LL-L "Language varieties" 2005.03.23 (05) [A]

Lowlands-L lowlands-l at lowlands-l.net
Wed Mar 23 20:44:53 UTC 2005


======================================================================
L O W L A N D S - L * 23.MAR.2005 (05) * ISSN 189-5582 * LCSN 96-4226
http://www.lowlands-l.net * lowlands-l at lowlands-l.net
Rules & Guidelines: http://www.lowlands-l.net/index.php?page=rules
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org or lowlands-l at lowlands-l.net
Commands ("signoff lowlands-l" etc.): listserv at listserv.net
Server Manual: http://www.lsoft.com/manuals/1.8c/userindex.html
Archives: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-8) [Please switch your view mode to it.]
=======================================================================
You have received this because you have been subscribed upon request.
To unsubscribe, please send the command "signoff lowlands-l" as message
text from the same account to listserv at listserv.linguistlist.org or
sign off at http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
=======================================================================
A=Afrikaans Ap=Appalachian B=Brabantish D=Dutch E=English F=Frisian
L=Limburgish LS=Lowlands Saxon (Low German) N=Northumbrian
S=Scots Sh=Shetlandic V=(West) Flemish Z=Zeelandic (Zeêuws)
=======================================================================

From: Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
Subject: LL-L "Language varieties" 2005.03.14 ( ) [A]

Dag almal,

Fred, ek wil graag 'n stuiwer in die armbeurs gooi op Mark se skrywe:

[Aan die ander kant maak sommiges die opmerking dat Afrikaans te lank in die
dorre woesteny van Akademe gedrentel het. Ek gee tot die mate toe:
Akademiese Afrikaans is kurkdroog in die mond en bitter in die maag.]

Ek weet nie wat Mark met "Akademiese Afrikaans" bedoel nie. As dit beteken
dat die wetlike en sosiale  bestaansreg,  lewenskragtigheid en kultuurwaarde
van Afrikaans op akademiese vlak bespreek word, sou ek
meen dat dit goed is om 'n taal ook binne die hoëre filosofiese sfere
objektief in oënskou te neem, na te vors en oplossings te vind vir
marginalisasie of gebruiksafname.

Ek stem saam dat "Akademiese Afrikaans" nie haar dryfveer is nie, maar
gevind word in die gewone mens se omgang met die taal. Dit is egter
noodsaaklik dat dit nie slegs skrapsgewys in die regbank en in die openbare
lewe bestaan nie, soos dit nou alreeds die geval is.

In 'n parlementêre debat laas week het Jakob Zuma gesê dat daar genoegsame
waarborge is dat Afrikaans en die Afrikaanse kultuur nie bedrieg word nie,
en soos "boerewors" nie van die toneel sal verdwyn nie, maar dit sal ons nog
moet sien.

Afrikaners en veral Afrikaanse jongmense immigreer in hordes om in die
buiteland te gaan werk of bly en hier by die huis moet bekommerde Afrikaner
ouers alreeds deur bemiddeling van die konstitusionele hof hul kinders se
reg tot Afrikaans-medium eerder as dubbele-medium skoolopleiding besleg.

>>As u nou byvoorbeeld die Godsdiensboekhandelaars, onder andere 'Cum
Boekhandel' met klein takke oorals in winkelsentrums, besoek sou u wel iets
nader aan 'n aanvaarbare stapel Afrikaanse boeke opgespoor het.

Mark, Fred, die toedrag van sake hou verband met twee dinge:
Afrikaansprekendes is nie gelyk oor alle dele van die land versprei nie en
Fred sou Afrikaanse literatuur eerder in boekwinkels in Bloemfontein en in
Pretoria (oftewel Tswane) as in Johannesburg of Kaapstad kon vind. My
plaaslike CNA (Central News Agency) vertoon 200 Engelse kinderboeke vir elke
Afrikaanse kinderboek.

Terwyl die Christelike Uitgewers Maatskappy (CUM) aan 'n groot markaanvraag
voorsien, is die algemene Afrikaanse verbruikersmark net eenvoudig te klein
om groot bedrae geld vir publikasie en bemarking te regverdig. Engels is 'n
wereldtaal en om met die wereld en met die SA mark te kan meeding, bied
selfs vorige uitsluitlik Afrikaanse publiseerders (Human & Russeau en
Tafelberg) ook publikasies in Engels.

In Suid Afrika het ons bruto inkomste uit toerisme nou die inkomste uit
mynwese verbygesteek, en toeriste word verseker dat ons Engels praat.

Groete,
Elsie Zinsser

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Language varieties


Elsie,

Ek vind jou gedagtes hierbo werklik baie interessant. Dankie!

Ek dink ook dis waar, dat akademiese rolle in taalontwikkeling en -bewaring
dikwels te haastig "verduiwelt" word. 'n Effektiwe taal moet al die sferes
en registers hê, en die akademiese sferes en registers behoor ook met aan
een hedendaagse taal. Egter dink ek dat die akademiese rol in taalplanning
nie belangriker mag wees as die rolle van gewone sprekers van 'n taal.

> In Suid Afrika het ons bruto inkomste uit toerisme
> nou die inkomste uit mynwese verbygesteek, en toeriste
> word verseker dat ons Engels praat.

Kan die Afrikaans-talige bevolking nie ook 'n stukkie van hierdie tert kry
nie? So b.v. die Zoeloe, Xhosa en Debele hullie se kulture, musiek,
geschiedenis ens. kan aan die toeriste "verkoop," soos kan die Afrikaanser
(blankes en "kleurlings") dit tog ook doen. Vier of vyf eeuë van
Afrikanerkultuur, -geschiedenis en -gebouë – ja, en ook *taal* -- kan tog
ten minste aan Nederlands-talige en andere laëlandse toeriste (en studente?)
"verkoop" word!  Of is dit skaars 'n druppie in die see?

Groete,
Reinhard/Ron

==============================END===================================
* Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
* Postings will be displayed unedited in digest form.
* Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
* Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l") are
  to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at
  http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
======================================================================



More information about the LOWLANDS-L mailing list