LL-L "Language use" 2009.07.14 (06) [AF-EN]
Lowlands-L List
lowlands.list at GMAIL.COM
Tue Jul 14 15:32:42 UTC 2009
===========================================
L O W L A N D S - L - 14 July 2009 - Volume 05
lowlands at lowlands-l.net - http://lowlands-l.net/
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================
From: Elsie Zinsser <ezinsser at mhsc.org.za>
Subject: Lowlands-L : Language Politics / Advertising / Media
Haai almal,
An article about advertising in Afrikaans being greatly neglected, from
Beeld of 14 July 2009.
Regards,
Elsie Zinsser
*_____________________________________________________________________*
*Praters van âDie Soetste Taalâ het beduidende koopkrag, sê navorsing *
Wilma de Bruin, Johannesburg
Al staan die Afrikaanse verbruikersmark baie sterk en is Afrikaanssprekendes
se bestedingsvermoë van die hoogste in die land, kry hulle nie hul regmatige
deel van die reklamekoek nie.
DÃt blyk uit navorsing deur Ads24, nasionale verkoopspan van
Media24-koerante.
Luidens dié navorsing verteenwoordig Afrikaanssprekendes, ondanks ân
volgehoue emigrasiestroom, die grootste deel van die wit bevolking, naamlik
58%.
Altesame 77% van alle bruin mense in die land praat Afrikaans.
Die Afrikaanssprekendes in die land is 4,6âmiljoen of net 16% van die totale
mark, maar hulle verteenwoordig 28% van die land se huishoudelike besteding,
blyk uit navorsing van Unisa se Buro vir Marknavorsing.
Bykans 40% van die boonste lewenstandaard-groep (LSM 10) se huistaal is
Afrikaans, terwyl 34% van die LSM 8-10-groepe Afrikaanssprekend is. Altesame
32% van Suid-Afrikaanse huishoudings met ân inkomste bo R20â000 per maand is
Afrikaaans.
âAfrikaans is op twee na die grootste taalgroep in Suid-Afrika, dog is daar
in die bemarkings- en reklamegemeenskap ân neiging om, weens die
produksiekoste van meertalige reklame, Afrikaans te ignoreer.
âMaar as mens byvoorbeeld die ongedupliseerde leserskap van Afrikaanse
koerante in ag neem, is dit baie duidelik dat dié lesers lojaal is en nie
bereik kan word deur net die Engelse media as reklamemedium te gebruik nie,â
sê me. Linda Gibson, uitvoerende hoof van Ads24.
Wat adverteerders nie besef nie, sê Gibson, is dat baie min
Afrikaanssprekendes ook ân Engelse koerant lees.
Navorsing wêreldwyd, onder meer ook onder Spaans-sprekende Amerikaners en
Vlaams-sprekende Belge, toon duidelik dat ân advertensie in ân verbruiker se
huistaal baie doeltreffender is as in enige ander taal, ongeag die
verbruiker se begrip of vlotheid van ân ander taal.
Volgens me. Barbara Cook, voormalige ondervoorsitter van die SA
Reklamenavorsingstigting en stigter van TGI SA, sê waar vervaardigers
produkte maak, koop verbruikers handelsname.
âDoeltreffende reklame is geanker in die kultuur van ân bepaalde teikenmark.
âOm ân impak op verbruikers te hê, moet reklame hul kultuur, en dus ook die
taal waarmee hulle identifiseer en waarin hulle dÃnk, in ag neem,â sê sy.
Afrikaanses is ywerige lesers
) 11,9âmiljoen Suid-Afrikaners verstaan of lees Afrikaans.
) Gesamentlike Afrikaanse leserskap is 1,668âmiljoen daagliks. Sondae is die
leserskap 1,7âmiljoen.
) 71% van Afrikaanse dagbladlesers lees geen ander daaglikse koerant nie.
) 74% van Afrikaanse Sondagkoerantlesers lees nie ân ander Sondagkoerant
nie.
) Sowat 60% van Afrikaanse dagbladlesers is intekenare.
) Afrikaanse koerantlesers lees Afrikaanse koerante omdat dit in Afrikaans
uitgegee word en iets vir die hele gesin bied.
) Afrikaans het die afgelope 15 jaar ân geweldige opbloei beleef en
Afrikaanssprekendes is opnuut trots op hul taal.
) Oor die algemeen is Afrikaanssprekendes geesdriftige en toegewyde lesers
van Afrikaanse publikasies.
Media en Reklame
----------
From: Elsie Zinsser <ezinsser at mhsc.org.za>
Subject: Lowlands-L : Language Politics / Advertising / Media
Hi all,
>From Die Beeld of 8 July 2009.
Regards,
Elsie Zinsser
*Versoek om taalwet kry teenstand *
*Selfs Zuma en minister is glo daarteen *
Philip de Bruin
Dit is nie die regering se skuld as Afrikaans homself nie tot dieselfde hoë
status as Engels kan verhef nie.
So voer mnr. Themba WakaÂshe, direkteur-generaal van kuns, kultuur,
wetenskap en tegnologie, aan in hofstukke wat gister by hoofregter Pius
Langa in die konstitusionele hof ingedien is.
Wakashe sê hy praat namens sy eie departement, asook namens pres. Jacob
Zuma, die parlement en mnr. Jeff Radebe, die minister van justisie.
Sy verklaring is ingedien in ân geding waarin mnr. Cornelus Lourens, ân
prokureur van Brits, Langa gevra het dat die konstitusionele hof die
parlement dwing om ân nasionale taalwet te aanvaar, soos deur die Grondwet
voorgeskryf word.
Lourens het verwys na die âdominansieâ van Engels in staatsdepartemente,
maar het dit duidelik gemaak dat sy aansoek nie as ân teen-Engels-veldtog
vertolk moet word nie.
Hy, en volgens hom miljoene ander Suid-Afrikaners, wil net graag sien dat
die regering nou die wet in werking stel wat 15 jaar gelede al in die
wetboek moes gewees het.
Wakashe sê hy, Zuma, die parlement en Radebe sal Lourens se aansoek om
toegang tot die konstitusionele hof beveg, onder meer omdat die aansoek nie
in die belang van die regspleging is nie. Boonop is daar niks in Lourens se
aansoek wat âso spesiaal is dat inmenging deur die konstitusionele hof
geregverdig is nieâ.
Hy sê Lourens se aansoek, wat in Afrikaans ingedien is, moes eers in Engels
vertaal word voordat van staatsweë daarop geantwoord kon word.
Die Grondwet wil wel meertaligheid bevorder, maar plaas geen plig op die
regering om te verseker dat alle provinsiale en nasionale departemente alle
amptelike tale gebruik nie, voer Wakashe aan.
Engels word gebruik omdat âEngels homself as ân belangrike manier van
kommunikasie deur veral die sake- en wetenskapsektoreâ gevestig het.
âEngels het dus ân dominante rol te speel teenoor die ander landstale.â
Selfs in die vermaakbedryf, spesifiek op televisie, word die mense van die
land se behoeftes deur Engels bevredig, sê hy.
âDie regering het kennis geneem van die dominansie van Engelsâ, maar wat
Lourens wil doen, âis om Afrikaans tot dieselfde vlak as Engels te verhef al
het Afrikaans nie daarin geslaag om die gebruik daarvan uit te brei nieâ.
âDie regering kan nie verantwoordelik gehou word vir die feit dat Afrikaans
nie daarin kon slaag om die status van Engels te bereik nie.âHy sê in 2003
is ân poging aangewend om ân konsep- nasionale taalwet in werking te stel,
maar âby nabetragting is vasgestel dat dit buitensporig en onbekostigbaarâ
sou wees om die bepalings van die wet uit te voer.
Langa sal binne dae besluit of hy Lourens se aansoek gaan toelaat of nie.
----------
From: Elsie Zinsser <ezinsser at mhsc.org.za>
Subject: Lowlands-L : Language Politics / Advertising / Media
Hello all,
More in Die Beeld (13 July 2009) on the RSA Constitutional Court case to
compel
the SA government to enforce the National Language Act.
Regards,
Elsie Zinsser
*---------------------------------------------*
*Wakashe het hof âmisleiâ oor Afrikaans, sê AB *
Philip de Bruin
Mnr. Themba Wakashe, direkteur-generaal van die departement van kuns,
kultuur, wetenskap en tegnologie, het die konstitusionele hof âmoontlik
misleiâ oor die situasie van Afrikaans as taal van boekstawing.
So sê mnr. Jan Bosman, besturende direkteur van die Afrikanerbond (AB), in
ân brief wat die AB aan pres. Jacob Zuma gestuur het.
Afskrifte van die brief is aan hoofregter Pius Langa; mnr. Jeff Radebe,
minister van justisie; me. Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur; en
mnr. Max Sisulu, speaker van die parlement, gestuur.
Die brief kom nadat Beeld verlede week oor hofstukke berig het wat Wakashe
by Langa ingedien het in ân geding oor die regering se versuim om die
grondwetlik voorgeskrewe nasionale taalwet te aanvaar.
Mnr. Cornelus Lourens, ân prokureur van Brits en stigterslid van die
Vereniging van Regslui vir Afrikaans, het Langa gevra om mondelinge betoog
in die konstitusionele hof aan te hoor in ân versoek dat die regering
gedwing word om die nasionale taalwet nou âná 15 jaarâ te aanvaar.
Wakashe het in sy antwoord namens Xingwana, Zuma, Radebe en die parlement
(wat almal deur Lourens as verweerders genoem word), onder meer gesê: âDit
is nie die regering se skuld as Afrikaans homself nie tot dieselfde hoë
status as Engels kan verhef nie.â
Bosman sê in sy brief aan Zuma: âDit wil voorkom of mnr. Wakashe die
konstitusionele hof moontlik mislei het, eerstens â moontlik uit onkunde â
oor sy eie departement se rol om die besluit van die kabinet toe te pas.â
Die kabinetsbesluit waarna Bosman verwys, is op 24 Julie 2007 geneem. Toe is
besluit dat staatsdepartemente alle dokumente in al 11 amptelike tale
beskikbaar moet stel.
==============================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")
are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090714/9ee4c925/attachment.htm>
More information about the LOWLANDS-L
mailing list