LL-L "Etymology" 2007.06.06 (07) [D]

Lowlands-L List lowlands.list at gmail.com
Wed Jun 6 21:55:33 UTC 2007


L O W L A N D S - L  -  06 June 2007 - Volume 07

=========================================================================

From: Marcel Bas <roepstem at hotmail.com>
Subject: LL-L "Etymology" 2007.06.06 (05) [A/D/E]

Beste Roland en Petrus,

Roland, je schreef:

Beest. Wat "beest" betreft: het Nederlandse woord "dier" wordt in onze
streektaal niet gebruikt. Het zijn inderdaad allemaal beestjes. En dit:
ook neusvocht of snot wordt "e baiste" genoemd. 't Is e baiste in joen
neuze: je hebt neusvocht in je neus. Dit wordt ook "e snottekélle" genoemd.

Staat hier het lidwoord "*e"* bij "*e baiste"* voor het Standaardnederlandse
lidwoord "*de"*? In het Standaardnederlands is "beest" namelijk onzijdig.
Dus *"het beest*". Maar in de uitdrukking "De beest uithangen" zie je weer "
*de*" en in Antwerpen is er het café "De Leeuw van Vlaanderen" dat in de
volksmond *"De Beest*"genoemd wordt.

Zou "*de beest*" soms een Zuid-Nederlandse variant zijn?

Petrus, jy het gevra:

 Maar waar kom die werkwoord 'gooi' dan vandaan? Gode en gooi lyk verder
baie verdag tusssen soortgenote soos:  rade en raai, lade en laai, sade en
saai, mode en mooi en noem maar op.

Ek het vroeër ook gedog dat 'mode' en 'mooi' verwant was. Dit is waar dat
Hollandse dialekte dikwels die 'd' in 'n 'i' verander (en dus Afrikaans
ook). Maar dit word 'n ander storie as 'n mens in die geval van
'*mooi*'* *dieselfde
'i' in Fries aantref: "moai".  In Middelnederlands kry jy "moy" en in
Middelnederduits kry jy "moie, moi". Miskien het dit verwantskap met Slavies
"myti"; "om te was".

God en gooi: ek hou baie van die Afrikaanse vorme "gebod" en "gebooie". Maar
"gooi" kom waarskynlik van die Indo-Europese wortel *gheu-: "om te giet".

So kry ons weerens 'n mooi sirkelredenasie, want nou word die ou
kroeggesegde "gooi vir my 'n dop" ("pour me a drink") skielik baie oud en eg
Indo-Europees!

Dit herinner my aan my vriend van Port Elizabeth wat my 'n lekker bottel
mampoer gegee het. Dit lê nou en wag in die diepvries!

Groetnis,

Marcel.
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20070606/923f356d/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list