LL-L "Idiomatica" 2007.08.02 (05) [A/D]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Thu Aug 2 22:36:40 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  01 August 2007 - Volume 05

=========================================================================

From: Theo Homan <theohoman at yahoo.com>
Subject: LL-L "Idiomatica" 2007.08.02 (02) [A]

> From: Maria Elsie Zinsser <ezinsser at icon.co.za>
> Subject: LL-L "Etymology" 2007.08.01 (05) [A/E]
>
> Haai julle,
>
> Oulik, Mark, maar ek dink dis tyd dat jy ons vertel
> van jou Afrikaanse
> herkoms!
>
> Die sinsnede "Vêr *sy* dit van my om..." behoort te
> lees: Vêr *is *dit van
> my om...", tensy dit met 'n poëtiese tong in die
> kies gesê is OF die gevolg
> is van Afrikaans moedertaal maar verswelg in 'n
> Engels/Afrikaans dubbel
> medium skool in die ou Kaap.
>
> Groete,
> Agie Zinsser

Hallo,

1. Wat is dit 'Agie' nou ineens?

2. 'sy': ik herinner me dat zijn vrouw iets opmerkte
over zijn 'victoriaanse omgangsvormen'. Dan past 'sy'
toch wel?

vr.gr.
Theo Homan

----------

From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Idiomatica" 2007.08.02 (02) [A]

Beste Elsie:

Onderwerp: LL-L "Etymology"

Haai julle,

Oulik, Mark, maar ek dink dis tyd dat jy ons vertel van jou Afrikaanse
herkoms!

Die sinsnede "Vêr *sy* dit van my om..." behoort te lees: Vêr *is *dit van
my om...", tensy dit met 'n poëtiese tong in die kies gesê is OF die gevolg
is van Afrikaans moedertaal maar verswelg in 'n Engels/Afrikaans dubbel
medium skool in die ou Kaap.

Wel, hierdie gebruik is seker soos vele ander 'n oorerfenis eintlik uit my
ouma se taal. Haar ouers is so hoor ek kampvegters vir die Eerste
Taalbeweging gewees, en hulle vyand is nie Engels gewees nie, maar
Nederlands.

Soos verwag, het hulle al hul kinders in Engels laat onderrig onderwyl die
Taal tuis gepraat is. Sy is toe die laaste jaargroep wat in Nederlands
matrikuleer het. Ek is by toe sy op haar oudag vir oupa in hospitaal gaan
besoek. Daar het sy met 'n Nederlandse pasiënt langsaan 'n lange gesprek
gehou, en na 'n ruukkie deel hy haar verstom mee dat as hy mooi luister,
weet, hy beginne haar Afrikaans te verstaan!

Elsie, jy weet seker teen die tyd ek hou min van die geaardheid om alle
afwykende vorms van formele taal as 'dialek' af te perk. Vir my is die ryk
van Afrikaans (in teenstelling met baie tale, nie net Engels nie) onder
andere dat formeel en informeel, hoog en laag, wyd en syd in een gesprek
byeengebring kan word in belang van reine sinswisseling. Hierin wil ek net
so gretig die ouer taalvorms waar toepaslik toevoeg. Vir seker het die ouer
vorms nog meer bygedra tot Onse Ron se ontvangs van die lawwighede wat ek
hom toegerig het, nê?

Nouja, jy tref die 'poëtiese tong' in die kol, of soos die Hollanders sê, in
die doel. Ek dink Ron kom dit toe, of hoe?

Die Uwe,
Mark.

----------

From: Fred van Brederode <f.vanbrederode at home.nl>
Subject: LL-L "Idiomatica" 2007.08.02 (02)

Agie Zinsser schreef:

Die sinsnede "Vêr *sy* dit van my om..." behoort te lees: Vêr *is *dit van
my om...", tensy dit met 'n poëtiese tong in die kies gesê is OF die gevolg
is van Afrikaans moedertaal maar verswelg in 'n Engels/Afrikaans dubbel
medium skool in die ou Kaap.

Dit "sy" was mij ook als bijzonder opgevallen. Het leek me wel een mooie
vertaling van het Engelse "be" dat Mark gebruikte in zijn posting. Een mooie
(en correcte) aanvoegende wijs zou ik zeggen. In het Nederland is de
aanvoegende wijs wat in onbruik geraakt. Ik wist niet dat dit in het
Afrikaans dit ook hanteerde. Het was me in elk geval niet eerder opgevallen.


Groeten,
Fred van Brederode
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070802/f68e4eed/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list