parasitiese lewenswyse.
Dit sal alles ineenstort en in die nadere toekoms ieder as die vërdere. Wat
gaan oorbly benewens Afrikaanssprekendes met die oorblyfsels van 'n
bewerkbare infrastruktuur en ekonomie? Sterkstaan; ek kan sommer huil.



Ons taalvyande, moet ek vermeld, is nie so seer op die minagting van
Afrikaans skuldig nie, maar ieder die teendeel. Hulle waardering van die mag
van die taal in die gemeenskap van sy sprekendes wek (en met reg) hulle
agterdog en vrees. Tot op hede is die SA Administrasie heel bebesig om
Afrikaans te verdring en op alle vlakke te dwarsboom.



Maar all hulle optrede tot nou toe doen niks anders as om die sterkste
stroom van Afrikaans weer te herlei in die dieptes van die volksgees in,
waar dit eintlik tot op hede oor drie honderd jaar sonder amptelike gesag of
gebruik (onder Kompanie, Batawiese, en Engelse beleid) tot 'n groot taal
aangewas het, en ryklik bevrug. Sy dit so, ook in die toekoms.



Groete,

Mark



=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498<http://www.facebook.com/?ref=logo#%21/group.php?gid=118916521473498>
=========================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20101023/9404ecfa/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list