LL-L "Language politics" 2010.10.24 (03) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sun Oct 24 22:48:07 UTC 2010


=====================================================
L O W L A N D S - L - 24 October 2010 - Volume 03
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================



From: dealangeam <atdelange at iburst.co.za>

Subject: LL-L "Language politics" 2010.10.?? (0?) [AF]



Taal Emosies

Beste Laaglanders en Mark Dreyer,



Om een of ander rede, ten spyte van al Ron se wenke, wil die LL-L bediener
nie my epos vanaf iburst.co.za aanvaar nie. Ron moet dus elkeen van my
eposse met die hand laai. Laat ons die oorwerkte man respekteer. Daarom sal
ek net jou epos beantwoord.



Ek is nie konserwatief of liberaal nie. Ek is nie ryk of arm nie. (Ek het 12
neringe en 13 ongelukke ;-) Eintlik kan ek kan nie geklas word nie. Ek
hetby LL-L in 1995
aangesluit omdat ek ‘n passie het vir die Laag-Saksers (Nederduitsers). Dit
het in 1967 begin gedurende my MSc jare in fisika. In 1972 het ek uit die
bloute ‘n kosbare geskenk gekry: Wolfgang von Eschenbach se verhale. My
kosbaarste besitting is ‘n gedig wat Cato Brink in die middeleeue oor die
Swart Dood in Nederduits geskryf het. Daarin word ek bewus van Afrikaans 300
jaar voor dit in die 1650’s gebore is.



Ek snuffel dus as Afrikaner reeds 43 jaar die Nederduitse spoor en 25 jaardie
Oergermaanse spoor. Dit was alles die moeite werd.



Die mens het klip-gravure (“petroglyphs”) begin maak sowat 15,000 jaar
gelede. Daarmee het die mens sy groot-brein (“cortex”) begin gebruik, gevoer
deur die klein-brein (“limbic system”). Dit was ‘n unieke
opknouing(“emergence”).
Dit het die mens anders as alle ander gewerwelde diere gemaak het. Dit was
die grootste uitvinding in die geskiedenis van die genus Homo. Dit is die
geskiedenis van Homo sapiens.



Die groot-brein hanteer die mens se bouende denke (“rational thinking”). Die
klein-brein hanteer die emosies soos in die oer-geskiedenis (“paleontology”)
van gewerwelde diere. Enigeen, veral politici, wat die wêreld se huidige
probleme wil oplos en niks weet van die twee breine nie, speel met
dinamietop ‘n reuse
tenker. Intussen begin afsterf (“die-off”) oploem.



Die klein-brein voer die groot-brein met inligting (“information”) op die
vlak van stomkennis (“tacit knowledge”, Michael Polanyi). Om hierdie
stomkennis na buite te bring, moet die mens van vorm gebruik maak. Daar is
baie soorte vorme. Vir taal is grammatika die belangrikste vorm.



Hierdie onderstelling (“conjecture”) het ek in in 1972 ontdek. Die
opknouing(“emergence”) van
stomkennis na vorm-kennis (“formal knowledge”) geskied met die minste
weerstand (“free energy barrier”) in die mens se moedertaal!



Mense besef nie watter ongelooflike insette sedert die 1920's nodig
was omAfrikaans as
volledige taal te vestig nie. Dit is omdat hulle nie meer ou boeke lees nie.
Engelse glipsies (leen woorde - “Anglicisms”) was nie aanvaarbaar nie.
Woorde van Romaanse herkoms (Latyn en Grieks) is in woordeboeke opgeneem
eers nadat die Germaanse woord opgediep is uit boeke en gesprekke met ou
mense, gebore tot so ver terug as 1850. Sou die huidige Nederduitsers so
hard en besield werk, sal die Nederduitse taal binne 20 jaar weer herrys
soos die geval met Hebreeus.



Die einste bose apartheid regering het dieselfde vir Bantoe tale probeer
doen. Dit het veel geld en tyd gekos. Maar nee, Bantoes was meer begaan om
Engels te kan praat, lees en skryf. Skaar jou eerder by die slawe heerser as
om vir jou eie vryheid te werk – die kospotte van Egipte. Ek weet van geen
boek vir enige natuurwetenskap wat op naskoolse vlak in enige Bantoe
moedertaal geskryf is nie.



Baie sal beweer dat dit weer apartheid se skuld is. Ek en ‘n klompie
anderby die
universiteit het jare lank probeer om Bantoe professore en lektore te
oortuig dat dit nodig is om hulle self-respek te verdien. Daarvan het niks
gekom nie.



Mark, jy skryf “ Taal is maar 'n kommunikasiemiddel.” 999 uit 1000 mense salmet
jou saam stem, maar ek nie meer nie. Taal is die mens se belangrikste
hulpmiddel om sy gees gesond te hou. Daarsonder bots die groot-brein en
klein-brein sodat gedagte-warboel (“logoschaos”) onstaan. Die aller ergste
neurologiese en psigologiese afwykings volg daaruit.



Mark, jy vra ook “At, wat wil jy eintlik sê? Wat wil jy eintlik hê?”. Ekdink
ek het saam met my eerste bydrae genoeg gesê. Ek wil ‘n kopskuif (“paradigm
shift”) hê by almal wat lief (“passion”) is vir tale en veral enige
Germaanse taal. Dit het niks met Naziisme te doen nie. Ek wil hê dat mense
heelnis (“wholeness”) begin respekteer want ons stoflike en geeslike wêreldeis
besig om uit mekaar te val. Politici slaan munt daaruit.



Mark, jy skryf “taalgebruik ...(is) Maar net gereedskap”. Ek stem nie met
die stelling saam nie. Ek het soos biljoene ander mense nege maande in ‘n
baarmoeder gegroei en na ma se gepraat geluister. Dit het deel van my gees
geword. Ek het 9 maande na my geboorte begin om self te probeer praat. Op 2
was ek praat vaardig, al was dit baie eenvoudig.



Hoe kan so ‘n deel van my gees gereedskap wees? Nog meer, hoe kan my
vollegees en
selfs liggaam enig iemand se gereedskap wees? Die Nederduitse bloed in my
roep dit uit:



*Ek **het** **vry** **geword**.** Ek sal nooit weer iemand se gereedskap of
slaaf word nie. My moedertaal ook nie.*



Jy skryf laastens “Sterkstaan; ek kan sommer huil”. Ek huil nie meer nie. My
dood is te naby. As enige mede Laaglander wil weet hoekom, lees een van my
jongste artikels (“Twyfel jy nog?”) by:

http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/96743_Twyfel_jy_nog.htm

Daarin skryf ek onder andere oor die San se rotsgravure van 10,000 jaar
gelede.



Geniet dit.



Mooi loop

At de Lange



=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498<http://www.facebook.com/?ref=logo#%21/group.php?gid=118916521473498>
=========================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20101024/b23523d0/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list