LL-L "Etymology" 2003.01.25 (01) [A]

Lowlands-L admin at lowlands-l.net
Sat Jan 25 19:46:19 UTC 2003


======================================================================
 L O W L A N D S - L * 25.JAN.2003 (01) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
 http://www.lowlands-l.net  * admin at lowlands-l.net * Encoding: Unicode UTF-8
 Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/rules.htm
 Posting Address: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
 Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
 Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
=======================================================================
 You have received this because you have been subscribed upon request.
 To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
 text from the same account to <listserv at listserv.linguistlist.org> or
 sign off at <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================
 A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
 L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
 S=Scots Sh=Shetlandic V=(West)Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: cups <cups at mweb.co.za>
Subject: Taal en gegewens

Hallo
My naam is Owen Noome en ek is van Suid Afrika.
Hoop my Afrikaans is verstaanbaar.
Vir n geruime tyd probeer ek meer uitvind omtrent my agternaam "Noome".
Veral die herkoms daarvan.Dit kan teruggevoer word tot in die 16de eeu.
Dit kan aanvaar word dat Noome voortspruit uit iets anders.....maar wat???
Miskien "Noorden of Norre" of iets anders.
In Latyns word Noome "Nomen" wat "naam" beteken.
....."denoomé" beteken "in die naam van".........

Nou, daar is ander moontlikhede om dit wel te kan verklaar......dit het my
opgeval dat name of die elemente binne die naam baie te doen het met
dialekte,die land en provinsie en tydperk vanwaar dit moontlik kon kom,ens.
Eerstens het ek gereken dit het iets te doen met die taal wat onder
Mennoniete
gebruik was omrede my lang vergete Nederlandse voorouers Mennoniete was.
Ek verstaan die taal onder Mennoniete was Plautdietch.
Tweedens die naam kon voortspruit uit die Zaanstreek (Noord Holland) waar
dit
reeds in die 16de eeu in gebruik was......so hier moet gekyk word na die
Noord
Hollandse dialek van daardie tyd.
Derdens die soort Nederlands wat in die 16de eeu en selfs vroeer gebruik was
kon ook
n bepalende faktor wees.

Ek is ongelukkig nie n deskundige op die gebied van tale, ens
nie......miskien is daar
dalk iemand wat oor moontlike verklarings beskik.

Beste groete.
Owen Noome.

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Etymology

Beste Owen,

Hartlik welkom op Lowlands-L!  Baie mense op hierdie lys het geen probleem
met Afrikaans nie.

Ik kan die raaisel van jou belangwekkende van nie oplos nie, maar ik kan wel
bevestig dat _Nome_ of _Noome_ in sommige Nedersaksiese ("Nederduitse,"
"Platduitse") dialekte "naam" beteken, ook in "Plautdietsch" (Mennoniets
Nedersaksies).  Oud-Saksies _namo_ 'naam' is in die meeste huidige dialekte
_Name_ of _Naam_ geword.  Die lange /a/ word in baie dialekte [O:] ('n [o:]
wat 'n oop is) of [o:] uitgespreek en dikwels (verkeerd) als <o> of <oo>
geskryf.

Het jy Frans as bron van jou van al uitgesluit?

Groete,
Reinhard/Ron

==================================END===================================
* Please submit postings to <lowlands-l at listserv.linguistlist.org>.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to <listserv at listserv.linguistlist.org> or at
  <http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html>.
=======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list